Windhoek

My hart lê in twee plekke …


Gister sit ek en werk deur ‘n paar fotos van ons onlangse tuisbesoek. Ek is tuis in my Akkra huis en my kat Misca is verheug oor my terugkoms. Maar my ander huis wag in Windhoek en daar sit my mal maltees heeltyd by die deur en wag vir my terugkoms. Party mense het geen huis, ek het sommer twee, in twee verskillende lande. Waar ookal ek my bevind, mis ek die ander huis, mense en dinge.

Tammy-Lee die Mal maltees, My hart se punt

Tammy-Lee die Mal maltees, My hart se punt

Ons was met vakansie in Namibië maar almal óm ons kap net aan soos altyd. Dis ‘n ontnugtering dat die lewe tuis so normaal sonder ons kan voortgaan. Selfs Namibië se jagseisoen het gekom en gegaan sonder ons insette. Elke dag bied Akkra vir ons ‘n ander uitdaging. Kragonderbrekings, korrupsie, vreemde tradisies, immigrasie drama en moeilike werksomstndighede laat jou wonder, wat soek ons eintlik hier? Inkopies bly ‘n uitdaging, lekker vleis is iets waarvan mens altyd bly droom, en harde blêr musiek raak ons nooit gewoond nie. Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd mymer ek oor al die goete tuis wat ek na verlang en op uitmis.

Stap met diere  op die plaas - goete wat ek mis.

Stap met diere op die plaas – goete wat ek mis.

Mense is maar nuuskierig oor ons doen en late in die vreemde. Mens moet versigtig wees om nie soos tweegatjakkalse te klink nie. Daar is ‘n fyn balans tussen een wat weet waar hy vandaan kom, en een wat weet watter kant sy brood gebotter is. Natuurlik werk ons in Akkra vir finansiële redes, maar my hart trek met ‘n langpunt terug na Windhoek.

Elke land het sy eie drama. Suid-Afrika se kriminele, korrupsie, werkloosheid, politieke eskapades en regstellende aksie laat mense vuisvoos. Dis ‘n fout om te dink alle ander Afrikalande is dieselfde. Elke keer as iemand reken ek is kamatig so braaf om in ‘n stad van meer as vier miljoen ander Afrikane te woon, dop my oë om. Hier in Akkra is ek baie veilig. Hier is geen motorkapings, geweldadige misdade, moorde en gruwelike motorongelukke nie.

Ek het na baie jare ‘n fyn balans gevind oor my belangstelling in die tropiese woude, historiese kastele en vreemde tradrisies. Interesante mense in Akkra vanoor die hele wêreld kom en gaan en mens maak nuwe vriende en groet bekendes soos wat hulle kontrakte beginner en eindig. Dis hartseer om afskeid te neem van nuwe vriende, maar hartverskeurend as geliefdes tuis ernstig siek word en soveel erger as hulle onverwags dood en ons sit hier in die stokkies.

Dit gebeur dat vriende van vriende, hier in Akkra kom besigheid doen. Hulle vra uit na die beste restaurante, besienswaardighede en waar om so ietsie van Afrika te koop teen ‘n redelike prys. Ha! Daar is geen rede om iets nié te vind nie. Ek is geen spermsel nie, ek vra sommer padlangs rigting en advies vir vreemdes en gedra my soos ‘n toeris. Ek kan nie ophou praat nie, hoeveel tyd het hulle? Dit wil voorkom asof ek meer weet van Akkra as die mense wat hulle hele lewe reeds hier woon.

Die reuk van braaivleis, kaneel, nat reën, swembad chloor…sommige dinge in Akkra maak my heeltemal nostalgies oor my ander huis in Namibië. Die wêreld is klein, en die afstand huis toe word gemeet in vlug-ure. Alles wat ek nodig het dra ek rond in ‘n enkele reistassie. Met die klik van ‘n Skype-knoppie gesels ek met my moeder in haar eie sitkamer. Ons sit met biltong voor die televisie, koue biertjie in die hand en kyk krieket. Dis nie dieselfde as braai langs die veld nie, maar dit moet maar doen vir eers.

Misca speelkat

Misca speelkat

Huiskat in haar element

Huiskat in haar element

Advertisements

14 thoughts on “My hart lê in twee plekke …

  1. Spokie sny spoor

    Jinne, dit was nou vir my ‘n uiterste interessante stukkie. Om iets van jou leefwêreld te sien en hoor. Ek dink dit is glad nie so maklik om tussen 2 sulke wonings te beweeg nie. Want verlang jy nie na Misca nie, dan verlang jy weer na Tammy-Lee. Sterkte.

    Liked by 1 person

    Reply
  2. HesterLeyNel

    Nee, maklik kan dit nie wees om tussen twee woonplekke te pendel nie, maar interessant beslis. Ek het so ‘n bietjie gegrinnik oor die kragonderbrekings, korrupsie, vreemde tradisies, moeilike werksomstandighede, onbekombare vleis en harde blêr musiek in Akkra – het vir ‘n oomblik gedink jy woon dalk hier in Natal 😀

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniel Bezuidenhout Post author

      Ek het ‘n laslap-kind hierso wat kom ‘house sit’. In Windhoek woon my ander twee groot kinders stoksiel op hulle eie. Gmffff, het my kamatig nie eens nodig nie, die vermetelgeit. Hulle voer en lief als op die plot en gee net vir my whatsap terugvoer soos ‘stuur meer geld”…honnekos en gansvoer is weer op. Gewoonlik knap voor die naweek. Wanneer dit braaityd is…!

      Liked by 1 person

      Reply
  3. monicahaddad01

    Lekker gelees…. ek het al baie keer getrek, die slegste was toe ek my meubels moes stoor, mens se goedjies gee jou mos ‘n soort geborgenheid maak nie saak waar jy bly nie, Hulle absorbeer mos al mens se ervaringe. Vir my was dit ook dat mens partykeer ‘n plek ontgroei, So dalk het jy die beste van beide 😉

    Like

    Reply
  4. perdebytjie

    Dis ‘n wonderlike ervaring en verbreed net jou lewensuitkyk soveel meer.Dit help ook om met nuwe oe van buite af na jou eie land te kyk en alles meer te waardeer.

    Liked by 1 person

    Reply
  5. ekmyselff

    Ek het nooit geweest jy is eintlik van Windhoek nie.
    En jou man, hy is mos n Vrystater soos ek kan agterkom… nou hoe beland n man uit die “states” (ek kom ook van daar) in Windhoek en DAN in Aka?…..nee man blog tog bietjie oor wie jy en jy is en waar julle oorspronklik vandaan kom en hoe julle geland het waar julle nou is – ja ek weet ek is vrek nuuskierig… hie hie, dan wonder ek nog oor jou ma ook, sy mos ver “bo” jou en nogals effens vol tjol en baie ingestel op ha voorkoms, dis nou as ek reg onthou.
    Jy is so maklike en gemaklike mens ek geniet jou blogs vreeslik.
    As daar al so blog was verskaf my die link asb!

    Like

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s