Hier op die klipvloer markplein in die middel van Helsinki; sit my Vrystaatman en ek in die oggend sonnetjie. Waar ons soos uile sit en rondkyk; is Finland so vreemd soos Lapland vir ons.
Rustig sit ons en slurp aan Salmvissop, groot stukke pienkvis in ‘n romerige sous met suurlemoen bedrup. Hemels! Ons drink lekker sterk koffie uit pikante koppies met houtlepeltjies. Almal is groen-bewus en ruim self agter hulleself op. Nêrens is ‘n rondlê papiertjie te bespeur nie. Dis hoogsomer dié kant net 6-grade, ‘n geniepsige wind wat pluk en die flou sonnetjie kry niks uitgerig nie, voel soos 2 grade!
Die Shengenvisastelsel in Windhoek is heeltemal mank. Die Duitse Ambasade hanteer die afsprake vir verskeie lande; en hulle wagperiode vir afsprake is gemiddeld 6 na 7-weke. ‘n Lys van dokumente is so lank soos my arm, absurd! Hulle maak geen voorsiening vir gereelde reisigers nie, en hap kortaf soos Dobermans dat almal in persoon moet aansoek doen. Verregaande, siende dat ons 4-ure weg woon in ‘n klein kusdorpie. Verder ly die Duitsers aan zero-vriendelikheid sindroom en laat die hele affêre laat Jan-alleman met ‘n frank na smaak.
Alternatiewelik bied die vrolike Finse Ambasade ‘n Schengenvisa, op voorwaarde dat ons as reisigers in een van die Baltiese lande sal tuisgaan. Siende dat nie ek of my Vrystaatman voorheen na Finland gereis het nie – gryp ons toe die geleentheid aan. Die ondervinding laat ons in verwondering en effe afgunstig van hoe gemaklik ‘n Europees se lewe is.
Ons grootste vrees was dat niemand ons sal verstaan met ons Namib Engels en swaar Suidelike aksente nie. Ha, iedere persoon het ons in duidelike Engels, kalm en vriendelik gehelp. Een van die eerste dinge wat ons onder die knie kry, is ‘hou regs’! Of jy deur ‘n ingang stap, roltrap ry, op die trein klouter, of op die sypaadjie stap, ‘hou regs’! Finne bied sommer aan om te help as hulle besef jy en Google-padkaart staan vir mekaar en staar. Finse-mense se taal is loshande die moeilikste Skandinawiese taal om aan te leer. Dit klink soos iemand wat in die kamer langsaan gesels, sonder om die letter ‘g’ te gebruik.
Ons ontdek die ontwerp konsep ‘wit op wit’. Sekerlik het 9-maande se wit winter sneeu heelwat te doen daarmee. In hulle vlag is die enigste ander kleur blou wat hulle fjords, mere, riviere en seë verteenwoordig. Die Finne is oor die kop geslaat met ontwerp en kuns. In elke hotel, stasie, restaurant, deurloop, brug, herberg en winkel is ‘n geraamde foto van ‘n ontwerper wat die ‘inspirasie’ vir die keuse vir kleur, styl en uitleg beskryf. Gegewe in elke Europese land is kuns en musiek in een of ander vorm op elke hoek en draai. Duidelik het die Russe se 109-jaar se inval ‘n impak op die boustyl gehad. Lelike rooi baksteen geboue lyk soos puisies tussen die minimalistiese lyne en art deco glas, marmer en porselein geboue.
Finland is deur die Swede, Duitsers en Russe regeer totdat hulle vuisvoos; heel diplomaties in 1917 as demokratiese land verklaar is. In 2002 word Finland deel van die Europese Unie, maar is trots om nie deel te wees van NATO nie. Ons soektog na Vikings het niks opgelewer nie. Die Finne was baie moeilik om teen oorlog te voer omdat hulle afgeleë en wyd verspreid was. Die enkele kere wat die Vikings hulle wel aangeval het, het hulle die moerasboere ‘te wreed’ en armsalig gevind!
Onse eerste besoek aan ‘n Skandinawiese land blaas alle voor opgestelde idees uit die water uit. Finne is bekend as ‘stil’ mense. Hulle fluister of praat gedemp op treine, trems en busse. Hel ja, Helsinki is beslis ‘n GROOT geheim wat ontdek moet word. Met die eerste oogopval is die mense pragtig, met hulle romerige gelaat en ligte lang hare. Modieuse jongmense in jogaspanbroeke en leerbaadjies is besig oppad iewers heen, menigte op fietse of skaatsplanke. Beleefd word deure oopgehou vir ouer mense en vrouens, hulle knik ‘n vriendelike groet as mens oogkontak maak, en lyk vrolik. Dis opmerklik dat dit meestal toeriste is wat na fone se skerms staar. In restaurante gesels hulle vrolik onder mekaar, en eet wilde bosvark, rendier, takbok of salm. Ons eet waar die Finne eet. Ander toeriste sit in vegetariese straat kafees en slurp sjampanje. My Vrystaatman glimlag besadig net aan die gedagte dat hierdie Finne so onbeskaamd vrek oor vleis.
Helsinki se naam doen die plek ‘n onreg aan. Dink daaraan, die eerste deel is hel en die tweede deel is sink. Alles wat ek beleef is dramaties. Die naaste aan die hel gedeelte is beslis die aantrekkamers van die publieke sauna, en die sink gedeelte is die malkop Finne wat sauna en dan in die see spring om af te koel. Heel gek, hel ja, ons het net een week in hierdie paradys!
** Nie al die Fotos is deur my geneem nie – van hulle is vanaf die internet afgelaai
Lekker saamgekuier. Maar ek sien dan nou net die heel boonste foto. Geniet dit. Is julle met vakansie daar?
LikeLiked by 1 person
Ek probeer nog fotos aflaai – maar ek is in ‘n landelike gebied en die internet is slak stadig… Ons is met vakansie – heel uitsonderlik
LikeLiked by 1 person
Ik kies toch eerder voor een warmer land …
Zonnige groet,
LikeLiked by 1 person
Wonderlik! Geniet elke oomblik.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLiked by 1 person
Ek het nou omtrent heerlik saam met jou rondgekuier! Finland is vir my heeltemal vreemd, so hierdie was goed.
LikeLiked by 1 person
Dankie- wonderlike mense
LikeLike
Jy vertel so lekker, dat dit voel of ek daar is! Geniet dit. Ek is tans in jou dorp…het gehoop ek loop jou raak.😄
LikeLiked by 1 person
Nee- daar mis ons mekaar weer! Kuier effe langer? Ek is terug in die middel van Julie.
LikeLiked by 1 person
Ag neee! Ons kom darem weer in Desember.
LikeLike
Jou gelukkige meisie… geniet dit.
LikeLiked by 1 person
Ek wil gewoonlik elkeen wat sê ‘I am so ‘blessed’ ‘n klap deur die gesig gee met ‘n stoel….maar voel baie gelukkig.
LikeLiked by 1 person
Hoe bly is ek jy bly vêr!!!! ‘n Stoel deur die gesig klink seer. 😀😀
LikeLike
jou lekker lees stuk het my lus gemaak om daar te gaan kuier
LikeLiked by 2 people
Dankie- dit sal elke sent die moeite werd wees!
LikeLiked by 1 person
Lekker!!! My sondag in die bad lees, altyd n plesier. En voorreg .
Geniet julle
LikeLiked by 2 people
Dankie
LikeLike
Mooi!
LikeLike