West African family in UK

Wys my jou ore…


Oumense weet hoe om goeters op te gaar. Toenterjare werk ek agter ‘n toonbank in die Britse paspoort afdeling in Akkra. Nou sien, Ghana was mos ook ‘n Britse Kolonie, en daai tyd het hulle honderde-der-duisende Wes-Afrika boorlinge geleerdheid gegee in Britanje. Heeltemal gratis en verniet. Hulle het mekaar gevind, oor die water, kinners by die dosyne gekry en deesdae staan daai kinners op strepe reg vir Britse paspoorte.

So beginner die ding weer van voor af, daai gratis leerdery oor die water en als.

Kinders wat daar in Engelland gebore was het name soos James, Arthur, Martin, John, Paul en Timothy gekry. Elke tweede meisiekind was Mary, Elizabeth of Anne genoem. Om ‘n Britse paspoort te kry is nie kinnerspeletjies nie, behalwe as hulle binne gemeenskap of op Britse grond gebore is.

Die eerste afskrikmiddel is ‘n verskriklike lang lys van dokumentasie en die tweede, is die prys van die paspoortaansoek. Boorlinge van Akkra skrik nie maklik nie. Hulle arriveer met ‘n soetkys vol geel-oor vlentertjies papiere. Elke ding op papier het waarde. Het dit nou ‘n lint strikkie of spatsel glittertjie by, is dit in sneespapier toegedraai. Bootkaartjies – ja daai tyd het hulle nog vir drie weke geskip oor die water.

Vandag arriveer hulle nog net so per skip in Italië– daars net geen bootkaartjies of plek in die Universiteit nie.

Hulle haal met trots, swart-en-wit kiekies uit; wys kindergesiggies in grootwiel stoot-prêms, toegewikkel in spierwit kant en wol. In party fotos staan piepklein Afrika kindertjies kniediep in spierwit sneeu – jy sien net ore. Sonder die traditionele sny-strepie-patrone op die wange. Gedwee vertel hulle van al die reeks inentings en stoot ‘n Kliniekgesondheidskaart onderdeur die koëlvasteglas. Dan is daar die doop gelukwensings kaartjies. Regte egte outydse geel geblykte twee-lyn-geplakte telegramme vanaf Akkra met doop gelukwensings.

As ‘n Britse geboorte bevestig is, moet mens net bevestig die nuwe jong studentekind voor jou, nog dieselfde Britse geboorteling is. Dis effe moeiliker gedaan as gesê. Alle aansoeke was nie so volledig nie. Sodra die nuut gegradueerdes na Wes Afrika terugkom het veel erger dinge hulle oorgekom. Sommige se rekordhouding het sporadies gevolg. Baie minder kiekies is geneem. Mense het nie meer bankboekies inskrywings gemaak nie. Meeste het gevoel al daai inentings was totaal oorbodig. Tradisionele dokters maak nie kliniekkaart inskrywings nie. Hulle het nog stringe kinders bygehad waarvan enkelinge- polio, Thyphoid, ontwatering, klinkhoes, Malari, waterpokkies, geelsug en skarlakenkoors oorleef het.

‘n Vrou in Wes Afrika het gemiddeld agt kinders waarvan twee of drie in daai tyd oorleef het. Hier en daar is ‘n skool rapport – met ander lokale kindername. Handgeskryf met reënwatermerke en mottegate gevreet. In Engelland moes hulle inpas met fênsie Ingelse name, maar hier in donker Afrika dra jou naam swaar betekenis. Meeste ouens weet nie wanneer hulle gebore is nie. Jy kry antwoord soos “in the rainy season”, of “after my third born sister…” Maar hierlangs het elke jaar het drie reën seisoene. Verjaarsdae word nie hier gevier nie. Net naam-gee-dag en groot opperste paartie as jy die dag in sooie toegeskoffel word.

Ons soek net ore op die kiekies.

As die kind hier voor jou staan kyk jy diep – na die ore. Sien die een ding wat van kindsbeen nooit ooit aan jou veel verander nie – is jou ore. En daardie wang snyseltjies word net gedoen deur die hoofman of stat se tradisionele dokters vir kinders jonger as twee jaar. Dit dui aan van watter stat of area jy afkomstig is. Hierso noem hulle dit ‘beautification’.

Ook maar net mens. Party prober enige truuk om ietsie soortvan verniet te kry. Die gevolg is dat menigte voornemende student ‘n paspoort geweier is omdat hulle totaal en al ander ore het as tydens geboorte, of splinternuwe mooimaak-wang-snysel-stepies het. Natuurlik was DNA toetse en tanne skanderings (om ouderdom te bepaal) ‘n opsie, maar hulle het maar minder as twee present het positiewe resultate gelewer.

Mense lieg, maar kiekies lieg nie.

Dis nou reeds gewoonte, wys my ‘n toentertyd-kiekie, en ek kyk jou ore; daai tyd en vandag….

Advertisements

9 thoughts on “Wys my jou ore…

  1. HesterLeyNel

    Sit ek nou kliphard en lag by myselwers drie-uur in die môre. Dis reg, ore is onveranderlik en die vorm word oorgeërf van een geslag na die ander: die eerste ding wat my seun van sy splinternuwe babadogter gesê het is: “Ma, sy het een ronde oor en een pixie-oor net soos ek.” En net soos sy oupa. Onmiskenbaar deel van die familie.

    Liked by 2 people

    Reply
  2. Klip

    Baie dankie vir die skrywe , ek het nog al die jare geglo daai merkies op die gesigte is as gevolg van hulle eerste probeerslag om met n vurk te eet.
    Ek is ook baie lankal terug vertel dat as jou ore laer as jou oe sit is jy SKELM.

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s