Mangat se inval

Demmit-polisterien is belangrike goeters!


Hier in Ghana is my man soos elke ander ou wat werk toe gaan, druk besig. Hy is in vergaderings en gedurig weg met aller belangrike sakereise na vreemde plekke. ‘n Blink nuwerwetse streeppak Mr. Juppie besoek Akkra. By ‘n besigheidsete vertel hy hoe erg besig is hy en sy dokters vroutjie. Uit so misterieuse hoogte vra my met ‘n mondvol slaaiblare, wat doen ek heeldag? Dis maar min dat ek sonder woorde uitgevang word – maar daar sit ek met ‘n bek vol tanne. Sprakeloos. In een vraag is ek geweeg en te lig gevind. Praat van binnegoed uitpluk in ‘n arena. – daar bloed ek dood nog voordat ek die man kan antwoord; bestel hy nog ‘n koue waterbotteltjie en verander die geselskaplyn.

Bloed ek dood in die arena

Bloed ek dood in die arena

In die strokiesprente sien jy gereeld ‘n mannetjie in ‘n oop mangat inval. Ooit gewonder wat hulle inval? Nee, maar ek weet nou hoe daai mannetjie voel. Mangat-mannetjie voel soos daai polistereen snippers van delikate verpakking of die wit verpakking van ‘n Ma-se-grootte plat TV-skerm. Heeltyd doen jy jou ding waarvoor jy so delikaat met die hand geskape is. Demmit – polistereen is baie belangrike goeters! Manlief se wêreld versplinter nie. Kinders word geskool. Die huisgesin verhonger nie, almal se sosiale kalenders word in ag geneem en die lewe kap aan sonder ‘n hik. Dan vra vreemdeling jou of jy die waarde van ‘n stoffie beskik! Dis wanneer iemand die polistereen verpakking uit die boks uitpluk en sommer net so weggooi. Al wat bly staan en raakgesien word is die indrukwekkende plat fênsie TV skerm. Miskien is polistereen maar so lig innie broek. So waardeloos…

Polisterien

Polisterien – Is dit regtis so waardeloos?

Laat nag lê ek in my bed en omdop. Manlief weet nie watter sweisdraad om uit toets nie want Mammie is opgewerk met die hele ganse wêreld. Slaap is my nie gegun nie, ek droom van polistereen snippers wat dryf in Akkra se wateroorstromings. Dae lank loop my kop stadige dikwiel draaie innie sand met my. My man is met min woorde en baie wysheid geseën; hy dra tjoklits en goeie wyn aan. Had ek maar ‘n ander keuse – het ek beslis gewerk. Mense lieg nie as hulle reken die lewe is onregverdig nie. Om my is daar onderwyseresse, ‘n regsgeleerde, ‘n akte sekretaresse, ‘n projek bestuurder, ‘n labratorium tegnikus en hulle almal is ekspat-manlief se plus een. Werkspermitte vir ekspats is so skaars soos hoendertanne. Akkra se immigrasie deel net een per gesin uit. As ek die ding in woorde moet vasvang: is ek huidiglik maar net nog ‘n oulike Akkra-huisvrou met ‘n besige kalender en ‘n swartbeld in inkopie- en uitsnuffeltalent. Haha in woorde klink dit so wha-wha-woom! Ouma sou sê: “fênsie”.

Fênsie huisvrou

Fênsie huisvrou…

Intussen leun ons op vriendinne – met tennis- en kaartspel, koffiedrink en naaldwerkklasse. Ons snuffel vir winskopies en goeie kaas, vars groente en sappige vleissnitte. Poep en betaal is die ou “wet van Transvaal”. Maar verbeel jou ‘n skolerugbyspan vat ‘n Springbokspan aan, onregverdig né, wel, dis hoe inkopies hier in Akkra vergelyk met opsies in RSA. Mens moet netwerk en winskopies najaag. Naweke word daar oor en weer gebraai en potjies opgekook. Ons karring aan met gewone elke-dag se dinge. Feestelikheid is ‘n ding eie aan onse mense, selfs in Ghana soek ons net rede vir samesyn.

In poeierblou, streep en lint het ‘n hele bondel van ons saamgekom vir ‘n ooievaarstee. Vrouens het ge-ooh en ge-aah oor die mooie kleertjies en babastreepsokkies . Daar is nie veel verskil tussen hier en tuis se huisvrouens nie.

Hierdie week hoor ek Mr. Juppie is tuis van sy Akkra besoek, terug in Johannesburg, weer veilig en knus. Sy dokters-vroutjie is swanger met ‘n tweeling. Hy is ‘n reuse bevordering aangebied, in Nairobi, Kenya. Karma slaan soos ‘n blinde sambok. Nou gaan hy sommer eerstehands uitvind wat is die waarde van liggewig-polistereen.

Karma

Karma – jou gedienstige hond…

Advertisements

30 thoughts on “Demmit-polisterien is belangrike goeters!

  1. Marlize

    Polistirien is skokabsorbeerders, in hul afwesigheid kan hoeke maklik afbreek. Dit vul leë gaatjies en vou soos ‘n kombers om. Ook is dit deksels moeilik om op te suig as jy dit nie eers opsuig nie;)

    Liked by 1 person

    Reply
  2. Klip

    Die twee ou skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar.
    “Hei ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?” vra Koos.
    “Nee” sê Piet “ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het ‘n Meestersgraad in Letterkunde. Ons is baie aan kultuur gekoppel jy weet … My seun is ‘n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons ‘n kultuur-aand. Wat het jy met jou lewe gedoen Koos?”
    “Nee” sê Koos “ek was mos al op skool al ‘n bietjie bakleierig en het toe na skool maar ‘n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van ‘n promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle.”

    Liked by 3 people

    Reply
    1. toortsie

      Verdomp! 😦 Ek wonder of sy vroutjie gaan aanhou werk, tweeling en al?
      Ek is mos semi-huisvrou en moet alewig by chauvinistiese mans die verbasing hoor dat ek BETAAL word vir die admin wat ek 5 ure per dag doen vir die boerdery. Asof ek minderwaardig is. Asof die sekretaresse wat hul sou aanstel as ek dit nie gedoen het nie, verniet sou werk. 😦 Verdomp! Ek soek nog ‘n baie mooi anrwoord, een wat die vear tot ‘n stoffie sal laat krimp.

      Liked by 1 person

      Reply
      1. Daniël Bezuidenhout Post author

        Sy stront is vir hom uitgeknip. Ek kry ‘n beklemming om te dink hoeveel studieskuld, huisskuld, motorskuld hulle reeds het, en daar’s ‘n tweeling oppad. Sy sal nie in Kenya kan werk nie – al is daai kleingoed reeds in die arms van ‘n goed betaalde Nanny. Dae lank daarna kon ek nog nie oor die feit kom dat ek so on-waardig as mens gevoel het nie. My bydrae tot die samelewing is skielik direk aan ‘n bedrag geld gekoppel. Wat as daar ‘n kontantwaarde was vir kinders? Wat is die waarde van ‘n man wat nog nie kenz is nie, en kinders wat suksesvol ‘n bydrae kan maak tot die samelewing? Dis net reg dat jy MOET betaal word vir jou admin werk. Ha – dink aan wat ‘n ander persoon betaal sou word om dieselfde werk te moes doen! As ek so daaraan dink – as manne so fantasties op hulle eie was (ek sonder SY soort uit)- was daar mos geen rede vir die Here om HULP vir mans te maak nie 🙂

        Liked by 1 person

  3. Jackie

    Ek voel jou expat-vrou twyfel aan waarde.
    Maar…hoe sal die duur, grend goeters tog dag na dag op reise langs ver paaie behoue bly sonder die ligte,”nikswerd”,wit goetertjies?

    Liked by 1 person

    Reply
  4. duckingsciencebombs

    Mens se waarde hoort nie gekoppel te word aan wat jy doen nie, mens is, daarom het mens waarde.

    Ek dink baiekeer as ek so na die hooggeleerdes rondom my kyk dat hulle so behep is met dóén omdat hulle bang is hulle word vergeet. Maar jy word nooit vergeet as jy mense ráák nie, al is dit deur ‘n blog omdat mens so ver van die huis is 😉

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Netso. Woeps gemeet en te liggevind. Ek het my kinders deur hulle laaste skooljare ge-homeschool op die British Cambridge System. My vriendinne dink steeds ek het ‘n skroefie los iewers. Maar ek kan myself nie aan hom verwerdig nie. Ek sal lank nog mymer nie oor wat hy gesê het nie – maar oor hoe hy my laat voel het. Blegh, yuck…ga-sies. Wens ek kan dit net uit my gestel kry!

      Liked by 1 person

      Reply
  5. Searching For Ironman

    Ja so draai die wiel mos. Hy wat blindelings meet met ‘n ander maatstok en summier en neerhalend daarvolgens oordeel sal hopelik die waarde leer van die dinge wat werklik in die lewe saak maak, en miskien ook ‘n bietjie nederigheid daarby! Die lewe het ‘n manier om sulke mense te leer dat die wêreld nie om hulle draai nie! Maar ek sou my gruwelik vererg het as ek in dieselfde situasie was en die mannetjie met ‘n paar skerp woorde wou “cut down to size”, soveel te meer omdat hy nie eers regtig belang gestel het in jou antwoord nie.

    Liked by 1 person

    Reply
      1. Searching For Ironman

        Ek sukkel maar soms om my tong te byt, dit kom nie vanself nie! Ek moet maar daaraan werk en my filters gebruik, soos dit hier genoem word. Ek is gelukkig om saam met ander te werk wat baie soos ek is in daai opsig so ons ken en verstaan mekaar se gebrek aan filters en geniet die humor maar diplomaties wees is soms ‘n uitdaging vir my! Sterkte met die etes en die juppie mannetjie wat net in sy eie wêreld leef.

        Like

  6. Pingback: Ek dog ons is al lankal verby vrouevernedering | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  7. netjane

    Ek was skaars in Swede toe ek ‘n bankrekening wou oopmaak, long stay visum en person nr in die hand. Will you be working, vra die klerk. No, sê ek. Studying? Have your own business? Starting a business? Planning on starting a business? En so gaan sy meer en meer benoud deur die opsies. I’ll be staying at home, sê ek. Verward antwoord sy “but then you have no purpose”. Daai koue, grys, Nat dag in Mei maand in Stockholm Sal ek nooit vergeet nie. Jy’t ‘n moerse purpose in jou juis. Moenie dit onderskat nie.

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Netso! Jy gaan sekerlik sonder geld daai huishouding soos ‘n goed ge-oliede masjien ‘operate’. Ek moedig enige iemand om te probeer vlugkaartjies bespreek sonder ‘n kredietkaarr of debietkaart in jou eie naam! Ha… Sonder ‘purpose’. Daai bankklerk wat haar rekenaarjie se sleutelbord si aanslaan mornie neerkyk op ‘n moeder en huisvrou nie. Veral nooi vergeet só iemand het haar geleer hoe om ‘n lepel te gebruik!

      Like

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s