Droomland - Sprokie Wêreld

So effe anders


Sodra mens geforseer word om stil te sit het jy skielik miere in jou holle.  Nou ja, as die wiele draai dan wil ek soos Malteeshond saamrits.

Die skok op my sisteem wanneer ons land in Dubai… Mapstieks die temperatuur kwik slaat vas op 28 en dis net voor 6am toe ons land. Ons is binne 10 minute deur die inmigrasie met bagasie en al! My swak hart wou bars. Ons in donker Afrika word mos toegesmoor in burokrasie en is nie gewoond aan sulke goed geoliede ratwerk nie!

Jyself moet in 4×4 vasskop in die Lexus taxi want daai ouens laat waai sodat die hitte nie kan vasvat op die mouter nie.

Ons hotel het 39 vloere en lyk so onopvallend soos ‘n dwerg puisie teen die ander hotelle óm ons wat meer as 100 vloere in hulle fondasies staan.
Dis 42 grade in die koelte op ons balkon. Op die strate zoep al wat ‘n plat sportsmouter is verby en doer op die water is een van daai jet ski ouens 50m bo die water in die lug.

Ek kan net sowel in droomland wees. Kan mens ooit hierdie horisonlyn gewoond raak?

Daar’s soveel keuses. Watter taxi, restaurant, hotel, inkopiesentrum en wat wil jy vandag doen?

Gisteraand 12uur om middernag het malkoppies ‘n myl gehardloop, want hulle kon. Dit gebeur al die laaste 29 dae hoor ek vanoggend.

Hoe lank bly mens hier voordat jy kriewel kry en pad moet vat?

  

Advertisements

45 thoughts on “So effe anders

  1. Christina B

    Ai hoe bring dit nou herinneringe terug. Ons het vir ‘n jaar daar gebly in 2004 en wat ‘n avontuur was dit nie. Ek dreig nou al vir ‘n tyd lank om daaroor te skryf. So baie het verander sedert ons daar was – die fondasies van die Burj Kaleefa (hoogste gebou) was nog nie eens klaar nie. Ek hoop jy geniet dit daar, net jammer dis die warmste tyd van die jaar en die humiditeit is super hoog so dis nie baie gemaklik om buite te wees nie.

    Like

    Reply
  2. Rob Alberts

    Dubai, een land met imposante gebouwen.
    Jammer begrijp ik dat er minder respect is voor de gastarbeiders?

    Het klimaat is voor mij te warm en droog.
    Ik zal het zelf nooit bezoeken.

    Vriendelijke groet,

    Like

    Reply
  3. Klip

    WOW wat n uitsig!!!. Kan ek net dink hoe al daai woestyn vlooie onder n kameel se stert moet koelte soek. Jy moet ook vir jou van daai wit rokke kry met die vadoek en tou vir n hoed. Wonder ek ook nog altyd wat dra die arabiere onder daai wit rok. Die vrouens dra mos sulke swart batman rokke?

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      In Quatar is hulle nog erg oor die rok gewade maar Dubai het in die laaste 8 jaar erg ver-Wester. Daars geen ‘dress code’ meer hier nie. Erge langbeen kort broeksies met toiings met Russiese speelpoppies daarin in die ‘Malls’. My oë pop uit van al die staar…mens kan niu hanne vashou in publiek. Net nie openlik staan en vry nie. Rook soos ‘n skoorsteen in oubliek is okei… Weird plek

      Like

      Reply
  4. Klip

    Kallie en Mike is in die woestyn en hulle het dringend ´n ryding nodig. By ´n oase kry hulle ´n Arabier wat kamele verkoop. Daar is net nog een kameel oor, ´n uitgeslape ou dier wat eenkant onder ´n boom staan en weier om water te drink. Hy weet as hy drink, moet hy ver loop. Kallie en Mike is verplig om maar te koop, maar nou moet hulle die kameel net so ver kry om water te drink. Mike het egter ´n plan.
    Ou Kallie, vat jy hom aan sy twee ore en sleep hom water toe en druk sy smoel in die poel. Ek gaan nou agter om en dan byt ek hom aan sy stert. Sodra hy seerkry gaan hy begin suig.
    Kallie maak so en toe die kameel se bek in die water is, slaan Mike sy tande in en byt. Die kameel skrik sy maag op daardie oomblik skoon onderstebo. Dit tref Mike van kop tot tone.
    Ou Kallie, skreeu hy daar van agter af, ou pel, lig sy bek so effens, ek dink hy suig nou net modder.

    Liked by 1 person

    Reply
  5. Klip

    Jimmy kom seker van Brakpan in Suid Afrika (verskoon die taalgebruik)……….

    Die man is in die woestyn, skoon bleek van die dors, hy kruip so van duin tot duin, moeg van die hitte, toe hy oor die laaste duin kom wat hy dink dalk sy laaste is sien hy ‘n oase.
    Snaaks genoeg is daar ‘n vulstasie, ‘n garage vir repairs en ‘n kameelhandelaar.
    Hy stap so skraal en moeg in die kameelhandelaar se plek in hy vra vir die Arabier agter die toonbank vir ‘n kameel, die Arabier verkoop toe ‘n special breed aan hom, die man vra toe vir die Arabier, “wat’s so special aan die een?” die Arabier sê “Hy kort net so bietjie motivering, maar niks erenstig nie, moet nie bekommer nie”.
    Hy vat toe die Kameel aan die luiband na die vulstasie, en vra “Het julle nie dalk water hier vir my en my spesiale kameel nie?”, die Arabier by die vulstasie lag so liggies en sê “Meneer die vulstasie het net water, hiers geen petrol of diesel hier nie”, hy vat toe die kameel, park hom voor die vulmasjien, haal die cap af op die “hump” maak hom prop vol, en hy’s reg om te gaan.
    Skaars oor die tweede duin begin die kameel te briek, die man vat hom aan die leiband, traai hom verder trek om net te gaan, en na so paar meter se harde werk en sweet, se hy “Waddefok?! Die kameel wil fokken nerens gaan nie!” hy trek hom toe terug, gaan in die kameelhandelaar se plek in en sê vir die kameelhandelaar, “Waddefok?! jy’t my ingedoen! die kameel wil fokken nerens gaan nie my broer!” die Arabier sê toe vir hom “Kalmeer meneer! ek’t U gese die kameel is ‘n special breed, ek’t jou ook gesê hy kort ‘n bietjie motivering, vat hom daar na die garage toe, daar’s ‘n mechanic met special talents wat gaan by die naam van Jimmy, gaan sien hom met jou kameel”.
    Hy vat toe die so-called special breed na die garage toe, en soek vir Jimmy, hy verduidelik vir Jimmy die hele storie, en Jimmy sê vir hom “Ai jai jaaai meneer!, trrrreeeK die fokken kameel oooorrrrr die PIT.” Hy trek toe die kameel oor die pit, en hy vra “Waddefok nou?”, Jimmy se “meneer watch my”, Jimmy vat 2 4pond hammers, en SLAAN daai twee cricket-ball “Einies” van die kameel so hard teen mekaar laat die kameel daar trek met ‘n stink spoed weg en oor die duine, die man vra vir Jimmy “WAT THE FOK DINK JY DOEN JY?!?! Hoe gaan ek die fokken ding nou kry?!” Jimmy lag en se “Kom en trrrreek oor die pit meneer”.

    Liked by 1 person

    Reply
  6. Klip

    A Priest was about to finish his tour of duty, and was leaving his
    Mission in the jungle where he has spent years teaching the natives when he realizes that the one thing he never taught them was how to speak English.

    So he takes the chief for a walk in the forest.
    He points to a tree and says to the chief, “This is a tree.”

    The chief looks at the tree and grunts, “Tree.”

    The Priest is pleased with the response.
    They walk a little further and he points to a rock and says, “This is a rock.”

    Hearing this, the chief looks and grunts, “Rock.”

    The Priest was really getting enthusiastic about the results when he
    hears a rustling in the bushes. As they peek over the top, he sees a couple of natives in the midst of heavy sexual activity.

    The Priest is really flustered and quickly responds, “Man riding a bike.”

    The chief looks at the couple briefly, pulls out his blowgun and kills them both..

    The Priest goes ballistic and yells at the chief that he has spent years
    teaching the tribe how to be civilized and be kind to each other, so how
    could he kill these people in cold blood that way?

    The chief replied,
    ‘MY BIKE’!

    ENJOY YOUR DAY and remember to keep off the roads when riding somebody else’s bicycle.

    Like

    Reply
  7. Klip

    Van der Merwe is in Frankryk om te kyk hoe die Bokke die Britte pak.
    Oopmond loop hy oral rond. So sien hy nie die brandkraan voor dit hom hard tussen die bene tref nie. Hy beland in die hospitaal.
    Dokter : “Meezter Va de Meerw we will have to remove your testicles.”
    Net daar raak Van der Merwe mal. Hy byt, skop en krap en gewapen met ‘n bedpan hou hy almal op ‘n afstand. Gelukkig is daar ‘n Suid-Afrikaanse dokter in die hospitaal en hulle kry hom om met Van der Merwe te kom praat.
    SA Dokter : “Hey Van, die ouens moet jou knaters uithaal jong.”
    Van ” “O, okay, nou hoekom sê hulle nie so nie, ek dog hulle wil my test tickets vat.”

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Guerdie hitte het een van 3 uitwerkings op mense. 1) drink soos ‘n vis en vertel jouself jy koel af 2)verlep en kry jouself jammer en haat als en almal om jou of 3) vang malkop girte aan en blameer die hitte se uitwerking op jou gestel. Rotsklim. Tennis. Flieks. Paartie. Inkopies. Skydive. Honnestap. Paartie. Eet. Braai. Salsa. Water taxi. Yoga. Daars net te veel om aan te vang en om heeltyd te noem dis te warm is ‘n simpel verskoning.

      Liked by 1 person

      Reply
      1. Daniël Bezuidenhout Post author

        😋 sjoe selfs die water is louwarm. Aardigheid van water uit die krane. Vanuit die kouewaterkrane vloei warm water. Warm genoeg vir stort. En die geyser se water word heeltemal afgeskakel sodat dit binneshuis kan afkoel as irmand lus het vir ‘n regte egte koue stort…

        Liked by 2 people

      2. Christina B

        Ons het ook ons geyser afgeskakel in die somer want die water uit die koue kraan was warm genoeg om mee te stort! Die water in die pype raak so warm daar omdat die pype blykbaar baie vlak onder die grond lê. En swem was nie so lekker in die middel van die somer in ‘n louwarm swembad of see nie. Gelukkig was die lugverkoeling baie effektief.

        Liked by 1 person

      3. Christina B

        Ek mis die gevoel van iets heeltemal anders as ons alledaagse lewe, dis seker ‘n kombinasie van die ander klimaat, kultuur en die feit dat ons net vir ‘n jaar daar was wat dit soos ‘n avontuur laat voel het. Ek is lief vir die woestyn en ek het daai deel geniet en ek het die markte vreeslik geniet, veral die Spice Souk en Blue Souk (lg is in Sharjah). As jy hou van materiaal en handig is met naaldwerk sal jy hou van die Textile Souk. Daar was so baie om te ontdek en ervaar!

        Liked by 1 person

      4. Daniël Bezuidenhout Post author

        Ons vermaak onsself met fênsie tee’s en ek was toe by die textielmark. Ek dog ek dood want daars net soveel verskeidenheid! Mooiste lap en kant en vere stringe gekoop. En met kaart betaal…nogals. En almal offer ‘n gratis water of koeldrank aan. Jy kon my met ‘n veer omtik.

        Liked by 1 person

      5. Christina B

        As jy tyd het gaan na die Blue Souk in Sharjah, jy behoort ‘n taxi tot daar te kan neem. Jy kan ure daar verwyl, dis alles onder dak en lugverkoel en daar is die interressantste snuisterye, pragtige Omani silwer juweliersware en “belly dancing” klere (ek het eenkeer iets daaroor geskryf: http://searchingforironman.com/2015/02/06/confessions-of-a-non-shopaholic/).

        Onthou om te onderhandel by die markte! Ons het eendag in die enste Blue Souk in ‘n winkeltjie ingeloop en die verkoopsman het ons aksent herken en ons baie trots in sy boek gewys dat hy ander SA kliënte het. Toe ons begin lag vra hy wat is dan so snaaks? (Daar was geskryf: “Moenie betaal wat hy vra nie. Begin (onderhandel) by die helfte van die prys wat hy vra.”) Ek sê toe maar vir hom dat daar geskryf staan dat hy ‘n baie goeie prys gee in sy winkel, toe is hy tevrede.

        Liked by 1 person

  8. Christina B

    Baie om te doen – “ou” goed om te ontdek soos die kultuur en markte (ek het die mooiste handdoeke en katoen tafeldoeke by die Camel Market gekoop waar die mense letterlik tussen kameelvoer en -bybehore met hulle naaimajsiene sit en werk het) en ook “nuwe” goed soos die “Palm”, die Burj Kaleefa (hoogste gebou in die wêreld), binnenshuise ski-“slope”, winkelsentrums en die lys gaan aan. Baie van die “nuwe” goed is eers voltooi na ons daar weg is so ek sal dit graag wil gaan kyk maar die “ou” goed was vir my die interressantste en ek mis dit.

    Die warm water was nogal ‘n ding – ek dink as die weer koeler was sou dit vir ons gewerk het om in die warm see te swem maar as dit so warm en bedompig is en jy soek afkoelplek was die see nie die antwoord nie. Die res van die jaar was dit lekker om te swem, net nie Julie/Augustus nie.

    Liked by 2 people

    Reply
  9. Klip

    Die juffroutjie vra haar klas uit oor hul ouers se eetgewoontes.
    Marie: “Juffrou, ons eet meestal saans ons hoofmaaltyd omdat albei my ouers werk.”
    Gert: “Ons eet in die middae want my ouers is onderwysers.”
    Jannie: “Juffrou, ons eet saan ons hoofete en daarna eet my pa ‘n kers.”
    Juffrou: “Hoe dan so, Jannie?”
    Jannie: “As ons gaan slaap, hoor ek my pa sê vir my ma: ‘Liefie blaas dood daai kers en gee my ‘n stukkie.'”

    Like

    Reply
  10. Klip

    Die skooljaar is weer in volle swang en dis Jannie se tweede dag op skool.
    Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis.
    Waarom is jy nou al terug?” vra sy ma.. “Die meneer en juffrou het gaan braai” vertel Jannie.
    “Gaan braai, op ‘n Dinsdag-oggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit?” vra sy ma.
    “Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huis toe want ek weet hoe lank vat ‘n braai!”

    Liked by 1 person

    Reply
  11. Klip

    Koos is ´n wonderlike minnaar, en vertel graag hoe meisies die wêreld deur swymel.
    Na die tyd sê die Franse mademoiselle: C’est magnifique!
    Die Engelse roos sê: Wonderful!
    Die Amerikaanse meisie sê: Fantastic!
    En die Afrikaanse meisie sê: So nou het jy seker al jou respek vir my verloor!.

    Like

    Reply
  12. Klip

    Koos aan sy vrou:
    “Skattie, ek het ‘n vriend genooi vir ete.”
    “Koos, is jy nou mal? Die huis lyk soos ‘n varkhok, hier is niks kos nie, al die skottelgoed is vuil en ek lyk verskriklik!”
    “Ek weet”
    “Nou hoekom nooi jy die man!”
    “Die arme drommel dink daaraan om te trou.”

    Like

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s