2016 Waar lees jy lekker? Thulana se keuse


Baie dankie Toortsie vir die raaklees, en benoeming!

 

Hierdie is ‘n blogspeletjie wat ten doel het om ons blogs, verkieslike Afrikaanse blogs, ‘n bietjie blootstelling te gee.

Hoe dit werk:

  1. Dis totaal vrywillig. Jy hoef net deel te neem as jy regtig wil.
  2. Dit sal baie lekker wees as jy deelneem.
  3. Word jy benoem? Hartlik geluk! Dit beteken iemand lees graag by jou!
  4. Noem jou bloginskrywing: 2016 Waar lees jy lekker? (jou naam) se keuse.
  5. Bedank die persoon wat jou benoem het en tag die bloginskrywing waarin jy benoem is. (Omdat soveel mense vra: Kliek op bloginskrywing se opskrif, kleur die URL in, regskliek, copy; Dan in jou beheerpaneel waar jy die bloginskrywing skryf, kleur die woord in wat verwys na die persoon wat jou benoem het, regskliek en paste.)
  6. Herhaal die eerste sin in hierdie bloginskrywing, asook die reëls, sodat die volgende persoon ook weet waaroor dit gaan.
  7. Benoem 3 tot 5 bloggers/blogs waar jy graag lees en sê ook hoekom jy graag daar lees. Onthou om elkeen op dieselfde manier te tag. Kliek op ‘n bloginskrywing, kleur URL in …
  8. Jy mag iemand benoem wat alreeds benoem is, maar veral nuwe name is ook altyd welkom.

So waar lees ek graag? Ek lees op so baie plekke en was nog nooit goed met lysies maak nie, so ek benoem graag ‘n paar bloggers waaraan ek op hierdie oomblik dink, in geen spesifieke volgorde nie:

Blikkiesvis – Hier lees ek visvangstories met ‘n twist. Die grote wat weggekom het, die langpad daarheen, die nat en koud en verlang huistoe – alles kan ek mee aanklank vind!

Perdebytjie – Wat skryf oor rondreis in Namibië, met die mooiste fotos. Wat waarneem en diep raakvat met woorde wat die meeste van ons misslaan…en lief is vir grond en nat reēn en goggas en nat olifante en kampstof.

DieWitHasie – As ek die dag effe af is, dan trek ek hierdie hasie nader. Altyd ‘n giggel iewers in soms serious onderwerpe. Sy vat vas en sê ‘n ding sodat dit met mening vasslaan op die borsbeen, dan pluk sy die fopspeen uit en spoeg dit met ‘n sierlike flippen boog!  Ek vat haar net soos sy skryf, uit die hart met die pen.

Imke Rust – Landsgenoot wat met ‘n groot talent inslag maak waar ander soos slak sit en bêkhou.  Sy maak ‘n verskil, is alom bekende kunstenaar, beeldhouer, skilder, natuurliefhebber, natuurkunstenaar (die enigste ene wat ek van weet). By haar gaan loer ek in – altyd inspirerend as ek voel so vaal soos karton is sy soos  vuurwerke!

Rondomtaliedraai – Altyd my lekkerste inloer blog waar ek lank sit en giggel oor Vrydag se inkopies!  Altyd ietsie te sien wat my lank aan die dink het oor mense se eienaardighede en slimmigheid en simpelgeit.  Haar blog maak my week, elke week! Doen so voort….

 

Ai hier is net nie genoeg spasie om almal te lys nie! Daar is sulke ougat inloer plekke, maar reēls is reëls.

Hoop julle geniet die rondloer in my lekker-lees blogs.

 

Advertisements

4 thoughts on “2016 Waar lees jy lekker? Thulana se keuse

  1. Imke Rust

    Awwwww – baie dankie! Wat n verrassing om my blog hier te vind, terwyl ek nuuskierig na jou aanbevelings van ander Afrikaanse blogs kyk! Jy maak my dag. En ek geniet jou blog posts so baie, al die stories, jou taalgebruik en humor. (hoop dis reg gespel). As ek baie huistoe verlang, lees ek jou posts hardop en dan geniet selfs my man dit, al verstaan hy amper niks. 😉

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s