Pannekoek vanaf Tsumeb…


 

 

Net hier neffens die Akwarium staan ‘n wit karavaantjie, Tsumeb-registrasie, soos ‘n tor wat bak in die sonnetjie. Warm pannekoek, kaneel en heuning hang dik in die seelug om ons. Dit ruik hemels, soos Kerkbasaar, maar strand langs.

Pannekoek uit Tsumem2

Hy is handig, vat hier los daar. Sy hanne ken die elke sentimeter van die binnekant van sy karavaan. Daar’s ‘n kalmte om die man – ‘n rustigheid in sy ritme.

“Tsjisk – tsjisk – tsjisk”, strooi hy kaneelsuiker, en vou dit toe in ‘n papierbordjie.

 

Ek vrek van nuuskierigheid, waar pas die Tsumebboer se wit karavaantjie hier langs die Akwarium op Swakop in?

 

“Veertig jaar lank het ek in Tsumeb doodgebrand” sê die man. Ek kyk waar hy bedrewe staan en twee pannekoekpanne flip.

 

Mens ken nie jou paadjie nie, maar hy’s vir jou uitgelê met ‘n lang slimplan.

 

Hy onthou nie wat het hom besiel nie? Hoe op dees aarde het hy daai hartseer karavaantjie onder ‘n doringboom raakgesien? Die dak het ingegee onder ‘n swaar afgebreekte tak; die reën en droogte het die karavaantjie se paneelwerk en verf verniel en afgetrek. Een duisend Namibiese dollar later, sleep hy die vaal dingetjie na sy werf toe. Hy droom van ‘n tydsame restorasie, miskien kan hy en Mammie eendag met die ding gaan uitkamp langs die koele water van die Okavango; en net miskien kan hulle Tsumeb se son ontvlug.

 

Oubaas daarbo het ‘n ander plan.

 

As die dood gulsig kom wegraap, klop armoede aan die weduwee se deur. Oornag sit sy vriend se weduwee sonder inkomste, en daar’s honger kinners wat nog moet skool. Die gedagte word soos saadpit hier in hom geplant. Die kalf is in die put; wit karavaantjie moet die weduwee se lewensbehoud word.

Laat nag plan hy, lig-dag meet hy. Restourasie loop volspoed. Dertig meter se aluminium plaat word by die sjinese wat sinkplaat buig, oorgekoop en ‘n nuwe boogvorm dak laat die karavaantjie se toekoms hoop gee. ‘n Kosstalletjie word beplan – Mammie help met die kombuis-ding se plan. Gasoond, yskas, ysie-masjien, warm pan vir hamburgers, paneelkassie vir voorraad en servette word ingebou.

 

Mens voel iemand slaat jou wind uit – Tsumeb se stadsraad weier sowaar ‘n smousliksensie! Tsumeb se stadsraad se fynskrif verklaar niemand mag blykbaar smous vanuit ‘n ding op wiele nie. Nou hoe nou gemaak? Weduwee word nou genoop on soos ‘n wafferse skelm haar brood te verdien. Die wit koswaentjie word van bakboord na stuurboord gesleep al oor Tsumeb. Maar die stadsraad en polisie verjaag haar telkens en dreig met ernstige boetes.

 

Sien jy, Oubaas daarbo, se hand?   Daai Kosstalletjie was toe ook nie vir die weduwee geplan nie. Noodweer druk, so vind weduwee haarself met een fantastiese badkamer opknapper’s oog. Soveel so; dat Tsumeb se mense haar kospotte volhou met aanvraag vir mooi badkamers, en sy die kinders geskool kry.

 

Tsumeb se boer, het ses maande gelede die wit karavaantjie na Swakop se koeler seelug getrek.

Swakop se koelseelug

Langs die see waar jy die golwe hoor breek, waar die seemeeue hang in die wind en hulle skree soos musiek klink. Swakop se munisipaliteit het niks drama met smousliksensie vir ‘n koswaentjie op wiele nie. Hulle verstaan van toeriste wat lus vir roomys en pannekoek, en voorsien selfs kragpunte waar jy jou yskasgoete kan inprop.

 

Besigheid loop mooi. Dis toeriste seisoen en mens moet skep. Tuis is ‘n hoenderbraaier wat veertig heel hoenders goudbruin toor, en Mammie bring vooraf gebraaide hoenders en ‘n grootemmer met nuwe pannekoekdeegmengsel.

 

Elke dan en wan kry die Tsumebboer ‘n asemskep kansie, dan sit hy in die koelte van die seildakkie in sy seilstoel. Bene uitgeskop, gesig in die seewind, en luister hy die seemeeue se skree.

 

Wie sou ooit die Grootbaas se lang plan kon raak raai? Na veertig jaar beland ‘n verbrande Tsumeb-boer, in die land van Kanaän. Hier in Swakopmund se seelugweer, voer hy ons met melk en heuning; pannekoek uit Tsumeb se vaal karavaantjie.

Tsumeb se pannekoek

Advertisements

13 thoughts on “Pannekoek vanaf Tsumeb…

      1. Rob Alberts

        We call it pancakes. Traditional filled with syrop and powder sugar or bacon. In touristic restaurants they will serve over 200 different sorts with everything.
        A nice one is with some sour apple.

        Enjoy!

        Kind regards,

        Liked by 1 person

  1. perdebytjie

    Ek is ook in Swakop..Strandstraat 38.hier voor ons huis is die geel bus op wiele..”Fork’nNice”…en verkoop hulle nou heerlike vis en skyfies,roomys en allerhande lekker goed!Swakop bó as dit kom by beheerde smousery…ook ‘n kragboks hier aangelê,’n dag voor die vakansieseisoen aangebreek het.Pad opgekap,kabel gelê,dadelik weer geteer en die hope klippe verwyder.
    Pragtig geskryf!

    Like

    Reply
      1. Daniël Bezuidenhout Post author

        Dina, ek het daai geel karavaan gaan opsoek. Mensig maar die tou was lank, toe ry ons maar aan na die Würstube. Mense het sulke ougat name: “Fork & Nice” tong inni kies, hand oor die mond 🙂 Net môre gaan ek weer verbyry en kyk of ek kan iets ‘naais’ koop by hulle! Tot wanneer bly julle?

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s