Hand na tand


Natuurlik is daar hope plekke waar mens kan uiteet in Akkra, ‘n reuse verskeidenheid van Nasionaliteite en pryse en als kom neer op hoe vêr mens wil rondrits as jou lus uithang vir aartappel-visballetjies. Met tannie Google byderhand is daar ‘n makliker opsie: vind die resep en oorreed my Vrystaatman hy is ongelooflik sexy in die kombuis. My oorle skoonmoeder het wraggies beide haar seuns handigheid in die kombuis geleer. Iets waarvoor ek haar lewenslank innig dankbaar sal wees. Haar Vrystaatseuns staan g’n treë terug vir ‘n properste kombuis uitdaging nie.

 

Ek is geen bobaas kok nie – maar ek weet hoe om myself met diegene te omring wat ken van bontstaan in die kombuis. Een kyk na my ronde vorm, weet jy sommer ek ken wel van lekker eet. Met hoërskool huishoudkunde en my Ouma se ure se geduld, kán ek gangbare etes opdis en bak wanneer familie kom kuier maar my kobuiskaskenades is beslis uitlewing van verwagting en nie ‘n hartsaak nie.

 

Terug by die aartappel-visballetjies; ek duik in die groenterak rond tussen uie wat weer begin groei het en aartappels met witooguitgroeisels. “Pas gekoop en reeds oud”, sê ek. Maar niks bring my van stryk af nie – ek snipper die skille weg en gee aan sodat als in die resep verwerk kan word. Haal wit seevis uit die vrieskas sodat die vis nuwe lewe kry en rondwip in die pan terwyl dit gaar stoom in melk en botter.

 

Rooiwynglas in die hand, en resep wat vorm aanneem, staan ons en herkou aan die gedagte van Ghanese vrouens wat aartappels en mielies plant word ook Boere genoem? In ‘n olie en goud verrykte land word 50% van hierdie Ghanese ekonomie deur substansie boere aan die gang gehou. Net 5% van al die landbou word kommersieel benut, die res is ‘n hartseer sukkel bestaan vir oorlewing en ‘n vloekskoot as hulle iets kan verkoop wat inkomste genererend is. Menigtal vrouens wat een tot twee akker bewerk, hoop om ten minste 5 sakke per akker, as oes te lewer.

 

Ek steek mos my neus in almal se sake en knoop geselsies aan met vreemdes wat oor my pad kom. Dit is so dat elke tweede persoon buite die groot stede soos Akkra, Kumasie en Tamale, is ‘n bestaansboer.

Screen Shot 2018-03-17 at 16.44.51Deur die bank is almal van hulle iewers met ‘n radiotjie laatmiddag in die sonnetjie besig om aandagtig te luister na Farm Radio, ‘n Internasionale radioprogram wat in lokale tale, jou als leer oor boerdery. Adjoa Kumoa is ‘n so lokale boerin wat na Agro Forum se lokale radioprogram luister. Adjoa vertel sy het aanvanklik ‘sommer orals geplant’, maar dat sy nou in rye plant , minder sade in die grond druk en meer mielies kan oes nadat sy bemesting begin gebruik het. Hierdie jaar het sy dubbel die oes vanuit een akker waar sy voorheen drie akker bewerk het. Sy lag en trek met growwe vinger so swiep-swiep op haar slimfoon; wys haar plaasfotos. Trots staan sy tussen skouerhoogte mielies – en hou een reuse kokoavrug omhoog. Screen Shot 2018-03-17 at 15.40.21Sy het haar foon gekoop met verlede jaar se oes, hospitaalkostes gedek en stuur twee van haar drie kinders skooltoe.

 

Op ons Akkra woonstelstoep het ek ‘n paar pampoenpitte en tamatiepitte in ‘n potplant gedruk. Binne enkele dae het ek behoorlik die reëndans uitgevoer toe ek die groen tweeblaar nekkies deur die potgrond sien druk. Trots het ek fotos geneem en gedroom van my stoep oes en hoe die pampoen en tamaties sou smaak.

Screen Shot 2018-03-17 at 17.22.32Enkele dae later het die pampoen wild en wakker blare gevorm en die rankertjies het orals aan die balkon prieël vasgeklou. Die tamatieplant se blare het in die son geskroei en die plant is na die skadukant geskuif toe die geel blommetjies bod. Ek het sekerlik honderde fotos geneem, en kon nie glo teen watter tempo die plante woeker nie.

Vaderland, wat ‘n terleurstelling toe ek na net een naweek van braai en kuier nie my stoepboerdery onder oë gehad het nie!

 

Een reuse springkaan het homself verlustig in my pampoene, sy makker genooi en die hele karnaval het verwoesting gesaai – en binne drie dae het die pampoenplant swart verkleur en begin vrek.

Screen Shot 2018-03-17 at 17.24.24

Nodeloos om te noem, vermoed ek my Pa se groen vingers is saammet hom graf toe en ek het niks van sy groenigheid geeërf nie. Daar is twee treurige albaster grootte tamaties wat reeds geel verkleur het, en ek oorweeg om die plant uit te pluk as vorm van genade dood.

 

Deesdae probeer ek eerder vars groente en vrugte vanaf straatsmouse en stalletjies aankoop, en sodanig die middelman uitsny. Ek het ‘n heilige respek vir enige boer wat ‘n oes kan lewer, en meesterlike waardering vir sexy kokke wat aartappel-visbolletjies kan optower.

 

** Fotos is vanaf Internet afgelaai

21 thoughts on “Hand na tand

  1. rwandamemoires

    Kan nie glo hoe baie ons stories ooreenstem nie. Moet bieg dat ek ook nie groenvingers het nie. Gelukkig het ons ‘n Rwandese omie met groenvingers wat met die groentetuin help. Wat egter vir my nogal ontstellend was, was om te ontdek dat alles hier toe nie so organies is nie. Hulle is mal oor hulle ‘insecticides’ en fertilization’.

    Liked by 3 people

    Reply
    1. Daniël Bezuidenhout Post author

      Hierts, hierso spuit hulle wel outydse DDT ‘for mosquitoes’ maar is maar lig op die ander gifgoete. Maar wat meer pla is dat die ou groentetjies uit die rioolkanale water gegee word – dan spaar hulle op bemesting! Yuck. Geen wonder mense hierlangs dood nog van dissentrie nie. Yellow fewer en salmonella vergiftiging is nog gereeld te siene op ‘n doodsertifikaat.

      Liked by 2 people

      Reply
      1. Toortsie

        Ek dink nie mens moet té bekommerd wees oor die bemesting nie. Dis meer die gedagte daaraan wat baie skeg is. Plante floreer op bemesting en ek dink dirt reën ook gereeld daar? Verder word dit gesuiwer deur die grond en ook die plant.
        Ek wonder of die siektes wat daar uitbreek, nie eerder is as gevolg van direkte kontak met gekontamineerde water en kos wat nie met skoon water afgespoel word nie? Ek is maar ‘n leek op hierdie gebied.

        Liked by 1 person

      2. Daniël Bezuidenhout Post author

        Dit kan enige ander gogga wees, hier is maar baie gagga goete wat mensdom wil uitroei. En toiletgeriewe is yl gesaai. Vars water word in goedkoop in klein plastiek sakkies verkoop waarin ‘n drinkgaaitjie in die hoekie gebyt word. Dis tog te hartseer om te hoor van vrouens wat die soveelste klein kindjie reeds begrawe…

        Liked by 2 people

  2. Toortsie

    Ek dink tog jy het groen vingers, die probleem was die sprinkaan!
    Ek het heilige respek vir daardie vrou wat ‘n leerbare gees het, wat luister wat hulle haar op haar radio leer en dit gaan nadoen. Knap gedaan vir haar!

    Liked by 1 person

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s