Nuwejaarsvoornemes…


Volgens Scrappy griffel ons oor Nuwejaarsvoornemes

 

Mense wat my ken, weet ek is die besige soort. Anderdag vra iemand vir my uit die bloute, “wat jaag my so”?

 

Dae lank het die antwoord my kop omgedop.

 

Toe slaat dit my! Op ses-en-veertig, het ek reeds my Pa met vyf jaar oorleef. Ek was maar ‘n jaar uit die skool to hy eendag in die fleur van sy lewe, op een-en-veertig omkap, mossiedood voordat hy die grond tref: hartaanval.

 

My Pa was ‘n interessante ou. Hy het vyf-uur elke oggend opgestaan, moerkoffie bekertjie in die hand gesit op die stoep en wag vir die son om op te kom. Hy het gesit en Bybel lees, in sy kamer of op die stoep. Lang stukke onderstreep en aantekeninge in die kantlyntjies in fynskrif gemaak. In die kombuis was sy eenvoudige potjie ‘puthu-pap’ op die stoofplaat aan die gang. Volgens hom het hy ‘n hele ekstra lewe gelewe, siende dat hy ten minste ‘n uur of drie vroeër as ander mense opgestaan het.

 

Ek het min erg aan verlepte nuwejaarsvoornemes soos gewig verloor, gesonder eet, minder stress – om maar aan ‘n paar floues te dink.

Screenshot 2016-01-11 20.44.34

My voornemes is goeters om te doen. Voordat my uurglas uitloop, moet ek nog baie beleef en sien en doen.

 

Elke jaar wil ek reis, na ‘n plek in Afrika, en een vêr weg. In 2016 wil ek swem in warm see-blou water, eilande rondom Portugal gaan sien, ook reis na Indonesië, Vietnam, miskien Mayanmar, en Australië as daar genoeg verlof tyd is.

 

In die Okawango Delta moet ek honderde olifante gaan beloer, en iewers op ‘n hout kanoe gaan roei op ‘n breë rivier – lekker laag in die koel water. Tiervis moet ek vang en ek het nog nooit probeer laslapwerk doen nie. Fotografie klasse wag op my, en dan is daar nog soveel mooi boeke en digbundels wat ek moet raaklees.

 

Ek wil ‘n olifant bad, in ‘n hangmat op ‘n tropiese eiland wieg, kaalvoet deur ‘n rysland stap, vuurvliegies vang in ‘n glasbottel vang. Daar’s ‘n kraamkliniek wat ek moet klaar bou aan die anderkant van die Voltameer in Ghana.

Screenshot 2016-01-11 20.48.38

My lysie van dinge om te doen is nog veel langer – kan hierdie jaar se plannetjies oorloop in volgende jaar, of tel dit nie?

Advertisements

13 thoughts on “Nuwejaarsvoornemes…

  1. Rob Alberts

    Mooie voornemens!
    Soms schrijf ik over Vietnam met haar bijzondere cultuur.
    Soms schrijf ik over Tanzania met haar mooie reismogelijkheden.

    Voor elk komend jaar is het goed om mooie plannen te maken.
    Het vooruit genieten geeft ook al plezier.

    Vrolijke groet,

    Like

    Reply
  2. scrapydo2.wordpress.com

    Sjoe maar jy is beslis nie n ou vir stilsit nie. Dis besonderse dinge wat jy in gedagte het. Hul sal beslis moet oorloop na die volgende jaar of jare. Tog moet n mens n doelpaal plant anders kom mens by niks uit nie. Dankie vir jou deelneem dit was nou lekker lees die.

    Liked by 1 person

    Reply
  3. HesterLeyNel

    Janee, jy sal ‘n kortlys moet opstel vir die volgende twee jaar of so, anders gaan jy jou bene afhardloop tot by jou knieë, maar ek sal ook nie maklik kan kies uit ‘n lys van sulke lekker voornemens nie. Laat waai!

    Liked by 1 person

    Reply
  4. Kameel

    Jy hoef nie volgende jaar oor Nuwejaarvoornemes te skryf nie….. hierdie gaan definitief moet oorloop na volgende jaar toe ook 🙂 Geniet…. en sterkte met dit wat jy wel gedoen gaan kry in die jaar. 🙂

    Liked by 1 person

    Reply
  5. Pingback: Toeka-Tokkel no 2: Vakansie – I scrap 2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s