Tag Archives: Monrovia

Monrovia toe vir ‘n “joy-ride”

‘n Mens kan sommer baie leer by ‘n hond. Goete soos lê en dut in die son.  Drink baie water. Vat ‘n joy-ride elke kans wat jy kan!

My Ouma was reg toe sy sê ek is nes ‘n Maltees-hond: As die wiele draai – dan wil ek saam vir ‘n “joy”-ride. So gebeur dit dat my man gaan besighed doen in Liberië – Monrovia; ek wil saam –te bang en nuuskierig ek mis iets. Die Liberiese ambesade is in ‘n ou Koloniale herehuis stapafstand van waar ons woon in Akkra. As mens vir die vier ambesadestaflede, van die Kollenel se hoender, middagete koop, kry jy die drie-dae-wagtyd visas; sommer dieselfde middag nog.

Daar voel ek toe sommer baie veilig op my heel eerste presidentsieële vlug. Swoosh trek sulke slap Mercedes Benz mouters langs die vliegtuig in. Daar vlieg President Ellen Johnson Sirleaf en haar gevolg van vier dames saam.

President van LiberiaDis opmerklik dat so te sê al die witmans op ons vlug Afrikaanse myners, is – kakie kortbroekies en boepies wat span oor golfhemde. Hulle lyk ernstig – niks tyd vir grappies nie.  Die Liberiese Afrika-manne sit stokstyf die hele vlug deur onder wye Texas-cowboy hoede en agter Top Gun-donkerbrille. Met al daai Amerikaners wat heeltyd kom “peace keep” en olie soek en tap  – kan ek die Texas-invloed, duidelik sien.

Grootoog loer ek na al die reuse riviere hoe nader ons aan Monrovia se lughawe kom. Sekerlik kan net die Amesone riviere groter wees? Die president klim eerste af – baie interessant; net vrouens as lyfwagte. Sy bedank en groet almal en spoed daar weg.

Dit stort reën onverpoost.

Ook maar blond- ek was so opgewonde oor al die wildvreemde dinge wat my voorlê, dat ek my plat Apple Mac-maaitjie net daar in Akkra, op die lughawe se stukkende stoel vergeet. Ons klim ‘n taxi vir ‘n uur se rit na die kusstad, Monrovia. Drie oproepe later, nog oppad na die hotel- bevestig my man my Mac-maaitjie is teruggevind en ‘n oulike Ghanaian vrou hou dit in veilige bewaring op die Akkra lughawe vir my. Met my geloof herstel in die ganse mensdom, ry ons voort.

Die pad is goed en ek sit agter in die mouter en druk my neus teen die venster en kyk die reën en statjies buite verbyglip.  By ‘n T-aansluiting druk ‘n nat-agter-die-ore-donkerbril-soldaat sy AK47 in ons taxidrywer se neus op. Trurat agtertoe, want die President se sirene-kawelkade loei verby en daar bevind ek myself skielik tussen die sitplekke van die taxi toe ‘n groot vier by vier ons gatslag van agteraf. Heeldag se polisiedrama en grootgeld -as dit in Ghana was! Die taxi bestuurder vlieg om die mouterkar, gryp die buffer en gooi dit in die kattebak. Ons is stil-oorbluf. “Ok…ok”, sê-vra sy. Ons knik en daar ry sy verder, “no life-loss”, verklaar sy en daar gaat ons voort.

Ons word met hartlikheid ontvang in die Hotel. Dis net Amerikaase “peace keepers” en UN bloudoppe al om ons.  Snazzy Hotel, “baie fênsie” sou my vriendin Louisa opmerk.

Te pragtig - heerlike kos - en vriendelike staf.

Te pragtig – heerlike kos – en vriendelike staf.

Liberië het die hoogste tropiesereënval in Afrika – en daar’s reënwoud ondeurdringbare bosse en orals is reëwaterpoele waardeur mense knie-diep ploeter – hulle onthou nog waar is die voetpaadjie en slote. Dit lyk soos elke ander Afrikaland, ingerygde bont twee vertrek sementsteen huisies met sinkplaat-platdakke. In ons drie dae besoek, het dit vir enkele ure, opgehou strortreën.

Hier rits ons deur die water rond na een van die lap-informele markte

Hier rits ons deur die water rond na een van die lap-informele markte

Elke derde, fênsie vier-by-vier mouter is beplak as een of ander hulp organisasie. Die res is ou 1970-vergete roeskoetse soos Peugeot en Datsun. Met ‘n vrou as president, is die meeste wagte Indiese en Israeli vroue soldate. My taxi bestuurder is ‘n vrou – in soldaat soorgelyke univorm, die hotel loodgieter en padwerkers en vulstasie werkers is almal vrouens.   Voor jy by enige hotel, restaurant, geld wisselaar, supermark instap, word jy met ‘n temperatuur plastiek pistool op die voorkop gerooi-kol. Net met ‘n normale temperatuur kan jy voort. Orals staan waterkanne en pompieseep-middels. Voordat jy iewers instap – was jy hande. Al die water van die spoggerige hotelkrane is roesbruin, al die ander water orals van krane en toiletter is rooibruin. Net bottelwater is sprankelskoon.

Die Liberiese mense slurp hulle woorde se sterte in as hulle al bulderend Engels praat. “Ca I ge yu a be, Ma?” is “Can I get you a beer, Mate?” en jy moet fyn luister om kop of stert uit te maak.

Ek was na die informele mark toe om bont Afrika lap te koop. Als is verspoel, mense vra waar in Amerika ek vandaan kom.

Met net een wit Afrika boorling - klomp glimlagte en verbaasdheid

Met net een wit Afrika boorling – klomp glimlagte en verbaasdheid

Van hulle ontmoet vir die eerste keer wit gebore Afrika-boorling en klap so in die sit, hulle knieknoppe van verbaasdheid. ‘n Paar vra of ek nie Albino geboe is nie.  Als is geprys in Amerikaanse dollar eenhede. Die lokale geldeenheid is soos die Zim dollar in sy peetjie in.

Bont Afrika Lap gekoop in Monrovia

Bont Afrika Lap gekoop in Monrovia

Na drie dae is als te snel verby. Ebola of te nôt – ek sit en wag by die voordeur vir my volgende joy-ride.