Ghana's Fantasy Coffins

Dans, Lag, Drink – ons hou begrafnis!


Twee dinge in die lewe wat ‘n defnitief is; is belasting sál jy betaal en dood sál jy. Tydens jou besoek of verblyf in Ghana sal jy beslis met ‘n begrafnis te doen kry. Dood hierso is GRÓÓT besigheid. Koerante en nuuslesers en 24-voet advertensie borde lig jou in: iemand (Kleur Foto daarby) het beswyk en die persoon rus op ys vir drie maande want die begrafnis word beplan. Hier “pluk hulle die hoender” as dit by begrafnisse kom. Anders as onse mense in RSA wat sommer so woerts warts op ‘n Donderdag middag onder kluite toegestoot word met ‘n handjievol “wat by die werk kon afkry” word begrafnisse nét op Vrydae behartig. Die paartie loop die hele naweek deur met oop-kroeg-voggies en musiek wat vensters vibreer. As jy berug, vernaam, adellik of stinkryk was, kan die paartie ‘n hele week-lank sy aanloop vat. Baie beplanning gaan in, om T-hemde te druk, fotos en gunsteling musiek op cd’s vas te vang. Die enigste verskil tussen troue en begrafnis – laasgenoemde is één minder dronk. Die mense is erg bygelowig en die ontlapende kan nie rus totdat die persoon met trompette en rumoerigheid heengestuur word nie.

Tradisioneel moet jy fyntrap om nie ‘n familielid te beledig nie. Swart klere verteenwoordig ‘n routydperk, rooiklere wys die gevaarlike tye, en dat jy naby-familie was, en as die oorledene oor sewentig was- jubel hulle oor sy rype ouderdom en dra wit na die paartie. Jou eer van ‘n uitnodiging na so okkasie is iets wat almal trots uitbassuin aan almal wat ore het. Tydens die begrafnis sal jou sosiale status voor honderde in publiek beaam word. Wáár jy sittende geplaas word; wat jy jouself in uitdos; hoeveel jy finansieël bydra; hoe bedroef jy voorkom; hoe hard jy saampaartie…als is ewe lewensbelangrik. Tradisioneel gaan jy tien-teen-een jou lewensmaat daar ontmoet. Die lewe is dan só kort en by ‘n begrafnis bedink jy skielik jou eie verganklikheid en kyk jy blinkoog rond. So om-en-by vierhonderd mense wat dit uitkap op die dansvloer teen sê USD 50 per kop kan ‘n aansienlike bedraggie bylas vir die partytjie begroting. En die mense háál uit en dra by en kuier lekker.

Die Gá-groep vorm trots deel van die twintig miljoen bevolking in Ghana. Hulle is ‘n kultuurvaste nasie met ‘n diep donker geskiedenis in hulle eie reg. In 1989-Parys het die Gá’s vanuit die Goudkus opslae gemaak met ‘n besonderse kunsuitstalling van fantasie-hout-doodkiste. Jy kan net nie Accra besoek, sonder om skaamteloos oopbêk te staar na die houtwerkers se kreasies nie. Sedert die middel veertigs kerf hulle jou status uit en stuur hulle jou na die volgende wêreld in grênd styl. Volgens hulle klomp glofies oor die ná-dood, moet die ontslapende sy voorouers beïndruk met die sosiale status van welstand of beroep tydens sy heengaan. Voorheen was dié eer nét vir Hoofmanne, Adelikes en Kerklike mense behou. Deesdae práát geld wat stom is. So persoon kry ‘n spesiale Mercedes-kis van hout gemaak. ‘n Werknemer van die brouerye kry ‘n bierbottel, so is daar ook skoene, pynappels, wortels, klaviere, naaimasjiene, vissersbote, hammers, selfone en hoenders.

Dit laat my wonder as hulle nou mý moes aanstuur…wát sou ek in lê?

Partykeer sit ek mense onbewus om mý en kyk. In my agterkop pas ek een in ‘n rol banknote, een in ‘n koekblik, een in ‘n TV-afstandbeheer, een in ‘n Skootrekenaar…my lys pas ek aan na iets wat die siele om my se lewe hier verteenwoordig.

Advertisements

2 thoughts on “Dans, Lag, Drink – ons hou begrafnis!

    1. Daniel Bezuidenhout Post author

      Mmmm meer interesant is hoe hulle die ligaam daarin kry! Hulle laat die persoon sommer maklik tot ‘n jaar op ys voordat hulle genoeg geld het om die persoon te begrawe. Daars ernstige mooi idees en malkop goete, maar tradisie bly voortleef. Onthou dis waar die meeste mense hulle toekomstige troumaat ontmoet!

      Like

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s