Voor hy dood is het ek een ding geweet, sy kinders as sy alles.
Sy grootste trofee, sy hart se trots. Sy rots.
Sy eerste gedagte met sonopkoms en sy laaste gedagte op sy kussing.
Beide my broers is gesny op dieselfde skoenlees.
Lyk op ‘n druppel net soos hy.
Die oudste het dieselfde hare, spierwit en geil gegolf.
Hardegat, harstallig. Prakties.
Vroumense se broekrek skiet as hy hulle aandag gee.
Die jongste het sy besigheids vernuf.
Hy trek mense na hom – charismaties soos kers en mot.
Ek; ek het sy entreupeneurskap.
Sy sportlus. Sy stilligheid. Sy kunsstreep.
Hy het al drie kinners, stil – elke dag, iewers weet ek is hy met ons..
Klink of jou Pa n wonderlike man was.
LikeLiked by 1 person
Yip, baie anders, te verlig en wys vir sy era. Vinnige mouters, vrouens en lewe was sy einde, net 42 jaar. Maar darem ‘n prop-volgepakte lewe…
LikeLiked by 1 person
Wat n voorreg!
LikeLiked by 1 person
Ek was so simpel jonk (18-jaar) toe hy oorlede is (op 42-jaar). ‘n Tiener snuiter lank voor ek besef het hoe verganklik en snoep kort die lewe kan wees.
LikeLike
Ek was 19 toe my pa oorlede is, en ek mis hom nou nog…..
LikeLiked by 1 person
voëls van enerse vere
LikeLike
Pingback: God se woorde inskerp en daaroor praat | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten