Hierdie is geen piepieplek nie

Ek slaat jou vrek!


https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/14/toeka-tokkel-no-43-badtydwater/ …oor water

Ons oorleef ons derde kontrak in Akkra, en vier jaar in Ghana het weer verby geglip. Hierdie plek is ‘n miernes van bedrywigheid. Daar woon immers vier miljoen mense in dieselfde stad as ek! Tans is hier is ‘n nuwe intrekker vanaf Holland in Akkra, ek is ougat en wys haar so effe die dorp. Nou beleef en sien ek, van voor af, weer die mense van Wes Afrika deur nuwe oë.

Dis ‘n erge skok as straatsmouse en taxi-drywers soos slange vir jou his om jou aandag te trek. Seker maar beter as om soos ‘n hond geroep te word met ‘n fluit. Natuurlik is dit baie effektief en mens leer dit gou-gou, self aan. Ek smaak dit dik, elke keer as ek ‘n kelner of lugtydverkoper van doer oorkant, nader roep met my slang-his. In Windhoek kan ek my kinders van anderkant die rugbyveld af, se aandag trek. Ek steur my nie aan snaakse kyke nie – maar die Koffie-moffies op die vlugte is ‘n ander storie. Boeta, hulle vermy die een wat dit waag om te his-roep, soos ‘n stopstraat; die hele vlug.

Hierdie mense vertel jou sommer so in die gesig jy’s vet!

Mooi van vetgeit

Mooi van vetgeit

Stadig oor die klippertjies, tel tot tien…hulle is nie gemeen nie, hulle reken ‘meer gesonde’ mense is welaf want natuurlik skiet jy nie te kort nie. My vriendin se graad twaalf kind is so honderd en vyf kilogram, en een-punt-agt-meter lank. Hy kan negentien wees, maar sy onderwyser raai hy’s seker vyf-en-dertig, want jy so ‘groot’.

Gee my geld…!” bakhand reeds onder jou neus ingedruk. Dis iets om aan gewoond te raak dat vreemdes en kinders sommer pront uit vir geld vra. Hierlangs ry ek die strate plat met my bergfiets. Nie een dag gaan verby, waar ‘n hekwag of skoonmaker, nie indringend vra – “gee my jou fiets” nie. Doer in die stokkies, in ‘n stat waar ons ‘n kliniek bou, neem ek gedurig fotos. Die (Chief) Groot Indoena skuifel nader en ek stel voor dat ek al die fotos vir hom sal aanstuur. “Dankie”, sê hy “dis goed so, maar eintlik soek ek ‘n nuwe selfoon”.

Onderwysers met min geduld en ligte hande

Onderwysers met min geduld en ligte hande

Ghanaians neuk die blou-waks uit hulle kinders. Sommer so plathand oor die kop of skouer, KARPLAKS! ‘n Stoute Ghanian-kind gaan jy nie sommer vind nie. Die wat wel in winkels aangaan is besoekers van elders. Ek reken hierdie kinders leer van pyn van kleins af, want kort-van-draad onderwysers het altyd ‘n kweperlat byderhand en deel karwats strepe uit oor ore, koppe en skouers. So klein soos vyf-jaar oud, jaag hulle mekaar rond met stokke en skree “ek slaat jou, ek maak jou vrek vandag!” Teen die tyd dat hulle skool verlaat is hulle almal bedees gedonner; kalm soos mak lamme wat praat in fluisterstemme.

Geen Ghanaian gaan ooit vir jou sê: “ek weet nie”. Dit vind jy uit as jy twee ouens op straat stop en rigting vra. Beide se arms skiet uit, skouerhoogte en dui twee verskillende rigtings aan. Niemand gebruik straatname nie, en taxidrywers loer vir jou in die tru-spieël na jou om te raai watterkant toe om af te draai. Voordat jy ingeklim het, het hulle manhaftig bevestig hulle weet presies hoeveel dit sal kos, nog voordat hulle vra waarheen jy oppad is.

Opgeroeste koets - maar laai ken hulle van

Opgeroeste koets – maar laai ken hulle van

Selfs as hulle die woord “nee” nie kan vermy nie, voeg hulle die woord “please” agteraan, by om die inslag daarvan te verminder.

Hierdie mense leef nog na aan die bos. Jy sit in die sitkamer met teekoppie-in-die hand, en kombuisfeëtjie kom ingefladder en verklaar: “I go to sheet”. Mans, dink ek wil net pronk want hulle staan skaamteloos – twee hanne en vashou; orals en water afslaan. In verkeer, op sypaadjies, in die mark, teen lamppale en monumente is kennisgewings wat smeek dat mans die krane moet toehou.

Hierdie is geen piepieplek nie

Hierdie is geen piepieplek nie

Witmense in die bos is nog altyd ‘n aardigheid. Kindertjies skree al ‘n honderd meter vêr:”Obruni, Obruni!” wat in Twi maar net beteken ‘besoeker van oor die horison’. Ek raak nooit moeg om te sien hoe almal om jou ‘n kêns raak, die oomblik as hulle jou sien nie. Hulle pak mieliepitte uit en klap handjies, en almal wil net een keer jou aanraak en weghol.

Obruni!!!! - skree hulle almal

Obruni!!!! – skree hulle hulle – en almal raak malkop

Nou leer ek die nuwe aantie om; haar hart effe te verhard, haar beursie toe te hou, nie te staar na die publieke ontbloting nie, en vriendelik te waai as iemand haar Obruni roep.

Advertisements

15 thoughts on “Ek slaat jou vrek!

  1. scrapydo2.wordpress.com

    Daardie aanraak en weghol het ek ook ondervind toe ek in die bos skoolgehou het. Veral die graad 1tjies was skoon bang om nader aan die wit juffrou te kom. Hul voel jou vel, jou hare en jou arms wat ook hare het! Hul het mos nie eintlik hare op arms en bene nie. Lekker avontuur wat jy hier vertel.

    Like

    Reply
  2. HesterLeyNel

    Die swart jongetjies swem meesal poedelkaal hier by ons en praat van pronk – ons gee ook nie om om te kyk nie, want die Zoeloes het mooi lywe! – hulle draai ook net so weg na die bos se kant toe en fluit wanneer nodig. Maar loop ek en my dogter verlede week terug van die strand af (daar is netjiese bospaadjies oopgekap en hulle word gereeld gehark) en hier reg in die middel van die paadjie sit ‘n jong wit outjie en vang ‘n bosk@k; lyk my hy reken toe ‘when in Rome, do like the Romans do’.. Staan ek toe reg voor hom en sê “Moenie worrie nie pêl, ek sal wag tot jy klaar is”. Dit vind ek effens af.

    Liked by 1 person

    Reply
  3. Daniël Bezuidenhout Post author

    Dit is af.
    Hectic, so kom ons ook eendag om die draai van ‘n baie groot rots gestap in die Visrivier, in die rotse, nou voetpaadjie…toe ‘n toeris-stapper sommer net so in die voetpaadjie ‘n ‘veltie vang’! Weet nou noggie wie het die grootste geskrik nie, maar ons kon nie vinning genoeg omdraai nie en sy kon nie ‘afknyp nie’. Kan vandag nog nie daai aaklige prentkie uit my kom uitvee nie…dis beslis af.
    Party goete moet eerder ‘privaat’ bly!

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s