Ridders van die Koeltebome

Die Ridders van die Koeltebome


Om self mouterkar te bestuur – dit mis ek die meeste.

Net gou sleutels gryp en windgat winkel toe wip is maar ‘n drama. Natuurlik kan en mag vrouens hier in Akkra mouterkarre bestuur. Twee van my goeie vriendinne besit en bestuur sulke klein goggakarretjies; orals oor. Maar ons ry een grootte vier-by-vier- lewensgroot, jy sien my op ‘n myl aankom.  Die ridders van die koeltebome, en ek (die bestuurder) is soos magnete vir mekaar.

Dis onverklaarbaar. Ek weet nie of dit is omdat daar net meer stoppunte in ons omgewing is; of dat ek nooit geleer het om hulle te vermy nie. Miskien is die grootte van die kar en die geleentheid vir ‘n vinnige beursie verdikking in ekwilibrium? My man en drywer word nooit ooit afgetrek nie. Vrouens is maar ‘sagte’ teikens.

Die manne in uniform kom op met fiktiewe benullighede soos ek het kamantig nie ‘genoeg’ toegegee vir aankomende verkeer nie.   Ek het kwansuis te vinnig gery.  (Hulle het géén spoedmeetapperaat nie). Dan ‘arresteer’ hulle my bestuurslisensie, maar dis meer soos ontvoer en vasklou totdat ‘n losprys/ omkoopgeldjie betaal is.

Strikrowers

Strikrowers

Week vir week is dit dieselfde storie oor en oor. Die proses laat my so skuins befoeterd, maar ek staan magteloos om teen die vorm van korrupsie te staan en baklei. Dis so effektief soos poep teen ‘n windstorm. Die ouens bly roteer en blykbaar is hulle salaris so karig dat hulle ‘n slim manier gevind het om hulle eie gatsake mee te vul. Hulle vorm van intimidasie is seepglad uitgestyk. Jy kan selfs tot ‘n mate onderhandel oor die bedrag wat jy bereid is om te betaal. Om te weet wat is redelik  en nie te veel nie; dit is die kuns. Hulle beginner sommer deur direk te vra vir selfoon krediet.

"spot fines"

“spot fines”

Eendag het ek nét ‘n vyf cedi- en ‘n een cedi-noot in my beursie. (Dis so ZAR 42.00 ) Nadat die een ou die ander spietkop nader geroep het, kon hulle nie ophou lag oor die onwerklikheid dat ‘n ekspat dan so min geld kan hê nie. Hulle kry my toe jammer, neem die vyf cedi-noot en sê ek moet solank bylas met die orige een cedi-noot; vir volgende keer wanneer hulle my aftrek.  As jy ‘n groterige noot het sal hulle rondvroetel en jou nog kleingeld ook gee.  Voordat jy wegry groet hulle so ewe en mompel iets soos hulle is hier “to be at ‘service’ for you”!  Die ene breëbek glimlag. Blerrie skelms…

Boeta, hier geld die ou wet van Transvaal; jy sál k@k en betáál!  Dié wat nie betaal nie word na ‘n polisiesel vergesel, waar ‘n persoon vir ‘n daglank opgesluit word, en formeel voor die hofgedaag word. Die hofstelsel is ‘n beslommernis en mors van tyd.  Daardie hofboete is veel hoër as die glipgeldjie langs die pad.

Slim mense beweer ek moet hierdie dagrowers  met ‘n selfoon afneem. Ja wel, probeer jy ‘n selfoon skelmpies in iemand se gesig druk as hy langs jou venster staan en skree dat die spoeg spat! Ander stel voor jy moet met ‘n kopie van jou lisensie rondrits, maar jy besef onmiddelik dit sal nie waterdra wanneer jy afgetrek word nie. Nou moet mens maar noodgedwonge deur ‘n drywer rondgerits word.

Enige iemand wat reken dit klink grênd om so rondgerits te word is hoog op iets onsmaakliks. Daar sit heeldag aldag iemand hier buite iewers en wag om my iewers heen te neem. Wat van die dae wat ek in Jan Tuisbly se karretjie rondrits? As ek lekker sit en giggel in my vriendin se sitkamer, is ek bewus daarvan daar’s iemand in die kar se hitte en bloedige son wat vir my sit en wag. Daar is iemand wat altyd, ALTYD weet van AL my doen en late. Waar ek gaan en wie ek sien en wat ek waar en hoeveel ek koop.

Mens gee soveel van jouself en jou privaatheid meë dat die kool nie die sous werd is nie. Intussen sit ek maar in boosaardige stilte en gluur die Ridders van die Skaduwee aan en wens hulle allerhande onsmaaklikhede toe in my gedagtegang.

Hierdie video wys hoe ‘n lokale man deur die polisie gestop word. Die ou sê hy het nie geld nie en die polisieman stel voor hulle ry saam tot by ‘n ATM. Dan maak hulle grappies en die polisieman en bestuurder onderhandel oor die prys. Die motorbestuurder noem hy het ‘expenses’ en die polisieman dring aan hy moet vergoed word…dan wys die bestuurder ‘n foto van sy familie waarvoor hy moet sorg, maar die polisieman noem dat al ses van die ander om hom die vergoeding moet deel…na nog effe vriendelike draaksteek, betaal die bestuurder en die polisieman noem dat hy sy veiligheidsband moet dra.

Advertisements

11 thoughts on “Die Ridders van die Koeltebome

  1. HesterLeyNel

    Jy weet, dis die soort ding wat my boosaardig kwaad kan maak, nie oor die geld wat jy moet uithaal nie, maar oor die manier wat boelies kontrole uitoefen oor jou doen en late. Dit voel asof jy geen sê het oor jou eie leefstyl nie. Waar is Chuck Norris as mens hom nog het?

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniel Bezuidenhout Post author

      Hie hie – jy’s reg. En natuurlik is dit sô regte sakpas ou joppie. Mens raak sommer benoud as so dik ene jou stop, want jy weet hy’s reeds seepglad ingeoefen met sy omkopery. Dik uitgevreet aan nog dikker tjoppies. En as so maer enetjie jou aftrek met so nervous fladder, kan jy nog jou pad uitgesels.

      Liked by 1 person

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s