Deur Rina Stadler
Op sy stil streng manier het my oupa Tjoekies onwetend n groot rol in my lewe gespeel. Tjoekies…..nie omdat hy in die tronk was nie, maar in sy jonger dae n masjinis.
Vandag dink ek met soveet teerheid en liefde aan oupa. Oupa met sy snyerspak,wit hemp,bypassende das,Drakes skoene,sambreel en bol hoed. Oupa wat verkies het om te bus…..werk toe en terug te pendel Die 516 Wonderboom Suid te ry en presies elke dag optyd die kort entjie kierts regop huistoe te stap.
Sy mintgroen Plymouth het blinkskoon op stal gestaan,vroeg Saterdae het oupa haar gespit en gepolish om Sondae kerk toe mee te ry. Oupa se dae as masjinis was voor my onthou tyd,maar uit fotos wat ek helder kan herroep was Oupa net so trots op sy trein. Oupa se trein was nie net sy trein nie,dit was sy prime pet. Gedoop en gegroom voor hy die stange sou vasvat en die lang spoor sou aandurf. Oupa se kostrommel het n ere plekkie in ouma se kombuis gehad selfs na hy sy werk in die stad opgeneem het. So aftree werkie by die Reserwe Bank in Pretoria.
Oupa, onthou ek,het met presiese geleef. Namiddae met sy tuiskoms, glo my,eerste sy kort broek en gaatjies vest (op dae wat dit bloedig warm was) aangetrek,sy wit hemp met sunlight seep ingeseep, gewas,geskrop,gespoel,opgehang die punte reggepluk en dan rustig op die stoep saam met ouma tee gedrink. Behalwe vir ouma, sy liefde vir sy trein en sy Plymouth,was oupa se ander groot liefde sy roos en vrugte bome. Sy tuin was met oorleg en in oordenking uitgele , gesnoei en natgelei. Die daaglikse versorging van sy tuin het soveel vrugte afgewerp dat ouma se kas gekreun het onder lekker vye konfyt en ingelegde geel perskes.
Die wonderlikste van dit alles was wanneer oupa saans op naweke, net partykeer, sy bekfluitjie uitgehaal en wyl hy op die swart halfmaan vormige trap op die voorstoep, in die donker gesit en speel het. Meestal Hallelujas. Ek en ouma het gesit en net geluister hoe die klanke die donker nag intril. Oupa was n baie diep mens . ‘n Christen mens wat die Here met net soveel passie gedien het as wat hy vir sy gesin gesorg het.
Naas God het hy sy liefde vir ouma gewys in sy daaglikse doen en late. Haar motor versorg, die hek vir haar oopgemaak wanneer sy met haar eie motor wou ry ,…oupa was nie skaam om vir ouma n koppie tee te maak of die pos te loop uithaal nie.
Soms het oupa erg vreemd opgetree…..hy sou so in die stap vassteek ,verwoed omkyk en hard en duidelik se : wyk satan!!!!!!!! Kon nooit vir satan sien,en het altoos gewonder oor oupa se aanspreek en wegjaag van die duiwel.
Onlangs het die duiwel so gewerk met my ook. Ons tweede kleinkind is oppad en ek wil dit uitblaker aan almal wat wil luister. Nee,ek moet nog n klein bietjie aanhang…beveel die nuwe ouer paar…….aanhang vir wat.? Wonder ek.My aanhangery hou toe aan vir 7 dae. By navraag per ipad message vra ek ewe goed opgevoed of ek maar my suster vd swangerskap kan vertel. So in n driehoek gesprek op my geduldige ipad.,…..tussen my, die kinders en my suster…..het slim sy baas gevang. Die kinders versoek ek moet NOG aan hang……ek praat met my suster.
Eks moeg aangehang…..en spoeg dit uit !!!Boodskap kom terug. Lekker uitgevang ma!!!!!!! Ek teks my suster…….van watter baba praat jy???????? Vra sy. Ek besef ek het moeilikheid. Ek bel my suster. Hou dit tog maar vir eers vir jouself. Ek was nie veronderstel om te praat nie… Die oupa en ouma storie….ekt perongeluk die boodskap wat vir jou bedoel was na hulle gestuur. N Ongemaklike stilte volg……n gegrinnik daarby……ek sou graag wou, se my suster……..maar jys op speaker foon. Ek sit die foon neer ……draai om………WYK SATAN, skree ek dat dit in die woud weergalm!!!!!!
Oupa …….nou verstaan ek ………!
Ag nee … Hoe kan kinders van toekomstige grootouers verwag om stil te bly oor so n grootse gebeurtenis!? Ek sou ook gesukkel het! Love die storie van jou oupa … Ek kon hom ‘picture’.
LikeLike
Hehe – oulik vertel. My ouers en voorouers het ook baie die “wyk satan” woorde gebruik. Jou oupa klink uniek. Hou van sy kar. Wat so shine.
LikeLike
hallo julle afrikaners, kyk na my blog asb….skryfgoed….ek het nou eers begin en het nog baie….wat dink julle?
LikeLike
Mens kan NOOIT stil bly oor SULKE GOEIE nuus nie!
LikeLiked by 1 person
Jou oupa was ‘n warrior op meer as een manier 🙂
Veels geluk! My koring is nog so groen op die lande dat dit nog ‘n paar jaar is:)
LikeLike
Ek het hierdie artikel nou vreeslik baie geniet! Laat my so aan my eise ouma en oupa dink.
LikeLike
Pracht verhaal, met plezier gelezen.
Vriendelijke groet,
LikeLike