Internet foto van dogpictures.co

Gee pad, of vat pad, los net daai foun!


elke week ‘n ander tema van Toeka-Tokkel: Hierdie week gaat oor Bestuur

Op skool het ek my onverwags bevind in die debat-klub. Natuurlik was dit als die Afrikaanse juffrou se skuld dat ek tussen die klomp ‘nerds’ beland het.

Daai juffroutjie het eendag besluit ek het ‘n anderste mening toe ek protesteer oor al daai rooipenmerke wat sy so in my opstelboek krap. Ek was erg verontwaardig omdat sy nie wou toepas wat sy preek nie. Net die vorige dag vertel sy my dat Afrikaans bloedjonk is, ‘n lewende taal wat taalkundiges aanmoedig om ingekleur te worre met nuwe woorde in volksmond. Toe krap sy rooipen deur my woord ‘worre’ en trek dikstrepe en woeste pyle wat bokspring oor die blad. Dis toe waar ek haar nog ‘n mondvol gee – sommer so uit my eie mond.

rooi merkpen strepe

rooi merkpen strepe

Ek het mos bedoel om die sinne so aanmekaar to ‘skep’ en as dit my bedoeling was, kan sy mos nie my skryftaal so platkrap ‘om soos ander te skryf nie’! As my Pa daar naby was sou hy my gatvelle aan die brand geneuk het; kinders praat nie terug nie. Maar daai was koffie oestyd in Tzaneen en hy was doer vêr op die plaas, en ‘n E-merk was ook ‘n definitiewe brandgat. Ek is huistoe met ‘n ‘A’-vir-Afrikaans op daai rapport, en skielik het ek ‘n mening op als.

Debat-klub was ‘n georganiseerde knoeispul! Nerds wou die “Big Bang” teorie bespreek, maar daarvoor moes mens dik boeke moes deurwerk om nie soos ‘n idioot te klink nie. Die tema’s soos: mans is beter bestuurders as vrouens was brandlont onder ons. Al wat ek onthou is; die skoolhoof se slap mouterkar se langneuspunt was opgevrommel tot naby sy stuurwiel – die oggend van die groot seksistiese bestuur-debat. Die oujongnooi wat ingestaan het as debatsvoorsitter het geen bestuurslisensie besit nie, en ry toe al, dertien jaar haar Dutsin moutertjie skool toe; ongeluk vry.

Die “M” in die woord MANIAK en MAN en “M” vir mouterkar loop hand-aan-hand saam. Vrouens ry kinders rond en spandeer moontlik meer tyd in mouters, sodoende maak dit hulle waarskynlik veiliger bestuurders. ‘Beter’ is ‘n tameletjie van ‘n woord opsig self. Hoe verklaar ons die afwesigheid van vrouens in Formule-1 wedrenne? Beteken dit ons vrouens talm milli-sekondes te lank oor besluite agter ‘n stuurwiel, of dat twee ure se gejaag in sirkels nie ‘n meetstaf vir ‘beter bestuurder’ moet wees nie. Daai debat’s uitslag was ‘onbepaald’. Ons het toentertyd besluit om elkeen te hou by sy eie mening – ek is vandag nie so erg oortuig ek ry en parkeer baie beter as my man nie.

slegte parkeering

slegte parkeering

Hoe dit ookal sy, my Pa het my laat trekker ry, wa-sleep en Toyata bakkie opry, die oomblik wat ek oor die stuurwiel kon kyk. My lisensie het ek hoeka al ses maande gehad voordat hy saammet my in Pretoria se middestad wou saamry.

Vandag vertel my kinders met groot oë vir hulle maaitjies dat ek ‘n taxibestuurder in spits verkeer met ‘n moersleutel gaan aanvat het oor hy onverskillig voor my inja. Ek is die kalmte vanself in ‘n mouetrkar, as ons laat is, is dit maar net so. Vyf minute se laat kom gaat my nie twintig kilometer per uur laat vinniger ry nie. Tyd-steel is nie so ernstig soos diamant-steel nie. Maar boeta, as ek jou op jou foon sien stront aanjaag terwyl jy betuur, gaat jy my sien seine gooi, ligte gooi en in tale praat…

idioot op die foon - nbc.com

idioot op die foon – nbc.com

Vir jare het ek ‘n helder oranje ’74 Volla op Windhoek bestuur. Kalm en bedaard skoolkinners op en afgelaai, honne veearts toe gery en honne rondgery – sommer net met die vensters oop dat hulle windhap en ore-vlap. Verlede jaar verras my man toe mos vir Mammie en trek so sexy wit C-klas Mu’sadi Benz op die werf in. Net die mal-maltees mag saamry, Boerboel mag net oppie plaas bakkie en lorrie saamry, want sy hare bly orals agter.

Dis debatteerbaar of my bo-lip nou stink van grêndgeid, maar sjoe daai mouter is tog so gewillig. Mens kan mos ‘n ou Vollatjie koop en met ‘n vol tenk brandstof uitry vir die prys van een so blink-mouterdiens. Die spietkops het nooit gebodder met daai oranje Vollatjie nie – net so onder die boom bly sit – soos ridders van die skadubome. Nou as hulle daai plat wit slap mouter sien aankom – doen hulle moeite om op te staan en te mik met daai spoedkontrapsies. Ek bestuur nou erg versigtig want ek weet wat is die versekerings bybetaling van daai slap blink mouters.

Advertisements

20 thoughts on “Gee pad, of vat pad, los net daai foun!

  1. Klip

    My dollosgooier teken altyd agter sy naam, MB Chb ………… altyd gewonder, en toe sien ek watse mouters hy ry, MERCEDES BENZ en a Chev bakkie. Nou verstaan ek…..

    Liked by 1 person

    Reply
  2. Klip

    Ai die juffrouens darem!!!…………..

    Die juffrou vra: “Klas, sê vir my wat gee hoenders?”
    Marietjie antwoord: “Eiers juffrou”
    Nou wie kan vir my sê wat gee boerbokke?”
    Sannie sê “Bokmelk juffrou”
    “En wat gee ´n koei ons?”
    Jannie antwoord “Wiskunde en huiswerk juffrou

    Like

    Reply
      1. Klip

        Toortsie , ek het ongelukkig nie n blog nie. Het geregistreer by wordpress , en ek dink ek moet seker maar n blog begin, maar …..maar ….maar …..(en hoe dink ek nie nou aan verskonings nie). Nou nou kom die mense agter ek was rerig net sondagskool en toe verbetering skool toe.

        Liked by 1 person

  3. Klip

    Dit is die Engelse juffrou is eerste oggend in die klas op Porterville en sy sê “Good morning class”.
    Net een outjie spring op en sê “Good morning miss”.
    Juffrou vra hom hoekom dan net hy geantwoord het.
    Sê hy “Because I is the only one whose name are Klaas miss”.

    Like

    Reply
  4. Klip

    Jannie en sy maatjie, Bienkie, (albei 6 jaar oud) speel op die plaas in die Kalahari. Toe hulle naby die grensdraad kom, sien hulle ‘n groot BMW stop ‘n ent weg aan die ander kant van die grensdraad onder ‘n groot boom. Jannie en Bienkie hou die BMW dop, maar niemand klim uit nie.
    Na tien minute sê Jannie vir Bienkie: “Ek het nog nooit ‘n BMW gesien nie. Kom ons sluip nader en gaan kyk hoe dit lyk.” Versigtig klim hulle deur die grensdraad en sluip nader. Toe hulle naby kom, sien hulle dat hulle albei te klein is om by die venster in te loer.
    Jannie sê vir Bienkie: “Buk af dan staan ek op jou rug, dan sal ek mooi kan sien wat binne aangaan.”
    Bienkie stem in, buk af en Jannie klim op haar rug. Toe hy binne-in kyk, rek sy oe groot en hy spring af.
    Bienkie vra hom: “Wat is dit nou?”
    Jannie se vir haar: “Ja wragtag, dis NES my pa gesê het. Hulle is kaalgat, maar ‘n BMW moet hulle ry!”

    Liked by 1 person

    Reply
  5. scrapydo2.wordpress.com

    Lekker gesit en lees op n Sondagoggend hier in die vreemde. Mooi man, jy is n vrou so na my hart. Het self ook n volla gehad. Nou het ek n Nissan pulsar wat al ontelbare kilometers gery het, stampe het wat ek gelukkig nie gedoen het nie. Ry my honde kind aan en as daar n “mens” saamry wil hul weet of hul so vuil is omdat daar n handoek op sitplek is! (Mens weet mos nooit waar hul ook gesit het nie, ha ha) Dankie vir jou lekker bestuurstorie en deelneem aan Toeka-Tokklel.

    Like

    Reply
  6. Christina B

    My eerste kar was ook ‘n Volla (registrasie 1LYK iets iets iets nogal). My Pa het die Volla se enjin laat oordoen en toe moet ek die nuwe enjin eers stadig inry – niks vinniger as 80km/h op die snelweg nie. Daai Volla het geskud soos die groot trokke by my verbygekom het maar ek het net 80 gery! Ek raak net so beduiweld vir mense op hulle selfone terwyl hulle bestuur, waai arms en gaan te kere. Ek het lekker gelees, dankie.

    Liked by 1 person

    Reply
  7. Jacqueb

    Menere en Juffrouens kan tog sulke pestilensies wees. Thulanatjie wees versigtig vir daardie Merc se lekkerloop, stil, vinnigry. Die ding glip vreeslik maklik onder ‘n mens uit – veral net so aangesien bestuurkans in Accra vir ons vrouens min is en effe vinnigry op pragtige paaie nie bestaan nie.

    Like

    Reply
  8. Pingback: Toeka-Tokkel no 43 : BADTYD/WATER | I scrap 2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s