Planting

Majazaan. Die een wat ‘n jas dra.


My Pa se eerste taal was nie Afrikaans nie dit was Zulu.  Hy het dit sommer so terloops aangeleer terwyl Memme hom geabba het, op die plaas in Witrivier.  Wanneer iemand Zulu praat so gemaklik sonder ‘n aksent, is ‘n gepaste Zulubynaam; ‘n groot eer.

Sodra ‘n motreën (Kiza) die grond se nat in die neusvluels stoot, het my Pa so roering in hom gekry.  Geen geselsskap kon hom verder interesseer nie.  Hy het bly uitkyk by die venster en die jasse op die kapstok opgeweeg met die oog.  Sommer so in die middel van ‘n sin het hy sonder sokkies; sy vellies aangeglip.  Hy het ‘n handvol gedroogte saad in koerantpapierkoevertjie van die kombuisvensterbank gaan uitkies.  Die eerste beste jas is aangeglip en die kraag opgeslaan.  Vandaar sy bynaam, Ma-jazáán. Die een wat ‘n jas dra.  Daai jasse was meestal te groot, sy Pa se jas, of een van sy broers se jasse. Enige jas het gewerk vir hom wat sy plant-lus nie kon inhou nie.

Mense wat plant belê in ‘n belofte van môre.

Daar in die reën het jy my Pa gekry, op sy knieë, en vroetel-skoffel-druk-en-steek in die grond. Plant was sy ding.  Niks kon daarmee vergelyk nie.  Elke jaar het hy iewers ‘n boom geplant, in Maart, sodat die wortels in Mei-verjaarsdagmaand stewig kon vasstaan.  So in die ry deur die Laeveld het hy eendag vir my gesê: “Daar staan drie-en-dertig-jaar se boom”.  Daai tyd was ek net ‘n kind, en vandag kan ek nie onthou waar al sy verjaarsdagbome staan nie.

Ek het nie groenvingers nie.  Inteendeel, my varings staan nie boskop soos my Ouma sin nie, my Malvas lyk steeds soos stiggies en my Viooltjies kry te veel water.  Daar is sade wat droog op koerant in my kombuisvensterbank maar ek plant, en vroetel in nat grond, skoffel grond óm en krap blare bymekaar.

Wanneer dit Kiza (motreën) kan ek op geen geselsskap konsentreer nie; ek soek daai een wat altyd jas dra; iewerste  grou hy in ‘n bedding.

Advertisements

3 thoughts on “Majazaan. Die een wat ‘n jas dra.

  1. Gobetween

    Die reen bring altyd herinneringe van lank gelede. My oupa was ‘n bouer en timmerman. Wanneer dit voortdurend gereën het hy dorp toe gegaan en meters en meters materiaal gekoop vir sy vrou sodat sy naaldwerk kon doen. Dit was altyd iets met blommetjies, die nadeel was dat al die meisies op geëindig het met rokke wat gemaak was van dieselfde materiaal.

    Like

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s