Hulle praat eenvoudig net te veel nonsense

Yak…yak…yak


Hier in Akkra het almal ‘n opinie oor als. Vergeet van sin maak – die een wat ‘n onderwerp die meeste kan uittorring is voor die handliggend die een wat ‘die meeste daarvan weet’!

Daar’s rooimiere in my holle. Ek weet net nie meer, hoe om te fake dat ek luister nie. Sy kop wieg en bons rond soos daai wieg hondjies in die agterkant van ‘n ou Valiant. Sy oë rek en vernou as beklemtoning van sy storie. Sy hele gesig is reeds ingeprent in my kop. Elke strepie en skakering van sy baard ken ek reeds. Sy ondertanne lê effe skuins links- koes seker vir die woordevloed. Ek forseer myself om ten minste in sy rigting te kyk. My oë dwaal links en regs verby hom. Die geraamde fotos en verfstrepe agter hom, verlei my aandagspan. ‘Haal hy ooit asem?’ wonder ek.

Hy’s skerp – as my oë glaserig word of as ek gaap, noem hy my naam; skerp – soos ‘n Engelse skoolonnie wanneer jy jou onklaar huiswerk moet voorlees.

Luister die man ever na homself? Bring enige tema op; iets ligsinnigs waarmee onse mense geselsies maak soos: die onderwys is nie wat dit voorheen was nie – en hy vat die aas en loop met hom soos ‘n tiervis wat aas steel. Hy state die obvious. Herhaal jou stelling tien keer oor en oor. Pluk ‘n naam iewers uit van een of ander bekende, staaf hoeveel geld en aansien daardie bekende het –vereenselwig homself in die bekende se klas of stand…yak-yak-yak. Niks het ‘n positiewe spin nie. Ander halfuur later het hy die hele ding uitgetorring – gedraai tot in sy kinderdae, bespikkel met sy vervloeë beroepslewe en vloer gemop met bure en familie.

Jy besef iemand moet net die onderwerp verander voordat jy helder oordag tannestokkies in jou oogballe peg net om nie van verveling te vrek nie. O-wee…moet net nie in die slaggat trap en saamstem of knik nie. Dis soos tweeloop twaalfrondtes haëlgeweer te laai en te gee vir iemand wat nie kan skiet of mik nie. In jou kop druk jy wattabolletjies in jou ore. Werk nie; nou sit ek en wonder hoeveel bolletjies kan in sy mond inpas, hoe vêr innie keelgat af voor die stem stil raak? Dis asof hy ‘n grammefoon ingesluk het, net ek weet nie hoe om die af-knoppie te druk nie.

Mens kan net soveel stront-praat verduur. Aanvanklik het ek asem opgehou om darem ‘n drie woord sinnetjie in te gooi as hy asem skep. Dis useless want hy’s in fast forward, double speed. Jou kans kom net nooit…

 

Mens is van tyd-tot-tyd in ‘n formele ete – ure lank met baie belangrike Mr So-en-so, en jy wonder hoe het hierdie ou ooit vrou of werk gekry. Jy spring op en gaan bestel koffie, gaan pie-pie, soek na die drywer, gaan laai jou foon, wegkomkans is daar nie, fake ‘n kramp (inni hol) –enige iets net om jou ore ruskans te gee.

‘Dink positief’ maan ek myself. Ek waag ‘n ‘counter attack’ en stem nie saam met al die negatiwiteit nie. Maak ‘n stelling soos “mense sal wel een of ander tyd leer uit hulle foute”.

Nee man, dis soos ‘n skêr gee vir ‘n driejarige om hare mee te knip. Hy loop begeesterd met hom soos ‘n Ousie-met-‘n-mop! Gee ‘n toneelspeler ‘n verhoog en hy blom, maar gee hom ‘n tragedie soos ‘n misleidende waarheid en hy word die hele Weskus se blomme seisoen!

Ek is sommer de-moer in vir myself dat ek myself in hierdie situasie bevind. Waar is die hele Sarie se rubriek-kopdokters as jy hulle nodig het? Die lig vang die Kristalligkandellaar en gooi reënboog spikkels op die tafeldoek. Nou neuk my konsentasie sommer van die stokkie af. My verbeelding loop hop-land-toe met diamante, feëtjie glitters, Rio de Janero…in my kop luister ek na my eie geselsskap…yak, yak, yak.

Hier is ‘n oulike youtube clip. As jy ENIGE Ghanaian iets vra sal hy/sy die antwoord opmaak. Daar en dan!  Maar die woorde ‘ek weet nie’ is blykbaar net beskore vir totale sotte. Mmmm dis ‘n ander ding as jy verdwaal is en pad vra…hulle sal lieg en bedrieg maar nooit erken hulle weet nie die pad nie…

Advertisements

30 thoughts on “Yak…yak…yak

  1. Christina B

    Lekker het ek nou gelag (uit simpatie want ek het myself ook al in soortgelyke situasies bevind). Dis erg genoeg as jy hulpeloos meegesleur word in daai gety van verbale diaree maar as dit boonop negatief is sê ek ook: stop hierdie bus, ek klim nou af! So het ek myself mos eendag lekker ongewild gemaak toe ek vir ‘n konstant negatiewe persoon gesê het dat ek geen simpatie het met die onderwerp van daai dag se kla nie want hulle het dit oor hulleself gebring. Ten minste was hulle stil vir ‘n rukkie!

    Like

    Reply
      1. Christina B

        Ja dis moeilik as ‘n mens jou mond moet snoer – ‘n kuns wat hierdie mense sekerlik kan aanleer! Die probleem is so baie keer dat hulle nie weet wat hulle nie weet nie, maar “ignorance is bliss” vir hulle.

        Liked by 1 person

  2. perdebytjie

    Sulke beterweters gee my ‘n kramp.My pa het altyd gesê dis beter om jou mond te hou en almal te laat dink jy weet niks nie,as om jou mond oop te maak en almal te laat hoor jy weet niks nie.Lekker gelag vir jou beskrywing!

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Hulle het dit ‘spot on’! Te kostellik as iemand die karakter en snaaksighede van ‘n volk raaksien en uittorring. Ek het ‘n hele string gunsteling kommediante en rubriek skrywers. Klip se humorsin en myne is in-lyn.

      Liked by 1 person

      Reply
  3. Rob Alberts

    Most of the Ghanaian people I know are from Kumassi Area and Ashanti.
    A lot of them are University educated.

    My former cleaning woman came from Accra and is Ewe.
    She is honest but not highly educated.

    Kind regards,

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Klip

      My cleaning lady came from a farm. She is very clever, very honest, and she gave me two kids in return for my kindness to marry her en let her sleep with the boss.By the way, she is still doing the cleaning…………..

      Liked by 1 person

      Reply
  4. Klip

    Pragtig vertel Daniel. Dit laat my ook aan baie gesprekke dink wat ek al gehad het………..

    XXXXXXX

    Ouma en kleinseun doen inkopies, by die kassier vererg ouma haar vir seun: “Diploma, gaan sit terug die lekkergoed en bring die suiker!!!”

    Verward kyk kassier na die ouma en vra: “ Is sy naam regtig Diploma??”
    “Ja,” sê ouma “ek het my dogter universiteit toe gestuur, en dit is waarmee sy teruggekom het!!!’

    Liked by 2 people

    Reply
  5. Klip

    Die man sit voor die TV en rugby kyk toe sy vrou hom vra om asseblief die ganglig reg te maak.
    Man : Ek gaan dit nie nou doen nie, ek kyk rugby. Wat staan in elk geval op my voorkop, Elecrical Repairs?
    Vrou : Nou sal jy dan asseblief die yskas se deur regmaak, dit val elke keer af as ek dit oopmaak?
    Man : Ek gaan dit nie nou doen nie, ek kyk rugby. Wat staan in elk geval op my voorkop, General Electric?
    Vrou : Nou sal jy dan asseblief die trap by die voordeur regmaak, aangesien iemand hul bene nog gaan breek op die los trap?
    Man : Ek gaan dit nie nou doen nie, ek kyk rugby. Wat staan in elk geval op my voorkop, Ace Hardware?
    Met die vererg die man hom vir sy vrou, klim in sy motor en ry kroeg toe om saam sy maters rugby te kyk in rus en vrede.
    Na ´n hele klompie bier en die rugby wedstryd iets van die verlede, begin die man se gewete hom pla dat hy so lelik met sy vrou was. Hy klim in sy motor en ry huistoe met die doel om alles nou reg te maak wat sy hom al hoe lank soebat.
    By die huis gekom, klim hy die trappe en sien die trap is reg gemaak. Toe hy die gang se lig aansit, werk dit 100%. Toe hy yskas toe loop om ´n bier uit te haal is selfs die yskasdeur reg gemaak.
    Hy loop na sy vrou wat op die stoep sit en vra hoe alles dan nou so reggekom het.
    Vrou : Nadat jy hier gery het, het ek op die stoep kom sit en huil omdat jy so lelik met my was. ´n Jong man het verby gestap en my gevra hoekom ek so huil. Ek het hom vertel van alles wat stukkend is en hoe lelik jy met my was. Hy het toe aangebied om alles vir my reg te maak. Ek het hom meegedeel dat ek nie geld het om hom te betaal nie. Hy het egter gesê ek moet net vir hom ´n koek bak of saam hom bed toe gaan.
    Man : En watse koek het jy toe vir hom gebak?
    Vrou : Wat staan in elk geval op my voorkop, Bakery?

    Liked by 2 people

    Reply
  6. Klip

    Een jaar koop ek vir my skoonma ‘n plot in die begraafplaas vir haar verjaarsdag…
    Die volgende jaar koop ek niks.
    Toe sy wil weet waar’s haar geskenk se ek: “Maar ma het dan nog nie eens laasjaar s’n gebruik nie.
    En toe baklei ons.

    My vrou en ek kyk “Who Wants To Be A Millionaire” in die bed.
    Ek draai na haar en vra: Wil jy Sex he?’
    Sy se nee.
    ‘Is daai jou “final answer?”‘
    Sy se ja.
    Toe se ek “Then I’d like to phone a friend.”
    En toe baklei ons.

    Ek vat my vrou Spur toe.
    Die waiter vra wat ek wil he.
    “Ek sal rump steak neem, rare, asseblief.”
    Hy vra of ek nie bang is vir mal koei nie.
    “Nee, sy kan self vir haar bestel wat sy wil he.”
    En toe baklei ons.

    By on hoërskoolreunie kyk my vrou kort kort vir ‘n dronk ou wat alleen by ‘n tafel sit en drink.
    Ken jy hom? vra ek
    “Ja”, sug sy
    “Hy’s my ou kerel. Hy het blykbaar begin drink net na ons uitmekaar is destyds en het nog nie weer ophou drink nie.”
    “Magtag” se ek, “Wie sou nou kon dink dat hy dit so lank sou vier?”
    En toe baklei ons.

    Toe ons grassnyer breek hou my vrou aan kerm en kla dat ek die ding moet laat regmaak. Maar ek is ‘n besige man en daar is net altyd belangriker goed om te doen. Soos rugby en krieket op die tellie. My boot wat moet reggemaak word. Visvang ens… Tot sy eendag slim word en probeer om haar punt te maak.
    Toe ek by die huis kom is sy besig om die gras met haar kombuissker te knip.
    Ek het lank na die poging staan en kyk. Toe gaan haal ek maar ‘n tandeborsel en se vir haar: “As jy klaar is kan jy sommer die oprit ook vee asseblief.”
    Die dokter se ek sal weer kan loop maar gaan ‘n permanente waggel in my stap he.

    My vrou sit langs my terwyl ek kanale wissel op die tellie.
    Sy vra: “Wat is op die TV?”
    Ek se: “Stof”
    En toe baklei ons.

    Saterdagoggend vroeg op. Wil gaan visvang maar toe ek uit die garage ry sous dit behoorlik. Ek sit die motorradio aan en hoor op die weervoorspelling dat dit heel naweek gaan storm.
    Ek sluip toe maar terug in die huis in. Kruip styf agter mammie se blad in en fluister: “Die weer is bitter sleg daarbuite.”
    “Ja,” antwoord sy, “en om te dink my simpel man het in die weer gaan visvang.”
    En toe baklei ons.

    My skimp dat sy iets blink, wat 0 tot 200 in 3 sekondes haal, vir ons huweliksherdenking wil he.
    Toe koop ek vir haar ‘n badkamerskaal.
    En toe baklei ons.

    Na aftrede wil ek gaan aansoek doen vir ouderdomspensioen.
    Ek vergeet my ID dokument by die huis. Die dametjie agter die toonbank is egter vriendelik en se ek moet my hemp oopknoop. Toe sy my grys borshare sien se sy dis genoeg bewys van my ouderdom en sy verwerk my aansoek.
    Ek vertel my vrou van die insident.
    Sy se: “Plaas jy jou broek ook losgeknoop het dan kon jy ongeskikheidstoelae ook gekry het.”
    En toe baklei ons.

    My vrou staan kaal voor die spieel. Sy hou nie van wat sy sien nie, “Ek is oud en vet en vol sellilite en plooie. Ek het ‘n kompliment nodig.” Smeek sy.
    “Toe antwoord ek: “Daar’s niks met jou oe verkeerd nie.”
    En toe baklei ons.

    Liked by 2 people

    Reply
  7. Klip

    Onderwysers aan graad 4 klas: “Geen ander lewende wese op aarde hakkel behalwe die mens nie.”
    Baie vinnig steek Koos sy hand op en met ‘n hewige kop geskud sê hy: “Nooit, juffrou is verkeerd, my katjie het ook gehakkel”.
    “Nou hoe so?” kom dit van die Juffrou want sy wou hom nie laat sleg voel voor die ander leerlinge nie.
    “Ja juffrou, hy het op die stoep geloop en onder die tafel het ou Boel gelê en hy het FFFF FFFF FFFF FFFF gesê en voor hy F** kon sê het Boel hom dood gebyt!

    Liked by 1 person

    Reply
  8. Klip

    Op ´n plattelandse dorp waar die inwoners hoofsaaklilk Afrikaans magtig is en gedurende ´n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
    Hy bespreek toe die probleem om ´n oplossing te vind met sy koster wat Engelssprekend is. Die koster gaan koop toe ´n groot bottel hoesstroop by die apteek.
    Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir die persoon ´n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna leeg.
    Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê het dat hy later vir ´n byna leë kerk moes preek.
    Die koster sê hy het net vir hulle gesê, “For cough”.

    Liked by 1 person

    Reply
  9. Klip

    Jannie het elke oggend met ´n blou oog by die skool aangekom. Die juffrou het vir hom gevra hoekom sy oog blou is. Jannie se response was: hulle bly in ´n klein huisie en hy en sy ma en sy pa slaap in een bed. Elke aand vra sy pa vir hom, “Jannie, slaap jy al?” dan sê Jannie: “Nee, pa.” en dan slaan die pa hom en gee hom ´n blou oog. Die Juffrou sê toe vir Jannie: “As jou pa jou weer vra, dan bly jy doodstil.” Die volgende dag het Jannie nie ´n blou oog nie, toe sê hy vir die Juffrou dat hy stil gebly het. Maar die dag daarna het Jannie weer ´n blou oog. Die juffrou vra toe vir Jannie: “Hoekom het jy dan weer ´n blouoog?” Hy vertel toe vir die Juffrou: Pa het gevra: “Jannie slaap jy?”, maar toe bly ek doodstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed. Toe vra pa vir ma: “Kom jy?” toe sê ma: “Ja… kom jy ook?” toe sê pa “ja”, toe sê ek: “Wag vir my, ek kom ook, ek wil net gou my slippertjies aantrek.”

    Liked by 1 person

    Reply
  10. Klip

    My Pa is so sterk, hy skeur n bladsy uit Facebook uit.
    My pa bel nie die verkeerde nommer nie, hy antwoord die verkeerde foon.
    My pa was al op Mars, dis hoekom daar geen lewe meer is nie.
    My pa kan jou verwurg met n cordless phone.
    Death had once a near dadexpierience.
    My dad can slam a revolving door.
    My dad doesn’t need a GPS, he decides where he is.
    Die skape op my pa se plaas, is dies wat vir ons staalwol gee.
    My pa kan Braille praat.
    As my pa ‘n boemerang gooi, durf dit nie terugkom nie.
    My pa sal nooit n hartaanval kry nie, sy hart sal nie waag om hom aan te val nie.
    My pa poep nie, niks ontsnap hom nie.
    My pa ka van n tiekkieboks af tweet.
    Toe Alexander Graham Bell die telefoon uitgevind het, was daar 3 missed calls van my pa af.
    Die Vredefort krater is nie deur n meteoriet gemaak nie, dit was toe my pa sy voet neergesit het.
    Wanneer my pa melk op sy rice crispies gooi, bly hulle doodstil.
    Die eerste ding wat my pa doen as hy by die Indiese oseaan uitkom, is om gou 2 lengtes te swem.

    Like

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s