Cotton Tree

Géén Kiekies nie….Sierra Leone


  Alhoewel ek die skriffel nou eers plaas, was hierdie besoek in April 2014. ‘n Paar maande voordat die Ebola ding ontplof het…

Wie sou nou kon raai – ons vlug na Freetown (Sierra Leone) is so te sê net Afrikaans. Vaal vellies, kortbroeke met die Ons-kán-kamp-K-way-blertsie op die baadjie en ‘n koue biertjie in die hand. Goud en diamante lê lank en warm in Sierra Leonne en wag op kontrak mynwerkers; almal Suid-Afrikaners- om uitgegrawe te word.

My Freetown na-lees-huiswerk laat my terleurgesteld. Met burgeroorlog vars in die geheue lees ek onopgedateerde webblaaie “Bly weg” daars die uitbreek van die Ebola virus, reis versekering dek jou skielik nie meer in die voorheen woeste area nie….blah-blah-blegh. Dis ‘n avontuur en ek wil eerstehands gaan kyk en beleef.

Ons land stamperig op Lundi, en koop elk ’n UDS20 kaartjie vir ‘n watertaxi na die Freetown. Hierdie ouens bondel en stoot en stamp al om jou. In gebreekte swaar Engels (Kreole) smous hulle vir jou lokale 4G-simkaarte en lugtyd in USD so deur die taxi venster aan. Tien minute later sit so twintig van ons ordelik in die piepklein watertaxi (motorboot) met bagasie tussen die knieë vasgeknyp en helder oranje reddingsbaadjies aan. Die man langs my bid onbeskaamd vir die volgende halfuur – vol beloftes om eendag te leer swem as hy dié dag oor diepsee gespaar bly.

Beide my oë val amper vanuit hulle kaste toe ons by die Radison Mommy Blue Hotel tuisgaan – dis pas oorgedoen deur ‘n Suid-Afrikaanse projekgroep, ėn van vyfster gehalte. Hulle het tien dae tevore deureoopgemaak; blink gepoets met vriendelike werkers wat elkeen kliphard groet en opreg verneem of ek lekker bly en iets benodig. http://www.radissonblu.com/hotel-freetown

Vroeg oggend is ek en ‘n kennis na die straatmark in die middel van die dorp. Verandering is die een konstante ding. Ons wip en stamp ongehinderd voort al om die nuwe padwerke. Geen haas maar baie geraas. Mense, bokke, skape, skape, motorfietse, hoenders en besoekers soos rooimiere elkeen oppdad iewers heen. Daar is ten minste 1.8 miljoen mense in die stad. Terwyl ons sit en asem ophou vir die stink bo-op ‘n brug; kyk ek hoe ‘n paar varke en speenvarkies baljaar in die modder en gemors van die stroomdrifsels onder die brug. Intussen luister ek grootoog na die advies van my gids – Géén Fotos van mense in die publiek nie. Géén fotos van enige iemand in uniforms nie. (Mercenaries) is nie kammera vriendelik nie. My hart sink in my skoene. Hoe gaan ek ooit vir iemand kan verduidelik hoe bont en ingegestop die geboue is? Orals is Katolieke Kerke – met stewige skerp-stekel sweiswerk heinings.

Die mark is vol Chinese gemorsies en bondels tweede handse ingevoerde Amerikaanse klere. Daar is geen inkopiesentrums hierso nie. Hierdie mense spandeer 60% van hulle inkomste op kos – vis, rys en plantain [groot groen piesangagtige-look-a-like wat soos aartappel voorberei word] is hulle stapelvoedsel. Minder as 20% van die bevolking het werk. In die middel van dis stad is ‘n kultuurboom: “The Cottontree”. ‘n paar slawe het in die jaar 1792 weggeloop en daar gaan kamp en bid. Vandag is dit omgespan en gedekodeer met drie plakaatfotos van vergete presidente en ‘n advertensies vir ‘n selfoongroep –verkeer stoot knap alom die kleinste moontlike sirkel. Heeldag speel oud en jonk sokker, op die strate en die strand. Orals om jou ruik jy uie en vis wat in straatstalletjies voorberei word. Hier is spierwit strande, groen palmbome en goue sonsondergange. Die see is gedurig sigbaar en hoorbaar, dis ‘n partytjie gevoel wat bly hang. In Freetown is geen kragtoevoer en kragopwekkers dreun dag in en uit, sewe dae ‘n week anders kon jy jouself verbeel dis die Caribbiese eilande.

Vroegaand gaan eet ons aanhuis by ‘n vriend. Ons gasheer het geen moeite onsien nie – hy wys my met groot aandoening die spitvark wat hy draairooster. Die heelvark word met bier “gedoop” dis vingerlekker met kraakvelle, rooiwyn en grappies kuier ons laataand op die stoep.

Na vier dae is ek gek na Freetown en sy kleurvolle mense, geurige kos maar dis te kort om als te beleef. Met die terugvliegslag is ek reeds besig om my volgende besoek te beplan. Niks op papier maar kiekies draai in my kop…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s