Photo for illustration only from dogster.com

Kleinmannetjie sindroom …


My Pa was loshande ‘n witwarm Omie op sy dag. As kind het ek die aller heiligste ontsag vir hom gehad. Hy het net één ernstige reël gehad: Jy vrek eerder maar lieg môg jy nooit vir my Pa nie. Hy sou my kon red vanuit die wreedste tronk as dit moes, maar boeta, jou gatvelle was veilig solank jy net nie lieg nie. Met sy eiesoortige wysheid, het hy geglo ons moes gou op ‘n vroeë ouderdom ons eie lewenslesse leer. Een van die belangrikste lewenslesse was om te weet wanneer om te vra vir hulp.

In my matriekjaar besluit my Pa ek is beslis oud genoeg om self skool toe te ry met so wipgat Volkswagen golfie.   Sonder lisensie sou hy my kom red as die polieste of spietkoppe taai raak. So is dit mos dat die cool-ene met vervoer almal oplaai vir die sokkiejol. Ons gunsteling dansplek was Tuks se bokjol sokkies. Die Kaap was Hollands, solank ons net voor Aspoestertjietyd tuis was. Een aand dans onsself nog so amper in beseringstyd in, toe gryp een slim-Piet my motorsleutels.

Die tyd staan nader aan twaalf en die slim-Piet staan en swaai sy sesvoet wynlyf sonder om die sleutel te oorhandig. Al die gesoebat en gepaai val op dowe ore. Einde ten laas gaan skakel ek my Pa van ‘n tiekieboks, en sê hy moet maar kom, want ek het nou als probeer. Wetende dat die slimme-Piet my Pa nie ken nie, waarsku ek slim-Piet so ewe dat my Pa in nét tien minute op die toneel sal wees. Slim-Piet se makkers staan bankvas agter hom en koggel ons dansmaaitjies se benoudgeit.

My Pa was nie ‘n groot man nie, inteendeel sy vyf-voet-vyf het niemand geintimideer nie, hy het ouer gelyk met ‘n bos sout-en-peper gryshare, taai bruingebrand van sonwerk op die plaas. Hy was altyd doodkalm en het rustig gepraat met so speelse glimlaggie om die mondhoeke. Nou-ja, toe my Pa uit sy mouter klim met sy pantoffels, toegeknoopte japon, pyp innie mondhoek; lê slim-Piet en sy makkers soos hulle hom uitlag.

Toe die gelag effe bedaar, gaat staan my Pa so viervoet voor slim-Piet. In sy beste “Trinity” verpersoonliking verduidelik my Pa dat hy net eenkeer mooi gaan vra vir die karsleutels. Weereens ‘n gejou en gekoggel vanuit die peanut-gallery. Ek staan piep-muis-grootte en asem-ophou agter my Pa se blad. Die volgende oomblik gebeur als so vining – dis oor voordat jy kan sê GATSLAG! Soos ‘n Mamba slaat my Pa vir slim-Piet in die krop van sy maag. Slim-Piet vou dubbel soos ‘n knipmes. My Pa gryp hom agter beide ore en breek Slim-Piet se neus met so knie-jerk-beweging.

Daar lê slim-Piet en skree soos ‘n vark wat geslag word. Sopnat in die natgras voor die manskoshuis. Sy makkers het almal ‘n paar meter terug gerittereer. Tussen bloed en snotborrels, oorhandig Pietie die sleutels met ‘n bewende hand aan my Pa. My Pa draai om, knipoog en sê doodluiters “sien jou by die huis, of bel net, dan kom ek, dag en nag” en stap rustig terug na sy mouter. Hy was my superheld en het my laat voel dat als in die lewe oorkombaar is.

Ek was ‘n brose negentienjarige snuiter toe sy liggie lank voor sy tyd gedoof is. Te veel vinnige mouters en nog vinniger vroue was sy einde. Hoe wens ek nie ek kon nog jare later van sy wysighede leer nie.

Eers jare later het ek beginner verstaan van kleinmannetjies se Napoleon sindroom. Miskien het my Pa op kindsbeen al slim-Piet-boelies uitgesorteer? Viva Napoleon! As jy jouself soos ‘n drol wil gedra, moet jy maar op die gras gaan lê.

Advertisements

2 thoughts on “Kleinmannetjie sindroom …

  1. Piet Du Plessis

    Puik, Daniel! Ek is baie gefassineerd deur die kleinmannetjie-sindroom, al is dit alles behalwe op myself van toepassing. Ek het baie oor Napoleon gelees en hy is beslis een van my historiese helde. Net terloops, ek lees die ander dag dat hy nie werklik klein was vir sy tyd nie, maar heeltemal gemiddeld. Die mens het oor tyd langer geword en dit laat hom blykbaar in die konteks van vandag se norm na ‘n kleimannetjie lyk. Wil jy nou meer! Klink my of jou pa se opvoeding jou beslis jou “free-spirited”-ingesteldheid nagelaat het – en ek salueer hom daarvoor, as my afleidings korrek is.

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniel Bezuidenhout Post author

      Dankie vir dir mooi woorde Piet. Die meeste mense reken Kleinmannetjie sindroom verwys na die anatomie, maar dis defnitief iets wat die karakter van kleiner/korter mense verander. Ietsie soos ‘n kapokhaantjie. Iemand noem nou die dag vir my dat lang mense altyd stillerig voorkom asof hulle die lengte wil kamoevleer. Napoleon was beslis ‘n leier van formaat! My Pa was ‘aweregs’. Jare na sy dood beinvloed hy nog steeds my doen en late. Ek onthou al om die ander dag allerhande goeters wat hy aangevang het. Hy was ouer, maar grootword was opsioneel.

      Like

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s