Tuisonderrig

Rondomtaliedraai my blog-vriendin het gevra ek moet meer skryf oor tuisonderrig…

Hoekom ons, en Tuisonderrig?

My Vrystaatman en ek het twee kinders van ons eie.

Die laaste drie-en-twintig jaar werk hy dwarsoor Afrika.

Ek karring saam want my plek is by hom, my man.

Dit help natuurlik effe dat ek hou van reis, en min erg het aan aardse goete, blink goete, fênsie modes en mense om my se fiemies.

Wip-wip orals oor.  Heen en weer.

Orals oor. Meestal twee keer terug na ‘n land waar ons reeds was.

Wes Afrika – Ghana en Nigerië

Oos-Afrika – Uganda en Kenia

Suider Afrika – Lesotho, Transkei, Suid-Afrika en Namibië._

Ek was swanger in Uganda en Kenia, die kinders is gebore in Pretoria, en beide is binne tien dae terug gevlieg na Oos-Afrika.

Dis oor die rondgetrekkery. Regtig – rondtrek na ander huis is erg, ander dorp of streek is ongerieflik maar na ‘n ander land -dis nie ‘n grappie nie!

Teen die tyd dat ons Sub-A moes aandurf was ons in Nigerië.

Teen die tyd wat die kinders outydse standerd sewe deur is, was hulle reeds in twaalf skole, trek ons weer uit Namibië, terug na Ghana.

Dis toe waar my seun vastrap en weier om weer ‘n halfjaar terug geskuif te word. Sien in Suider Afrika, begin skole in Januarie en trek deur tot in Desember.  In Noord Afrika begin skole in September tot Junie – op die Europese kalender. Elke keer as jy van Noord na Suid en anders om trek, skuif die bloedjies ‘n jaar weer terug en al het jy reeds nege maande van ‘n skooljaar voltooi, begin jy daai jaar weer oor.

Hy wou alleen in Windhoek agterbly, of ek ander alternatief soek – besluit toe op tuisondderrig gee.

Oplaas besluit ek dat ek eerder Windhoek in rus en vrede wou agterlaat want “rammetjie-uitnek” moes noodgedwonge saam met my na Akkra trek. Sy suster was glad nie opgetrek nie en sou in Akkra doen soos ek goed dink.

 

Tuisonderrig se ding:

Almal se redes vir tuisondderrig gaan verskil.

Party kinders word geboelie. Party haat ‘n sekere onderwyser. Party is so verveeld dat hulle heeltyd aanjaag om hulleself te vermaak.  Party knak onder groepsdruk. Party woon vêr. Party kan dit net nie bekostig om in ‘n goeie skool te wees nie.  Party haat die gedwonge sport en kultuur deelnames.  Party voel die skool mors hulle tyd. Onderwysers staak, is gedurig op kursus, met kraamverlof of net siek of sleg maar deurentyd afwesig.  Dan is daar al daai onnodige vakke soos ‘beroepsleer’ en Biblioteek en dies meer, waaroor jy nooit ooit gaan eksamen skryf nie – maar jy MOET daar wees.

 

Ek verstaan nie altyd die punt van sosialisering nie. Op skool word kinders geforseer en met uitsondering net met ander kinders van dieselfde ouderdom en soms ook geslag te sosialiseer. Waar in die regte wêreld vandag is dit ‘n weerspieëling van ‘n normale gemeenskap?  Ons is tog heeldag tussen skares en familie van verskillende ouderdomme en geslagte.   Dis die mense met wie ons in die regte wêreld sosialiseer, en sal eendag ook die kind se werkplek weerspieël.  Ons kinders word op skool geforseer om te pas in die idee wat die skool het van ‘normaal’ en almal moet tog net soos die res skaapagtig na-volg en ‘normaal’ voorkom. Spontaneïteit en ‘uit-die-boks-dink’ word mos oor gefrons. Hoe gaan die kind ooit leer om in ‘n span van verskillende idees en groepe te funksioneer as individue – as hy ingeprent is om net heeltyd ‘die werk te doen soos juffrou daarvan hou’. Terug by die skaap ding.

Sport – swem, karate, ballet, moderne danse, muurbal, bergfietsresies, rotsklim, roei en fietsry, landloop, gimnastiek en tennis is gewoonlik buitemuurse aktiwiteite.  Skole gee gewoonlik toestemming dat tuisonderrig kinders saam mag deelneem in netbal, krieket, rugby en atletiek en hokkie – solank ‘n skoolgaande kind net nie uit die eerste span gespeel word nie.  Hulle smeek buitendien vir deelnemers wat gedwonge MOET deelneem.  Besluit self wat pas.

Die eerste punt waar mens moet begin is navorsing. Baie daarvan.  Daar is soveel inligting beskikbaar en natuurlik is dit mos ‘n Afrikaanse ding van ‘beste stuurman staan aan wal’. Die wat GEEN idee het waaroor dit gaan nie vertel jou spookstories van tuisonderrig, en peper jou met onnodige vrae en help jou diep kant in sonder dat hulle self kan swem.  Ek verwys na negatiewe mense en die ou-soort wat soos skaap in ‘n drukgang almal volg en enige iets ‘anders’ as sleg of minderwaardig gaan afmaak.

Vra die regte vrae vir die mense wat tuis onderig behartig.

Daars meer as sewe soorte kursus rigtings wat ALMAL sal sorg dat jou kinders met ‘n baie goeie opvoeding skool klaarmaak.

Soek net. As jou kinders vir jou belangrik is, sal jy die tyd maak om die internet plat te snuffel.

Swak beplanning gaan jou kishou slaat.  Oorhaastige besluite en emosionele besluite gaan jou moedeloos laat.

  • Jy moet net besluit of jou kinders in RSA gaan swot, of miskien Internasionaal wil gaan swot.
  • Dan kies jy tussen Afrikaans (RSA na skool swot by uitgesoekte Universiteite) of Engels as medium (Internasionaal gaan swot), en al kies jy Engels, kan jy definitief Afrikaans as akademiese skoolvak byneem.
  • Dan moet jy kies of jy die Matriek ekwilent wil aansukkel meë (wat maar flou en afgewater is…of die Internasionale School Leaving Certificate-vlak, wat jou kind nou eintlik leer dink en werk vir homself. Dink en bedink die Christelike onderrig-rigting. Vra vrae. Daar’s nie iets soos ‘n dom vraag nie. Dom mense vra nie vrae nie.
  • Dan gaan soek jy hoog en laag na ‘n paar instellings wat jou die studie materiaal, eksamenvraestelle en toetssentrums kan bied om die ding prakties aan die rol te kry. Ek sê ‘n paar instellings vir twee redes. Vergelyk prys, waarde vir geld, studie inhoud, korrespondeer met hulle heen en weer, en kry ‘n gevoel vir hulle ‘kliëntediens’ en terugvoer. Afstand gaan nie noodwendig ‘n verskil maak nie. Dit word nou ‘afstand onderwys’, die aflewerings metode word net jou eie adres/ huis. Daar is selfs in RSA en groter dorpe reeds tuisonderrig sentrums waar jy kan aanklop. Maar loop maar katvoet vir daai skaap volg skaap ding.
  • Baie dink hulle kinders se dissipline kan ‘n probleem wees. Huh? Daar mis hulle die pappot. Hulle vra goete soos, hoe gaan ek my kind kry om ‘n opstel van drie honderd woorde te skryf? O gaats, as hulle dan gedink het die onderwyser se plig was om jou kind nog dissipline te leer ook, en nog op te voed en te leer ook, dan mis hulle duidelik die plot. Hulle vra, hoe gaan ek my kind help verstaan van graad vyf biologie, ‘dele van ‘n plantblaar’? Wel, die ding is eenvoudig. Met effe geduld, en die hulp van studiegidse, en studente ondersteuning in die vorm van Skype of email of You Tube sessies. Eintlik gaan jy gou uitvind die kind kan homself die meeste goed leer – en jy gaan net hom gemotiveer hou en ondersteun waar hy vasbrand.
  • Julle huis roetine gaan verander. Iemand gaan sy vrye tyd opgee en vyf dae van die week van agt-uur tot een-uur kinders ‘assisteer’. Dit hoef nie jyself te wees nie. Gaan soek in die ouetehuis ‘n afgetrede onderwyseres wat waardeer wil word en ekstra wil verdien. As jy vermoëns het – kry ‘n ‘au-pair’, met ‘n lisensie. Raak kreatief. Soek oplossings vir vrae, nie nog vrae nie. Vra op die webblaaie hoe doen andere dit.

 

Wat het ons gekies?

Onthou nou ons was reeds diep in die Hoërskool stelsel in.  En dus moes ons net verder aankap.

Ons het BIDC (British International College) http://www.britishinternationalcollege.co.za gekies want ons wou ‘n Cambridge University School Leaving Certificate verkry. Dis die IGCSE en AS en A-levels roete. Die kinders was reeds op die sisteem by die skool St. Paul’s in Windhoek.

Ons was nie geregistreer by ‘n tuis onderrig assosiasie nie. Ek kon nie die nut daarvan sien nie.

Ken jy Unisa se stelsel?  Begin van die jaar kry jy jou program, boeke en wanneer al jou take van die vakke moet in wees.  Jou take word deur email ingestuur.  Lektore merk dit, gradeer jou en email dit terug vir jou.  As jy vrot vaar, sê hulle jou reguit en as jy niks instuur nie – pla dit hulle nie want hulle het reeds hulle geld gekry.  As jy nie genoeg take gedoen het nie – het jy sekerlik nie als deurgewerk nie – en weet jy voor die tyd jy sal sekerlik nie die eksamens slaag nie.

Eksamens word geskryf in Maart/April en Oct/Nov. Jy het 4x kanse om elke vak te her (herhaal/ oorskryf) en jy behou jou beste punt van al die kanse.

My kinders het hulle eksamens direk by die ‘British Council’ in Akkra gaan skryf.  Enige skool in julle omgewing wat die eksamens aanbied kan as eksamen sentrum geregistreer word. Jou kinders se eksamens word net ekstra bygestuur met die eksamen pakke en die skool /tegnikon /Universiteit vra ‘n kleinerige fooi of gun dit verniet dat jy insit en eksamen skryf.

Die vraestelle word gemerk in Engeland by Cambridge University en agt weke later is die resultate vir die ‘British Council’ gestuur waarna ons dit kon gaan afhaal. Die finale Skool Sertifikate is ook daarheen gestuur. So nee, jy kan nie kroek en vir jou kinners help toetse of eksamens skryf by die huis nie. Jy merk ook nie take en toetse en eksamens nie.  Tuisonderig dra geweldig by vir die dissipline van selfstudie en navorsing, wat essensieel is vir universiteit/kollege studies.

Het ons gevlie of geduik?

Beide my kinders het twee jaar voor hulle ou skool maats klaargemaak. Hulle het 8 vakke in IGSCE (International General Senior Certificate) ‘matriek’-vlak geslaag en 4 na AS levels en 2 na A-levels geneem.  Beide moes Afrikaans as Tweede Akademiese taal vat want hulle Ma het haar voet neergesit. En as hulle eendag sou besluit om in RSA te gaan swot MOET jy twee tale hê.

Aanvanklik het ons nie kon glo dat ons so min werk per week moes behartig nie. Ons het twee to drie vakke per dag behartig, ‘pouses’ geneem en lekker aan die gang gekom by ‘n leerhoek in die eetkamer. elkeen met sy eie spasie, skootrekenaar, gesamtlike drukker en dies meer.  Ek het Norton Family geinstalleer wat die kinders se internet sosiale webblaaie geblok het in ‘skooltyd’. Meesterlik daai ding…!

Ons het ‘n skooljaar in dertig weke voltooi, vier weke gelaat vir eksamens en ‘blok’ en ons met negentien weke gelaat vir vakansie! Ons het gerits en gereis. Party keer het ons op vakansie ‘geskool’. Net minder werk behartig. Ons kinders kon baie vroeer hulle akademiese jare klaarmaak aangesien ons nie gebonde was aan lang skool vakansies, middel termyn breuke, siek onderwysers, ensovoorts nie.

Ons het in parke, koffiewinkels, biblioteke, winkelsentrums, banke – orals oor geskool. Selfs op reis kon die kinders hier en daar ‘n uur of wat insit op vakke. Sleep maar net die skootrekenaar.  Die studie materiaal help jou om die beplanning te doen sodat jy kan sien hoeveel werk teen wanneer klaar moet wees. Gereeld was ons klaar met ‘n vak se werk wat dan tyd toegelaat het om meer tyd in te sit op moeilike vakke soos biologie, kuns en wiskunde.

Tuisonderrig is misleidend, jy kan laat waai op uitstappies, sonder om iemand ‘n toestemmingsbriefie te laat teken. Die kinders was ywerig om na ‘n week of twee weer in te val met die ‘nuwe skooljaar’. Ons het aangepas met ons eie tydsberekening.  Kinders het wyer gelees oor onderwerpe want hulle het besef die inligting was eenvoudig beskikbaar op die internet – die studie materiaal het skakels voorgestel waar jy meer kon lees, maar dit was nie eksklusief nie. Jy kon self verder navorsing doen  – die waarde van self die inligting “ontdek” eerder as wag om vertel te word.  Dit het die kinders meer self vertroue gegee, hulle eie opinie gegee en hulle algemene kennis uitgebrei.

My dogter swot nou in Dublin – Ierland, eerste jaar halfpad klaar, Film en Media.  My seun het Netwerk Tegnologie gaan swot, een jaar kursus en werk nou as tegniese installeerder op torings om WiFi skottels en toerusting te installeer.

Gaan lees hier verder:

Sien – ek het mos gesê ek ken van snuffel op die internet.

Probeer om sistematies te soek.

Die hoeveelheid beskikbare inligting is oorweldigend.

Gaan kliek hier onder:

http://homeschoolblogger.com/trixishomeschoolacademy/online-schools/ Trixi is op datum en het baie inligting oor RSA en IGCSE. Lees die deel mooi oor Universiteits toelating in RSA.

http://www.kenweb.info/winkel/home.php?xid=040614779c14f81375518f0f040ad4ec

http://www.rainbownation.com/directory/index.asp?category=1613

http://homeschooling.gomilpitas.com/regional/SouthAfrica.htm

http://www.gesels.info/pestalozzitrust/brosjures/legalissues.pdf

http://homeschool.grobler.co.za/#sa-cur

http://www.clonard.co.za/index.php?option=com_content&view=category&layout=blog&id=13&Itemid=24

http://www.healthykidz.co.za/pb/wp_851b165f.html

http://sahomeschooling.co.za/about/salinks.htm

Theocentric Christian Education in SA

Accelerated Christian Education in SA

Love2Learn

Impak – Afrikaans en Engels

Brainline/Breinlyn – Afrikaans en Engels

Moria

Kenweb – Net Afikaans

Clonard

Student and Homeschool Support

Oikos curriculum supplier

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s