Tuisdorp- noú of voorheen of eendag?


In opdrag van Toeka-tokkel no 6: tuisdorp

 

Wanneer mense my vra waar’s kom ek vandaan, vra ek eerder “noú of voorheen of eendag?”

 

My Ma sê ek’s op Evander in die hospitaal gebore, toe hulle nog op Standerton op ‘n familieplaas, Beginsel gewoon het.  Dept. van Binnelandse sake het my onlangs ‘n volledige geboortesertifikaat gegee wat beweer ek is in Germiston gebore. Ek reken my Ma was daar in persoon en die klerk van Binnelandsesake nie, so ek vertrou my Ma se weergawe.

 

Ek onthou as kleuter het ons in Empangeni gewoon, en daarnaas iewers in Zululand naby ‘n spoorweghuisie met ‘n lang plaaspad skooltoe.

 

In standerd twee was ek in Kameeldrift op skool in Pretoria. Dit was reeds my derde skool waarin ek soos ‘n spook gekom en gegaan het. Ons het in die middel van die termyn – in die middel van die jaar vanaf ‘n plaasskool op Bultfontein naby Molotto na die stad getrek.

In hierdie Pretoriaskool moes jy skooluniform en skoene dra – elke dag. My Ma het sopas vir my die oulikste skool sakkie gemaak van ‘n ou denimbroek wat jy oor jou stoel se ruglening trek en al jou skoolboeke en kryte in die sakke pak. My stoelsakkie was uniek, my Ma my heldin want sy het in Chekkers splinternuwe kryte en potlode gekoop vir die sakkie. Mev Moolman die skool juffrou was kwaai en sy het nie geduld dat enige kind van ‘n ander leen nie. Nou was dit vakansie en ek moes ‘n hele drie weke droom oor hoe ek teken en inkleur met daardie nuwe kryte.

 

Daai jare was my Pa ‘n moterverkoopsman by Toyota, Pretoria. Ek was ontroosbaar toe ons plotselings oppak en binne die bestek van ‘n paar dae sak en pak land in Warmbad. Vir weke wou ek weet, ‘wie gebruik nou my nuwe potlote en kryte?’ My Pa was nog steeds Pretoria se beste mouterkar verkoopsman. Hy ons net oor naweke kom besoek – elke keer ‘n blinker en groter of platter mouterkar as voorheen. Aanvanklik het ons op die dorp gewoon langs my Ouma Henna. My Ma het by die dorp se Biblioteek gewerk en ek kon elke middag na hartelus wegraak in die storieboeke – platpêns op die mat van die Biblioteek. Met my Pa se alewige hunker vir plaaslewe en perde en ‘n geplantery, trek ons na ‘n plaashuisie digby ‘n Bloekombos vol bye. (Sien my vorige skrywe oor die bye in daardie Bloekombos) My wilde streke het net beginne mak raak toe trek ons terug na Pretoria – hierdie keer Capitalpark se, van Heerdenstraat. Weer in ‘n nuwe skool Genl. Jacques Pienaar, en ‘n  leefhuis net straat af van die skool.Screenshot 2016-03-08 15.43.47.png

 

Daarnaas is ek Hoërskool Langenhoven toe, oorkant Pretoria se Dieretuin, maar binne ‘n jaar het hulle my geskors vir my harstalligheid en streke. Screenshot 2016-03-08 15.49.43.pngAtletiekrekords en hokkiespelery het my in Hoërskool Waterkloof ingewikkel, en vir die volgende vier jaar was Pretoria my tuisdorp. My Pa; die alewige boer en spoelgoud-delwer, se plaas op Witrivier en Tsaneen was my naweek en vakansiedorp.

 

Na skool het ek op NKP in Pretoria aangebly om onderwys te swot, voordat ek in ’98 saammet my ougat Vrystaatman na donker Afrika verhuis het.

 

Alhoewel ek in baie dorpe reeds gewoon het, reken ek dat Pretoria se Jakarandas, bont herfsblare en donderstorms my tuisdorp is.

 

Die stad waar ek naas Pretoria die langste gewoon het was in Lagos – Nigerië, maar in September hierdie jaar, sal ek ‘n inwoner van Akkra-Ghana, wees wat weer vir Lagos uitstof. Akkra sal nooit my tuisdorp word nie.

 

Intussen het ons grond gekoop in Windhoek en dis waar ek myself sien stoepsit eendag. Dis my eendag vorentoe se tuisdorp.

 

Advertisements

16 thoughts on “Tuisdorp- noú of voorheen of eendag?

  1. Klip

    Die toeriste kom in Hluhluwe aan in Zoeloeland en kan nie besluit oor hoe om die naam uit te spreek nie. Na ´n groot debat besluit hulle om maar iets te gaan eet. Hulle kom toe in die restaurant aan en besluit om die kelnerin te vra: “Ag sal jy asseblief so gaaf wees om ons te vertel hoe mens julle plekkie se naam uitspreek?” “Ja seker” is die kelnerin se antwoord, “´n Mens spreek dit so uit: Sspuuurr!”

    Liked by 1 person

    Reply
  2. scrapydo2.wordpress.com

    Dis baie mooi geskryf. Ek kon lekker saam kuier. My seun is in Evander gebore, ek self het grootgeword in en om Pretoria(Selfs halwe jaar in ou Langenhoven skool skool gegaan voor ons Lytlton toe en daarna Voortrekkerhoogte toe is) Warmbad ken ek ook. Daardie ver lande ken ek gladnie en lees maar wat jy vertel van hulle. Dankie vir jou tuisdorp/e bydrae. Waardeer dit baie hoor.

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      En so is dit dan…inderdaad ‘n piep klein wêreld, maar ek wil hom nie verf nie! Anderdag skryf ek oor my Langenhoven dae. .. Sjoe ek is so agter met al my skryfwerk huiswerk. Snaaks genoeg elke keer as ek so ‘donker’ skryf gaan al my hits en raaklees deur die dak!

      Liked by 1 person

      Reply
  3. Christina B

    Ek het lekker gelees, dankie. Ek het na een laerskool en een hoërskool gegaan, ek kan my nie indink hoe dit moes wees om so baie keer nuut aan te pas nie. Ek sou net so hartseer gewees het oor my kryte as ek jy was.

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s