Marsmannetjies op die brein


Ek neem deel aan: SHARE YOUR WORLD – 2016 WEEK 2 Dis natuurlik in Engels maar ons kan dit mos omdop in Afrikaans.

 

Glo jy aan die bestaan van ruimtewesens en lewe op ander planete?

Nee, nada, daai spulletjie is te dik vir ‘n daler.  My man is gek na al die films oor ruimtewesens en is beslis ‘n “Trekkie” maar my verbeelding is maar beknop en reik nie so vêr nie.

Screenshot 2016-03-09 23.06.39.png

Ek sukkel om die ding gesluk te kry.  Miskien het ek die Dikboek net te naby aan die hart, en glo ek eenvoudig net daar’s nie so iets moontlik nie.  Verstommend hoeveel mense beweer dat marsmannejies hulle ontvoer en wille dinge met hulle aangevang het. Ja sure! Gmfffff.  Waar’s daai ontvoerders as die taksman by my deur kom aanklop?  Hulle moet hulle lippe aflek en die stront proe wat hulle praat – of die slim twakkies vir eers laat staan.  Verklaar dan hoekom is daar soveel meer van daai ontvoerings in Amerika as in Japan?  Eniger dag  reken die gemiddelde Japanees is meer weird as elke ander Amerikaner – maar dis net my opinie.  Japanese is hopeloos te behep met ‘Animė‘ en Lotus blommetjies.  Dan begin ek nie eens met hulle utvindsels en medisyne nie…

Ja, ek glo dat Amstrong wel op die Maan rondgestap het, en dat dit nie ‘n Amerikaanse tv oë verblindery was nie.  Nee ek dink nie die ‘buitenstewesens’ het vir ons rits-gits (velcro) kom deel nie.  Natuurlik kan ek nie verklaar waar die “marsmannetjies” vandaan gekom wat die Amerikaners in groot geheimhouding vir meer veertig jaar ‘bestudeer’ het nie.   Maar daar word elke dag natuurfratse soos hoenders met twee koppe gebore…so ek sit dit maar net dáár doer buite…

Oor lewe op ander planete verloor ek nie veel slaap nie. Miskien steek ek kop soos ‘n volsruis in die sand oor die ding, maar ek kan myself nie, in my leeftyd, sien in ‘n plastiekborrel klim en veertig jaar reis om die rooi planeet se ‘water’ te drink nie. Nee dankie – daar is soveel plekke in hierdie Wêreld wat ek nog wil gaan bekyk, dat ek na Mars en Saturn in die tydskrifte by die tandaarts sal loer.

Buite op ‘n kampbedjie onder die sterre, is hoe ek die sterre en planete wil beleef.

 

In hoeveel plekke het jy al gewoon? Kan jy deel in hoeveel huise/dorpe of stede het jy al gewoon?

Die wat my ken weet iemand moet my voete een of andertyd afkap sodat my onrustige reis dwang tot rus kan kom.

Ek het deur dertien skole geskool voordat ek gaan swot het.  Nee – dit was nie ‘n dom ding nie – eks op sestien klaar geskool.  My Pa was ‘n boer en motorverkoopsman.  Ons het meer rondgetrek as Army-mense. Twee en twintig keer getrek voordat ek in ’98, met my man, uit RSA  is.

Mens se plan is mos al in Moederskoot vir jou uitgeplan.  Al daardie rondgetrekery was net voorbereiding op wat nog moes kom.

Daarnaas het ons soos kleilatgooi oor en weer oor Afrika getrek agter my man se werk aan. Nog ‘n stuks van sestien keer verhuis vandat ons getroud is.

Deesdae verhuis ek nie meer met huisraad opgeboks in skeepshouers nie. Nee wat, ek verkoop als, en trek met ‘n klere tas, ‘n skootrekenaar en ‘n paar kiekies.  Als wat ek  nodig sal kry, sal ek in die volgende land of dorp weer uitsnuffel en aankoop.  Sekerlik help dit dat ek geen stukkie materialisme of sentiment heg aan aardse goete nie.

 

Sou jy 22 miljoen (enige geld denominasie) gegee word, wat is die eertse ding wat jy sal doen?

Skandes maak. Ek nooi almal om saam te kom partytjie!  As mens erg malkop raak moet jy beslis seker maak almal is ewe skuldig in jou pret.  Miskien sal ek soos ‘n Rockstar voel, oh Griet…sê nou net ek verbeel my ek’s Robert Mugabe…of Donald Trump?  Nee gônna Piet, skrap daai idee.

Dan moet ek eerder my naam verander en die grootste deel Mulah diep in ‘n slim belegging wegbêre en vir ten minste die eerste jaar al om en óm die Wêreld gaan reis. Miskien sal mens na baie baie maande die idee van malkop geld gewoond raak?  En dan sommer weer om en óm die Wêreld gaan reis.

En dan – seker dan het almal wat bakhand staan seker amper van jou vergeet?  Maar dit sal sekerlik nie vir altyd genoeg wees nie. Mens sal spandeer en uitdeel.  Mens sal dit nie slim genoeg spandeer nie, en eendag blaai mens weer koerante deur en sal sekerlik moet uitspring en gaan werk…

 

Jou nog nooit lys: Wat is die dinge wat jy nog nooit gedoen het nie? Of die dinge wat jy nooit sal doen nie?

Nog nooit gewaag om van ‘n brug af, te reksprong nie.  Nie dat ek hoogtevrees het nie, ek’s sekerlik net te banggat!  Miskien sal ek nog skandes maak voor die sprong en als en almal van banggeit be-plas!  Daar is net te veel goete wat ek nog wil aanvang – sê nou die jongklomp knoop die rekke verkeerd of bind my nie styf genoeg vas nie. Dan hop ek sekerlik soos ‘n rubberbol doer onder rond, en dan? Wat as ek my stem wegskrik, vir altyd, of oornag spierwit grys word. Nee wat, ek sal maar net kyk.

Screenshot 2016-03-09 23.03.53.png

Nooit sal ek op ‘n realiteidsprogram toelaat dat harige spinnekoppe oor my loop. Defnitief sal ek vir geen geld ‘n happie van ‘n spinnekop vat nie – yuck, ga-sies!  Slange vrees ek nie maar oor harige spinnejakels voel ek nie myself nie.  Net te veel bene.  Oggg julle moet die rooi of deurskynende Roman spinnekoppe in Namibiē sien!

Hand-grootte, hulle hol nie, maar het so manier om soos ‘n tolbos re rol, binne-in die vuur.  Screenshot 2016-03-09 23.49.08.pngEn as jy badkamer toe sluip met ‘n lanternlig, lig die twee voorpote op soos antennae, en die blêrrie goed kan spring.  Dis my dood….

Kyk; my hart trek met ‘n punt na Windhoek, maar daai goed weet ek wag my in, selfs die huiskatte en boerboel is katvoet vir daardie spinnejakels.  ‘n Kollega van my, het eendag gesê hy’s seker daarvan die spinnekoppe kom agter my stem aan. Ek dink hopeloos te veel daaraan.

Ek sal beslis nie kaalgat voor kammeras wil parradeer nie. (Pun intended). My boud-dimpel wil niemand bekyk nie.  Daar is net nie genoeg geld in hierdie Wêreld wat my soos ‘n dikgevrete Eva op ‘Naked and Afraid‘ programme sal verskyn nie.

Haaie reken ek, sal my lekker sappig vind.  Ek het na Jaws nog nooit weer na haaie of die see dieselfde gekyk nie. Haaie lyk net altyd honger met glas ogies en dan reken ek hulle is baie vinniger as ek  die water.  So ek bly op die land en laat hulle in vrede in die see.   Sal nooit oorweeg om in ‘n hok in water soos lokaas te sit, en kokkodille of haaie te terg nie.

Screenshot 2016-03-09 23.01.50.png

Foto van : scubaverse.com

 

Bonus vraag: Wat van verlede week is jy dankbaar voor? In die komende week, waarna sien jy uit?

Verlede week: Ek is dankbaar vir vriendinne se kuier met ‘n goeie dosis humor.  Natuurlik vertel ek hulle nie gereeld genoeg hoe hulle my absolute behoud is nie.  Alhoewel ek oor die algemeen vrolik van geaardheid is, is ek blykbaar vriendelik maar neem dit lank om ‘vriende’ te wees.  Miskien skryf ek makliker as wat ek diep dinge gesels – en ek neem waar. So onderlangs beloer en beluister ek fyn na als en almal om my…

Screenshot 2016-03-09 22.44.23.png

Waarna sien ek uit: Ons beplan ‘n wegglip -iewers rêrig eksoties; maar moet eers die visas uitgesorteer kry.  Ek het mos nou ‘n nuwe paspoort – lekker uitgehonger vir nat doanne stempels…

 

Advertisements

8 thoughts on “Marsmannetjies op die brein

  1. HesterLeyNel

    Ag hoe lekker kuier ek nou hier op jou blog op hierdie misrabele nat Maandag. Dir vrolik my sommer op om te weet daar is nog mense wat die gaande is oor maanmannetjies en rekspronge nie. Ek is lief vir spinnekoppe, maar net op fotos, nie in my huis nie.

    Liked by 1 person

    Reply
  2. Rob Alberts

    Marsmannetjes zie ik zelfs niet in mijn dromen rondlopen.

    Ook ik wil niet meer verhuizen met al mijn spulletjes.
    Een wereldreis weet ik nog niet.
    Maar al dat geld komt mij toch niet toewaaien ….

    Vrolijke groet,

    Like

    Reply
  3. scrapydo2.wordpress.com

    Dit was nou n lekker kuier hier by jou! Ek dink ek kort nou n ekstra koppie tee! Ek was nooit rerig geinteresseerd in marsmanne nie. Nie eers vandag se sience fiction raak my nie! Daardie Roman spinnekoppe ken ek ook. Hul het mens altyd gejaag- eintlik was hul op soek na jou skaduwee om jou te vang! Ons het n lang ent grondpad geloop na skool en in die somer het hul altyd ons voorgelê.Grillerig, beslis!

    Liked by 1 person

    Reply
  4. perdebytjie

    Neewat…marsmannetjies is pure fiksie!
    Ek lief spinnekoppe,maar ‘n roman is darem ‘n gedierte van ‘n ander kleur…juis toe ons in Namibië se wildernis was,het een bo-oor my gehardloop.Ek het opgespring en amper die tafel met lampe en kos,omgegooi!Die manne het vreeslik vir my gelag..gmff!

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s