Soen – heuning of seekat …


Volgens Toeka-tokkel 3 skryf ons oor Eerste Soen

Hier in Ghana is almal gretig om hande vas te hou, jong meisies en jong manne sommer so vriendskap ding.  Jammer maar ekke val nie oor my voete om soos in Rome te maak soos die Romeïne nie.  Maar publieke gevryery is defnitief taboe.

Wie onthou nie hulle eerste soen nie? Alles daarvan, die vlinders in die maag, die spoegstreep oor die wang, die doem-doem in jou borskas en die krul van jou kleintoontjies.

 

Dankie tog ek hoef nie neuse te vryf of voorkoppe vas te druk nie.

 

Op sy tyd en plek kan die endorfiene van ‘n soen my knieë laat wankel. Party het ‘n voorkeur vir snor-soene, ander vrek vir die krap vir ‘n baard, of die meegaande hand in die nek – wat ookal, dit bly lekker!

 

As my soene toets-lopies moes wees vir werksonderhoude, was ek lewenslank werkloos! (My man het ‘n heel ander opinie hieroor )

 

Ek is definitief iemand wat die volks-soengroet soos hondemis op die sypaadjie vermy. Miskien het ek net ‘n groter persoonlike sirkel om my, maar aanraking deur vreemdes laat my fisies gril … hoendervleis oor my hele lyf. Smaak my ‘n nat slang glip oor my pênsvelle.

 

Almal het iewers ‘n grillerige familielid wat drie treë se aanloop reeds lippe aflek, jy steek jou hand uit vir ‘n langafstand groet; dan gryp hulle die hand en pluk jou nader en seekat oor jou gesig. Yuck…yuck sies, ga, pure vampier.

 

Op skool was daar die vaal skooljuffrou; eendag in die weerkaatsing van die klaskamervenster sit sy lipstiffie aan voordat sy ons klaskamer instap – skielik kon jy nie anders as om te wonder hoe soen daai lippe nie.

 

Oe-oe en daar’s die kerktannies wat sulke stywelippie droog-soene soos vlindervlerkies pik op die lippe. “Hulle sluk jou blykbaar heel in as die lig afgaan”, het Jaco Wesstraat op skool altyd gesê!

 

Intussen het ek die kuns aangeleer om blitsvinnig die wang te draai en gou sommer reguit te sê – askuus, “ek is nie die soenerige- en druk-soort nie”. Meeste mense is so oordentlik oorbluf hulle vra onverskoning maar dit steek iewers vas in die brein. Ek is ‘n groot aanhanger van die ‘in-die-lug-verby-blaas-groet-soentjies’.

 

Onder my aller gunsteling soene, tel my kinders se taai en slaperige soene wat ek koester as goo-goo-gah-gah herinneringe. Hoog op my lys is my honde se natneus-soene vroeg oggend, sodat ek kan opstaan en met hulle gaan stap.  Tog is ek maar vieserig oor mense wat honde sommer so in die bek soen.

Screenshot 2016-01-24 22.08.48

 

Dis kostelik as bejaarde mense soentjies steel wanneer hulle piekniek en dink niemand sien hulle nie. Jong mense wat slurp aan mekaar en vroetel laat my wonder oor teater-lose long-oorplantings.

 

Filmsterre se wha-wa-whoom en byklanke word gegradeer volgens hulle silwerdoek-soene. Ek het ‘n baie skewe prentjie van Nicholas Cage in Face Off wat aandring daarop dat sy likewaantong gesuig moet word..Bleghhhhh, hoendervleis-grillerig.  Dink maar aan al die 007-spelers, sjoe van hulle was wit-warm. Ek weet darem nie of ek veel daarvan sal hou om so voor die hele wêreld iemand te soen nie.

 

In ‘n besige inkopiesentrum in Windhoek het ons, ons eendag verstaar aan jonges in ‘n soen-kompetisie.  Na ‘n ander halfuur is die wenners bekend gemaak – hulle was skoon uitasem en duislig.  Ek weet nie wie was meer verheug ons of hulle, of die beoordeelaars toe die kompetisie verby is nie.

Elke Woensdag gaan kyk ons ‘n Franse film (Engelse byskrifte) by die Franse Kultuur sentrum in Akkra. Gewoonlik is daar meer as ‘n handvol Ghanese studente wat in giggels skielik hulle rokke oor hulle koppe pluk en hande oor die oë slaan met elke driftige soen toneel. Ek noem nie eens die pandomonieum van skaamte uitbarsting, wanneer ‘n driftige vrysessie op die silwerdoek wys nie…

So ‘n soen-kompetisie sal nie sommer hierlangs in Ghana gebeur nie. Dis darem net te preuts en stram teen hulle kultuur.

Kliek hier vir ‘n visuele klassifikasie van verskillende soene…

Advertisements

31 thoughts on “Soen – heuning of seekat …

    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Hulle dra Afrika lap rokke, bo-oor die rok is ‘n extra lap wat om die lyf gedraai word. Die kopdoek pas ook gewoonlik by die roklap. Voorheen was 90% van al die vrouens in tradisionele laprokke, deesdae wikkel hulle in stywe jeans en croptoppies rond. Niemand hierlangs is gepla oor boep-hang-pênse nie. Hoe groter en ronder hoe gesonder…gaan loer hier hoe hulle tradisionele drag lyk…
      http://omgghana.com/top-5-ghanaian-tribes-constantly-mocked-stereotyped-behavior/

      Like

      Reply
      1. Daniël Bezuidenhout Post author

        Jy’s so reg Hester – dis net te warm. Miskien is dit om die laag stof effe van die lyf af te hou. Niks te make met geloof nie – (83% is Christenne) maar tradisioneel dra vrouens hierlangs rok en manne broek. En heita – Afrika skrik nie vir kleur nie.

        Liked by 1 person

    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      😂 voordat ek by die skryf uitgekom het, het ek eers soene gaan opkyk op You Tube. Ai-ai daar haak ek toe eers vas en kyk en kyk en gril en loer. Naaste wat ek aan ‘big brother’ se geloerdery was in ‘n langgg tyd ☺️

      Liked by 1 person

      Reply
  1. Klip

    Ek het lank terug die besluit gemaak die soen ding van familie en kennisse word maar eerder met n handruk vervang.
    Laat die woord “soen” nou so n klomp gedagtes in my kop rondhardloop. Ek soen geen man nie……..never ever……..

    As iemand jou wil soen en jy sien so n rooi koorsblaar ………

    Liked by 1 person

    Reply
  2. Klip

    Op n ligter noot …….

    Short Facts:

    Wife : “why are you home so early?”
    Hubby : “My boss said go to hell!”

    ◆◆◆◆◆

    Doctor : How’s your headache ?
    Patient : She’s out of town.

    ◆◆◆◆◆

    Marriage is like a public toilet .
    Those waiting outside are desperate to get in & those inside are desperate to come out.

    ◆◆◆◆◆

    Whisky is a brilliant invention.
    One double and you start feeling single again.

    ◆◆◆◆◆
    It is said that when a woman closes her eyes, she sees the person she love the most and when a man does that.
    The slide show begins.

    ◆◆◆◆◆

    Q – You know why women love shoes?
    A – Because no matter how much & whatever they eat, the shoes always fit..

    ◆◆◆◆◆

    Q – Why can’t Women Drive well?
    A – Because there are so many mirrors in a car to distract them..
    ◆◆◆◆◆

    Q – If a Woman is Quiet, which day is it?
    A – Who Cares, just Enjoy that Day..

    ◆◆◆◆◆

    There are 3 kinds of men in this world.
    Those who remain single and make wonders happen.
    Those who have girlfriends and see wonders happen.
    And those who get married and wonder what happened=))

    ◆◆◆◆◆

    Wives are magicians…………
    They can change anything into an argument

    ◆◆◆◆◆
    Women live a Better, Longer & Peaceful Life, as compared to men.
    WHY???? A very INTELLIGENT man replied: Women don’t have wives!

    ◆◆◆◆◆◆◆◆◆

    Liked by 1 person

    Reply
  3. Pingback: Toeka-Tokkel 4: Eerste orrel – regstelling – I scrap 2

  4. Pingback: a Kiss – honey or octopus… | Nam Dolla in Ghana

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s