Haas-en-hond


Ek kry hoenderswak elke keer as iemand my vra:” waar kom jy vandaan”?

 

Wat bedoel hulle? Waar; soos in vanoggend toe ek my deur toetrek, of die land waar ek laaste gewoon het, waar ek residensie het, of waar ek gebore is? My laaste drie-en-twintig-jaar se Afrika-rondtrek het my gevou en gevorm tot net hier in Akkra waar ek huidiglik woon. Ek weet, in my hart is ek Namibiës met Oros koeldrank, Jägermeister, biltong, skaapstertjie, pofadder en Windhoekbier iewers onder my dak.

 

Iemand het my die ander dag vertel hy’s gebore in ‘n kruiwa in die saagmeule waar sy Pa gewerk het. Dis mos nou ‘n ding wat tel. En hoe het sy lewe uitgedraai met so misterieuse begin? Vandag is hy ‘n ondergrondse myner in Rustenburg wat hou van visvang en blokkiesraaisels.

 

Doer in die destydse Oos Transvaal, is ‘n goudmyndorp, Evander – waar ek gebore is. Die spoegseltjie dorp is vernoem na Evelyn, die vrou van doeityd se  Distriks Administreerder – mense wat iets beginne het soos ‘n dorp en myn waar daar destyds niks was nie. In die Nuwe Suid-Afrika is Evander vandag geleë in Mpumalanga, in die Gert Sibande distrik, uitgedeel aan die Govan Mbeki munisipaliteit. Gert Sibande is vernoem omdat hy óók toegesluit is met Mandela. Volgens Wikipedia het Gert deel gehad aan die Aartappel–boikot.  Govan Mbeki het reeds ‘n mediese universiteits gebou in Glasgow vernoem na hom, en hy was ook President Thabo Mbeki se pa. Ek is nooit toegesluit met niemand nie – so my kans op vernoeming is zero.  Niks van my geboorteplek was opwindend nie, ek is daar weg voordat ek tanne gekry het. Daarna trek ek in 1993, as drie-en-twintig-jarige, weg na donker Afrika.

Screenshot 2016-05-11 09.51.39.png

Soos haas-en-hond, trek ons vir die volgende drie-en-twintig jaar, vir werk, orals-oor. Mmmm net miskien is Namibië onse Kanaän…  Ons weet hoe om binne tien dae, ingeburger te wees in ‘n ander land. Adverteer al jou wêreldsbesittings op sosiale media, gooi weg en deel die res uit. Reël ‘n ‘koebaai’ braai en kuier die drankkabinet leeg. Bondel die res in wieletjie reistasse, weeg-in net-net onder die gewigslimiet, wissel Amerikaanse geldeenheid, leer ‘n paar woorde in die nuwe taal, slaap en dut in lughawens terwyl jy wag vir konneksievlugte. Slaap ten spyte van muskiete in bedompige warm nagte op vreemde beddens, snuffel na bekostigbare eetplekke, kry ‘n werkende ATM, open ‘n nuwe bankrekening, soek bekende bestanddele, doen inkopies, toor een-pot-kos, koop basiese meubels soos banke en beddens…oor en oor; dis alles reeds gedoen.

 

Deesdae gesels ek gemaklik in meer as een taal in dieselfde geselskap. In die lokale mark groet en kibbel ek in Twi, ek weet almal in Afrika is nie noodwendig grypsugtig nie. Hierdie is rêrig leeuwêreld en gereeld bevind ek myself in ongemaklike situasies. Ek mis altyd my eie mense, ons troeteldiere, my Ma se huis en die normaliteit van ‘hoe dinge eintlik werk’ in my eie land. Alles is later aanvaarbaar en anders – solank ek nie elke dag met een of ander geloofsgeneser of aspirant politikus hoef te deel nie.

 

Wyse mense weet jy kan so ietsie by almal leer – nou probeer ek oopkop bly. Ons hou ‘n Jägermeistertjie byderhand vir die ‘hoenderswak’…

Advertisements

14 thoughts on “Haas-en-hond

    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Tannie Frannie – ek blameer die blokkiesraaisels! Daar is sulke vreemde woorde – donkernag lê hulle en toor met my, ligdag moet ek iets aanvang met hulle. Anders glip hulle weg en onthou ek hulle nooit weer nie…

      Liked by 1 person

      Reply
      1. Daniël Bezuidenhout Post author

        Ha-ha lekker giggel ek nou. Mense van Nam reken hulle praat: Nam-lish…’n mengsel van Afrikaans, gepeper met lokale Afrika sê-goed, en ‘n spatseltjie Engels…of sleeptong. Waat ookal die geleentheid verlang. 🙂

        Liked by 1 person

  1. ekmyselff

    Altyd vir my lekker om van jou te hoor, jou doen en late. Skies ek het ook al baie uitgevra oor waar jy nou eintlik vandaan is… 😉 Ek hou van my “goetertjies” weti of ek so sal kan oppak, verkoop, aanland en net kan bly nie, alhoewel ek n baie aanpasbaar en gemaklike mens is, dalk sal ek kan, wie weet.

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Dankie – Moenie stress nie, vra is vry. Ek stem 100% saam. Deesdae vind ek myself meer en meer ‘aangetrokke tot my eie’ goetertjies’. Ek deel maklik uit, en soek dan ‘n ander k@kkie om die gaping te vul. Dan deel ek weer uit, snuffel weer… Dit word defnitief makliker elkekeer.

      Liked by 1 person

      Reply
  2. monicahaddad01

    Oe nou voel ek goed oor die dapper vir blokkiesraaisels, Voel altyd skuldig as ek so vir ure met my nuus in die blokkiesraaisel boeke sit……..en as jy nie so rond getrek het nie het ons nou nie hierdie lieflike woord van hoenderswak geleer nie 🙂

    Liked by 1 person

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      😎 Blokkiesraaisels is soos spoke rondjaag. Het my moedeloos verby by tye. Maar dit vergelyk nie die meer moedelooste gevoel as mens wel ‘n rêgtige hoender in die hok het met slapnek en bene wat uitskop soos ysskaats newbie…

      Liked by 1 person

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s