Kekkelbek is tjoepstil.


In opdrag van Toeka-tokkel skryf ons oor  EERSTE troeteldier of stokperdje.

 

Miskien het dit begin met  wandelroetes doen – maar ek is oor die kop geslaan met stap. Moet ons nie maar iets oor en oor doen as dit die eerste keer lekker was nie?  My fiksheidhorlosie trek rooi strepe as ek nie by tien duisend treë per dag uitkom nie.

In 2000, net nadat ons wye-oog, die grootskrik van die Mellinium oorleef het; sê David Thomas ons moet almal saam iets fenominaal aanvang. Sy voorstel was ons moet Kilimanjaro gaan uitklouter. Sien, as jy dit so flussies weer herhaal, klink dit mos soos duiwejag in die koppie agter die plaashuis.  Lekker sports totdat my Pa sê : ‘als wat vrekgemaak word op my werf moet opgeët word’!

David het sy huiswerk gedoen en ons met Wild Frontiers bespreek.  Mens moet definitief GROOT gaan en ‘n goeie toergids-firma gebruik.  Hulle het in voorbereiding vir ons ‘n lys-van-benodighede gestuur.  Baie daarvan het ons reeds gehad, maaar goete soos wolsokkies en lang-ou-omie onderklere het ek nie gehad nie.

Gou het ons besef dis ‘n duur spulletjie. Daar is mooi bedink en beplan oor die lang lys, en dis baie geld om te mors op vlugte, visas, inspuitings, toerusting en kiekies.  As ons nie oop-oog die ding ernstig aanpak nie sal ons kop onderstebo- stert-tussen-die-bene moes erken: ons was nie voorbereid nie.

Maart-maand is ons terug na RSA met ‘n langggg inkopielys in die hand. Cape Union Mart rol vandag nog die rooimat uit as die Bezuidenhouts instap.  Vooraf het ons besluit om heeltemal by die lysie te hou. Anders as ek, is my Vrystaat-man is nogals oulik met lysies en  begrotings.  Die pryswenner in ons sakke was Metro se pakke van 10x Mars-bars en 10x Tex-sjokkelade (om maar ‘n paar te noem).

Duur goete soos ‘n minus-tien-grade-gaansveer- slaapsak (wat ek net eenkeer in my lewe sou gebruik) kon ons by die toer-firma baie redelik huur.  Lekker stapskoene en ‘n oordentlikke liggewig rugsak was erg belangrik.

Natuurlik wou ons lekker eet, lig dra, en onsself soos fikse varke gedra en heelbô uitklouter.  Vandaar het ons gereeld gym toe gegaan en hard geoefen…en gelees oor die berg en gedroom oor nuwe hoogtes.

Ons was ‘n groep van nege wat die vyf-dag Machame-roete angedurf het.

Screenshot 2016-02-01 20.55.46

Die aand voordat ons finaal opstap het ek amper my klossie afgevries.  Sowaar was dit die eerste keer in my lewe dat ek in so koue plek geslaap het.  Aaklig, te koud om selfs ‘n draai te loop. Nêrens om weg te kruip en op te warm nie.  Ons waterbottels se inhoud was als vasgevries.  My Vrystaat-man het in die middernag ure op pad na die bergpiek ‘n halfuur lank gekou aan ‘n muis-happie gevriesde  Bar One.

Daar besef my Vrystaat-man dat my hele persoonlikheid verander in erge koue weer.  Kekkelbek is skielik tjoepstil.  Al wat my laat beter voel is my fles sjerrie wat ons saamgedra het.  Die stap was stil, soms vervelend lank, saai en somtyds baie taai. Kort-kort het ek my man gevra: “Hoekom doen ons dit?” Dan antwoord hy droog: “Want die berg is daar…

Kyk – dis prentjie mooi.  Laat ek jou vertel daar is ys en sneeu op die ewenaar.  Pragtig. Dit gaan nie oor fiksheid soveel as oor vasbyt nie.  Dis immers ‘n ‘op-stap berg’ en dit help om stap-fiks te wees.  Wanneer jy op die rand van die krater kop, moet jy so twee kilometer verder aanstap om tot heelbo of die hoogste punt van die rand te kom. Jy wil die Goue Sertifikaat verdien wat uitbasuin Uhuru Peak en jou naam lê langs mekaar.

Screenshot 2016-02-01 20.55.15

Groot manne het soos eerstegraadjies gehuil en geweier om die laaste twee kilometer tot op die hoogste kruin te stap.  Ou Tannies het fluit-fluit verby geskuifel, die mooiste sonopkoms gekyk en kiekies geneem by die vlaggies in die wind.

Al nege in ons groep het dit gemaak tot heelbo.  Dan “donner” jy af teen die berg, keer om te veel spoed te vang en jou nek te breek.  Vandaar stap jy deur ‘n salige koel reënwoud, seer voete pla nie meer nie.  Moegheid roof jou sintuie daarvan, om die woud behoorlik te waardeer. Mens is maar nes ‘n perd wat die stalle ruik en hier nader aan die einde, huppel en hop jy hehoorlik oor die eindstreep.

Daardie eerste stort in ons drie-ster hotel was hemels. Net daar en dan; die einste stort het ons die volgende staproete gesit en beplan.

Kilimanjaro was ons eerste vêr stap en hoogklim, maar die lekkerste was beslis die vier-en-tagtig-kilometer Visrivier.  So lekker dat ons dit reeds drie keer voltooi het.  Elke keer as ander vriende saam stap verander die dinamiek en herinneringe.

 

Na die eerste keer, is stap beslis iets wat ek oor en oor wil doen.

 

lees hierso van my gunsteling Kaalkop wat ook die berg aangedurf het…hy sê: “ek sal dit nooit weer doen nie!” en…”ek val neer soos ou poeding”…

Advertisements

13 thoughts on “Kekkelbek is tjoepstil.

  1. ekmyselff

    Ek het lekker gelees en ek lig my hoed, maar daai berg klim is nou NIE vir my nie, ek sal dit nooit doen nie en het geen behoefte nie. Daar is nie fout met jou nie EN ook nie met my nie 🙂 Ek is netnie gebou vir iets wat my in rou dompel nie…. dan vermy ek dit liewer, want ek KAN.
    Tog ek van stap en ook van die natuur en het wel ook al n staproete gedoen, nogal n erge een…. jy moet mooi loop, ek kom lees weer.

    Liked by 1 person

    Reply
  2. HesterLeyNel

    Ja nee, ek loop ook maar liewer hier op plat Moeder Aarde rond en ek weier om koud te kry. Jy is ‘n brawe vrou om sommer bergop te stoom, maar nou het ek darem die kans gekry om die avontuur deur middel van jou vertelling te geniet.

    Like

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Dankie Hester, ek het daai skrywe oor en oor gedoen. Daar is sommer nog boekdele wat ek oor daai berg en ons stappery kon skrywe, maar mens moet ander mense se gevoelens in ag neem. Almal beleef dit mos anders. Dan lees my man…en dan redigeer ek weer. Dan lees hy weer en beskreek ons dit. Hy voel sterker oor die moeilikheid daarvan as ekke. Mens moet voornemende klimmers nou nie ‘af’ sit nie, sê my man…ek het dit so geniet. Paar weird-ouens saammet ons en om ons gewees. Vyftien-jaar later onthou ek dit soos gister.

      Liked by 1 person

      Reply
  3. Rob Alberts

    Een stappenteller gebruik ik niet.
    Ik klim dan ook niet naar grote hoogtes.
    Mijn slaapkamer op de eerste verdieping is lekker warm en hoog genoeg.
    Het wandelen is bij mij vooral fietsen geworden.
    En op mijn fiets maak ik een aantal kilometers per dag.

    Gezonde groet,

    Liked by 1 person

    Reply
      1. Rob Alberts

        Wat is er gevaarlijk?
        Heb je een slechte fiets?
        Zijn de wegen slecht?

        Een collega fietste ooit een rondje Ghana in haar zomervakantie.
        Haar enige probleem was een beschadigde fiets bij aankomst in Ghana.
        Gelukkig vond zij een garage waar zij haar konden helpen.

        Vriendelijke groet,

        Like

  4. Rob Alberts

    Mijn collega startte vanaf Accra.
    Haar mooie verhalen gingen vooral over het landelijke Ghana.
    Maar als ik naar jouw filmpje kijk zou ik mij ook goed bedenken voordat ik op mijn fiets zou stappen.

    Vriendelijke groet,

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s