woestyn se mooi

Dertig-rand se verskil.


Op langpad moet mens aftrek en op die bossies piepie.  Woestynlangs is nie veel koelte nie.  Ek skrik sommer my piepie droog want langs die draad is neffens ‘n roering.  Daar waar ons afgetrek het, sit reeds ‘n ouman. In die gruisklip tussen sy vlenter skoene lê ‘n blikbord met paar klipkristalle.  Mense uit ‘n dor Namibiese woestynveld het nie blink aan hulle nie.  Niks blink onder ‘n permanente stoflaag nie. Nam se mense is sonder grênd goudstrepe in hulle tanne.  Skiewie tandaartse is volop. Tannemekênieks by die kliniek is bekend vir tanne trek.  Dit kos dertig-rand vir ‘n tandtrek by die kliniek.  Jy arriveer in die wêreld sonder tanne, en groet ook uit; tanneloos.

Heeldag loer mense vir vrinne, kliënte of vreemdes onder plooihand met skyfie oë. Hulle kyk uit vir mouterstofstrepe oor rooidsanduine.

“Is Krismis, Meneer, koop my Kristalle. Allemal is genie-oun, ‘k het self uitgehaal” rasper sy stem onder ‘n laphoed.  Ek staar na die ou blikbord.

Tyd staan; ek kyk sy ou veldskoene.  Skeefuitgetrap en ‘n geel verdik-toonnael loer vir my.

Dis sy werk, kerk, stap, dans en enigte skoene; reeds vir etlike jare .  My voetsole verbrand deur my plakkies. Tussen ou plooie  loer sy blousel oë vir my plakkies.   Wat weet ek tog van Kristalle? Dor mense het ‘n tydsame kalmte in hulle.  Die plooieman bly net so gekreukel sit.  Om my is hittespieëlings wat dans.  Tyd staan stil, ek trap rond op die brandsel onder my plakkiesole.

Terug in die skadu van die mouterkar sit ek met ‘n skurwe kristal in die hand, en die dertig rand lê nog netso innie blikbord.   Daai dor man loer lank in ons rigting, op skrefie oë toe ons daar wegtrek.

‘Watse verskil kan dertigrand nou aan hom maak?’ wonder ek.

Wat sal ek nou maak met ‘n woestynklip?

Krismistyd het woestynkinners nie blink liggies en Chinese geeltintsel vir plêstiek winkel bome nie. Onse groen Kameeldorings is vannerselwe getooi met goudgeel mossineste.  Sandkinders belê in tyd.  Tyd deel hulle met mekaar. Ons deel tyd annerkant Goghas, vêr annerkant Mariental, in ‘n koel plaashuis wat ruik na parafien.  Lekkerste kuier is onder die sterre in die rooisand buite die agterdeur.

Die stroois is ‘n klipgooi van ons af.  Sit-sit onder die geelmaan met hoog vlamme in ‘n konkadrom hoor jy rustige stemme tot laatnag. Hulle tandelose lag klink soos roesblik wat die wind rondstoot.

Laphoed en ou hanne

Laphoed en ou hanne

‘n Paar dae na Krismis koop ons vars proviant op Goghas. Dis ‘n vaal plekkie, net ‘n Hotel, drankwinkel, Kerk, poskantoor, kliniek en Hotel.  Klein; as jy vir ‘n hoender uitswaai, ry jy die dorp mis.  Almal groet en knik.

Daars mense met Job se geduld wat net rondstaan en dié wat beweeg, bekyk.  Voor die kliniek hang ‘n paar tydsame siele.  Ek kyk ‘n paar ou veldskoene raak, daars ‘n toon met ‘n dikgeel toonnael wat vir my loer.

“Koop ‘n Kristal vir Nuwe’djaar!” se die ouman met rasperstem onder sy laphoed.  Ek sien nie sy oë nie, net sy glimlag met ‘n nuwe “passion gap“.

Terug op die stofpad kyk ek weer die woestynkristal.

Iewers bank ‘n tannemekêniek sy nuwe  dertig-rand.

Advertisements

7 thoughts on “Dertig-rand se verskil.

    1. Daniel Bezuidenhout Post author

      Netso. Ons vergelyk so sommer net deelwees van menswees. Elkedag. Nog en nog. Soek net ietsie anders. Ietsie mooi. Ietsie blink. Ek vrek oor Nataniel, oor sy blink. Maar aan my, lyk dit uit plek. Nou bewonder ek maar ander se mooi goete. ‘n Slim vriendin het annerdag iets slim kwytgeraak: As jy dit nie NOU, VANDAG gaan nodigkry of gebruik nie, moenie dit koop nie. Nou probeer ek hard om nie meer net te koop koop … oopbek koop nie. Ek slip-op… boeke is my dood. Vandag sommer twee paar skoene huistoegedra…maar was my nommer (3) en ek bly in die stokkies! Daars niks mooi skoene nie.
      En sonder al die plestiek is ons plek maar vaal. Ek wens ook vir ‘n mooi tyd van annerdag. Onthou my Oumas se Teestel en geborduurde vliegdoek. En die blikbekertjie onder dieselfde doek, vir die melk….sonder fensie plestiek….

      Liked by 1 person

      Reply
  1. perdebytjie

    Ek het ‘n hele bakvol van daardie kristalle,wat ek eintlik nie wou gehad het nie,maar die mense se armoede en desperaatheid het my onder gekry.Pragtige foto van die ou man!

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniel Bezuidenhout Post author

      My seun (doei tyd van 9 jaar) neem eendag so kristal en krap op my kar se venster sulke diep strepe. Hulle het net daai week geleer dat diamante op vensters kan skryf omdat die goed so hard is…en daar kon niks en niemand hom oortuig dat kristalle net so hard is nie

      Liked by 1 person

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s