Kind speel in reen

Grootmens verraad!


As klein dogtertjie van so vyfjaar woon ons vlietig in Alberton. My Ma werk by die biblioteek en my Pa verkoop nuwe blink karre. Op een woeste reëndag hol ons kindertjies soos afkop hoenders, uitgelate met plêstieksakke oor die kop in die reën. Dit was loshande die heerlikste speletjie wat ek kan onthou uit my kinderdae. (Elke kind hou mos maar sy beskermengeltjie op sy tone). Toe kom ‘n Tannie in spykerhakkies aangefladder – so in die reën; staan by die hek en koer dat ons gou moet naderkom. In my kinderonskuld reken ek sy wil my plêstieksak hê; om haar ernstige bol-opsteekhare van die reënbui te red. Maar nee, sy gryp daai sak behendig van my kop af en neuk my woeps-waps brandgat. Nico, my broer was ouer as ek en het haar soos Mannetjies Roux ge-side step en weggehol tot doer anderkand die waslyn. Ek het natuurlik so geskree – dit het geklink soos varkslag.

Sommer net daar in die veiligheid van ons eie oprit, in onse eie jaart het die monsterheks my leed aangedoen. Laataand verkla ek met droeë snikke die spykerhak Tannie se wandade aan my Pa. Pa het my rustig verduidelik dat die boosaardige heks van ‘n Tannie kamtig ons lewens gered het. Ga! Toe besef ek hoe verraad onder grootmense werk; die monsterheks in spykerhakke het ongedeerd, dood veilig bly voortleef, net twee twee tuinhekkes van ons af.

Advertisements

9 thoughts on “Grootmens verraad!

  1. Daniel Bezuidenhout Post author

    Dankie, ek onthou daai pakslae soos gister. My grootste skok was dat my pa dit laat gly het. My Pa het nie laat ander mense met sy kinders se manier van grootmaak kom lol het nie. Jare later het hy ‘n skoolhoof bloedneus geslaan omdat die my oor my boude met ‘n lat pakgegee het. Dink jou in watse koerant stories van aanranding en oortreding en dies meer sou vandag losbars oor die sakie!?!

    Like

    Reply
  2. marlizeventer

    Plaas die monsterheks net gesê het julle moet julle gatseggies laat uitsteek of ten minste saam gespeel het:) Hoop daar kom weer dae wat jy so kan rondhol in die reën. It takes a village – but oi… I don’t like the village much…

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s