Water orals

Tien-jaar se reën


Vir dae reeds reën dit onophoudellik- gemiddeld vyf ure se reën per dag. Die groot tien-jaar-se-reën is hier.

Elke tien-jaar reën dit hier in Akkra, soveel so; dat mense vir ‘n dekade later vir hulle kinders daarvan vertel. In die loop van ‘n paar dae is die totale reënval meer as twee jaar se gesamentlike reënval. Dis tien-jaar later en weer sulke tyd. Laas toe dit so was, het my nat wasgoed gemuf. My kinnertjies was soos groot honne in ‘n krat; opgeskeep met hulleself en wou net heeltyd uit!

Water wat vloed

Water wat vloed

Wanneer dit so woes reën, kan jy nie anders as om aan die Ark en Noag te dink nie. Wanneer jy sien hoe minibusse en vier-by-vier voertuie soos kurkproppies in waterslote afdryf, besef jy hoe sterk is water.

Mouters lê in slote

Mouters lê in slote

Noag moes sy storie geken het. Dae lank, aaneen, stort reën dit vanuit die hemel. Swaar wolke hang net bô die huisdak, verskemerde daglig en en emmersvol water orals. Die grondwatervlak is versadig. Water stroom bo-oor die stoepie tot teenaan die glasdeure, die voordeur se matjie dryf soos water by die voordeur instoot. My kat Misca lê op die hoogste stoelleuning en loer na buite. Waar gaan die voëls om droog te bly? Almal het tog nie waterdigte neste nie. Hoe maak die derduisende vrugtevlêrmuise as hulle nie elke aand kan wegvlie om vrugte boorde te gaan plunder nie?

Vlermuis se kind innie reën

Vlermuis se kind innie reën

Vrek hulle maar van honger of versuip hulle so onderstebo waar hulle in bome hang?

Die elende is orals op die nuus. Mense soek skuiling onder ‘n vulstasie se afdak en honderd plus siele ontkom in ‘n ernstige ontploffing.

Vulstasie se ontploffing

Vulstasie se ontploffing

Ons nuuslesers rapporteer van drenkelinge en eiendomskade.

Voertuie wat skuiling gaan soek het onder dak van 'n vulstasie

Voertuie wat skuiling gaan soek het onder dak van ‘n vulstasie

Die hele stad is sonder krag en diesel vir opwekkers is skaars soos hoendertanne. Akkra is gebou met Franse oop rioolslote wat met goeie reënval veronderstel is om oop te spoel. Die ligging van Akkra; plat langs die see – beplan vir vierhonderd-duisend-inwoners maar met meer as vier miljoen bewoners; se sommetjies werk nie. Iedere inwoner dra by tot die plastiek besoedeling probleem.

Gister het ek pannekoek gebak, maar dis nie dieselfde nie want die temperatuur kwik haak op twee-en-dertig vas. Reën of te nôt! Met een-honderd present humiditeit is dit beknop en plak-warm. Reënkyk is net soos vuur-kyk in die aand. Ons het diep-sit kampstoele staan gemaak op die stoep, en reën gekyk met rooiwyn innie hand. Te mooi. Vannaand maak ek vetkoek en kerrievulsel; en beplan reën-kyk.

In Namibië loop ek gereeld uit in die reën, staan sopnat, arms uitgestrek, gesig na bô, tong uit, en proe. Daarso proe vars reënwater na stof, soetwater met ‘n sout na-smaak.

Reën proe

Reën proe

Hier is dit heel anders, die reën is bedompig, ruik na brandskaap en proe soos droog bokkems en biltong sonder sout en lawwe asyn. In Namibië wag jy die reën in, vir dae lank bondel en pak die wolke saam – hier in Akkra is die geboue op ‘n knop ingeryg, jy hoor die reën lank voorday jy dit sien of ruik.

Die meeste skole is toe vandag. Mense sukkel om betyds by die werk te wees, daar’s orals waterstrome, padskade en bome oor die pad. Ek hoor kindertjies se uitgelate gille en gaan kyk wat aangaan. Hulle is kaalvoet, deurnat, malkop besig om rond te hol en speel in die straat voor ons huis – hulle voel sekerlik soos honne vasgevang in ‘n krat.

Deurnat kinners in die reën

Deurnat kinners in die reën

Die voëls gaan te kere asof hulle weet waar Noag se ark geparkeer is. Daar is ‘n vendusie van kraaie langs die watervoor – ‘n bok dryf in die watersloot, dik pens en pote in die lug. Dit reën nog – net sag, maar daai bok dryf fluks see se kant toe.

Advertisements

14 thoughts on “Tien-jaar se reën

  1. Toortsie

    Sjoe! So baie bly oor die reën, maar so bitter jammer oor die skade. Ai, so ‘n vloed kan soveel skade bring, Skade wat vir baie lank daarna nog ellende bring.

    Like

    Reply
  2. coetzee2014

    Hier by ons is dit ook nat. Gelukkig son, die laaste twee dae. Vir die mielieboere, effe te erg. Mielies moet gestroop word, maar die wat reeds droog is, loop in die koppe uit. Die weer is maar oral deurmekaar. Sterkte!

    Liked by 1 person

    Reply
  3. HesterLeyNel

    O jimmel, ek het in Namakwaland grootgeword (gemiddelde reënval 250mm per jaar, ook maar net as dit ‘n “goeie” jaar is). So baie water sal my histeries hê. Ek wens die stad en sy mense sterkte toe.

    Liked by 1 person

    Reply
  4. Xena Phoenix

    Dit laat my dink aan Bruce Lee: “Be like water making its way through cracks. Do not be assertive, but adjust to the object, and you shall find a way around or through it. If nothing within you stays rigid, outward things will disclose themselves.

    Empty your mind, be formless. Shapeless, like water. If you put water into a cup, it becomes the cup. You put water into a bottle and it becomes the bottle. You put it in a teapot, it becomes the teapot. Now, water can flow or it can crash. Be water, my friend.”

    Liked by 2 people

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Is diep. Letterlik. Jare terug het Laingsburg oorstroom en ander keer Mariental in Namibië. As jy eers skrik gevang het vir water -dan us dit nie altyd ‘n seëning nie. Dieselfde water wat een ou se eier hardkook – versag ‘n ander se aartappel. En iets wat niemand jou meëdeel nie is hoe suutjies water jou bekruip. En dan kliphard omsingel!

      Like

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s