Heidi was op en die hele wereld het gaan staan…


Ha ha ha, oor einste Heidi het ek my seerste pakslae gekry en nooit leer klavierspeel nie! Sien ek moes as kind klavierlesse neem by ‘n nare tannie met so optrek-kam stywe bolla. Sy was gek oor haar liniaal en kon baie akuraat my vingerkneukels raak-raps. Elke keer as ek moes klas toe gaan, het ek mooi in die boomlaning afgestap waar my Ma my afgelaai het, en sodra sy wegry met die motor, het ek woerts warts deur die struik-laning, oor die parkie gehol na die biblioteek. Dan het ek vir die volgende 40 minute of wat Heidi gekyk op die televisie by die biblioteek. Nodeloos om te noem was my steel-kykery op toe die musiek-heks my Ma laat weet ek daag nie op vir klas nie. My Ma het my vasgetrek met die volgende episode en goed gestreep. Ai…

Ek het die hele Heidi ding opgeslurp.  My Ma moes my blonde krulkop laat kap sodat ek net soos ‘Heidi” kon lyk! Te erg! My beddegoed het haar laggende bekkie opgehad en op my bandspeler het ek haar temaliedjie uit vollebors saamgesing.  Ek wou ‘n seunskind bestevriend soos ‘Peter’ gehad het en die arme sotte wat saammet my op skool was is een vir een geweeg en te lig gevind. Siestog, ek is seker hulle ontvang vandag nog terapie en weet nie eens hoekom hulle drama al reeds daar begin het nie.  Komaan, geen mens op aarde kon kompeteer met ‘n fantasie-strokiesprent-karakter nie.

Gaan lees bietjie: http://boerinballingskap.wordpress.com/2011/10/25/heidi-van-die-berge/ – hy het die Heidi annimasie reeks pragtig opgesom.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s